Die grondwet laat nie vir Mbeki toe om vir die land se presidentskap te staan as sy tweede termyn in 2009 aan ’n einde kom nie maar volgens verskeie ontleders wil Mbeki aanhou om ’n rol in die SA politiek te speel deur as ANC-president aan te bly.
“Indien daar tydens die benoemingsproses deur ANC-lede gesê word hulle wil hê Thabo Mbeki moet as president van die ANC aanbly, kan ’n mens nie nee sê nie,” het Mbeki aan die SAUK op besoek aan Windhoek in Nambibië gesê.
“As die ANC-lede inderdaad voel dat ek die president van die ANC moet wees, dan sê ek dit strook met die kultuur en tradisies van die ANC, iets wat ek baie goed begryp,” het hy voortgegaan in die kommentaar waaroor Sapa berig het.
Die leierskapstryd sentreer rondom Mbeki en die afgedankte vorige adjunk-president Jacob Zuma wie se steun veral in die Zoeloe-gebied van Kwazulu-Natal gesetel is terwyl Mbeki die heersende Xhosa-stam verteenwoordig.
