Skaamtelose sokkerbase

ImageDie Premier Soccer League (PSL) het R70 miljoen opsy gesit as “’n teken van dankbaarheid” vir hulle onderhandelaars se aandeel in die verkryging van borgskappe. Irvin Khoza, voorsitter van die PSL, het die nuus gister aangekondig. Volgens hom sal die bedrag “proporsioneel verdeel word tussen lede van die onderhandelingspan en ander rolspelers.”

Khoza se aankondiging volg op die PSL se jaarvergadering, waar die besluit oor die R70 miljoen goedgekeur is. Aan die begin van Oktober het Khoza egter gesê dat die PSL nog geen besluit geneem het oor kommissie nie. Trevor Manual, minister van finansies, het destyds in ’n brief aan Steve Booysen van Absa die betaling van kommissie aan die sokkerbase as “eties afstootlik en korrup” bestempel. Absa het ’n borgskap van R500 miljoen aan die PSL toegestaan. Khoza het toe na aanleiding van die minister se kritiek gesê dat geen bestuurslid van die PSL geld sou ontvang nie.

Die PSL-raad het op 30 Oktober vir die eerste keer oor die kwessie vergader en het besluit om eerder die frase “teken van dankbaarheid” as “kommissie” te gebruik. Die 70 miljoen is afkomstig uit borgskappe wat deur die PSL bekom is. ’n Groep van drie persone, naamlik Jomo Sono, Jabu Khumalo en Jose Ferreira, gaan besluit presies hoe die bedrag verdeel moet word.

мой домик для барбилобановский александр харьков