Ha?ti was MIV-poort tot VSA

Die MIV-virus, wat in Afrika ontstaan het, het rondom 1969, tien jaar vroeër as wat voorheen geglo is, in die VSA versprei. Dié inligting is vervat in ‘n verslag getiteld die Proceedings of the National Academy of Sciences wat Maandag, 29 Oktober, vrygestel is. Die studie elimineer die tese dat die siekte deur ‘n homoseksuele Kanadese vlugkelner versprei is.

Daar is vasgestel dat Haïti as die afspringplek gedien het vir die virus uit Sentraal-Afrika om die Noord-Amerikaanse vasteland te bereik. Aldus Michael Worobey, dosent in biologie aan die Universiteit van Arizona en outeur van die studie. Tien jaar voordat die dodelike virus in ‘n epidemie ontplof het, is dit in alle waarskynlikheid deur ‘n enkellopende Haïtiaanse immigrant na die VSA gebring. Daarna het dit na Kanada, Europa, Australië en Japan versprei.
Voorheen is geglo dat "pasiënt zero" vlugkelner Gaétan Dugas was. Dit is egter meer waarskynlik dat verskeie Haïtiaanse immigrante verantwoordelik was vir die oordrag van die virus eerder as ‘n enkele beoefenaar van seksuele toerisme wat ‘n draai in Haïti gemaak het. Dr. Worobey meen dat Haïti eers ná 1970 ‘n gewilde bestemming geraak het en dat die Amerikaanse owerhede eers in die tagtigerjare besef het dat hulle ‘n probleem op hande het toe Vigs die homoseksuele gemeenskap van Los Angeles in 1981 tref.

Die vermiste skakel tussen die VSA en Afrika is volgens die outeur die oudste swart republiek. Volgens Bette Korber, professor aan die Los Alamos-laboratorium, het die virus in die dertigerjare sy verskyning gemaak in jagters wat besmette sjimpanseevleis geëet het. Net soos wat hiënas wat besmet is met tuberkulose nooit die siekte ontwikkel nie, ontwikkel sjimpansees nooit Vigs nie.
 
Die waarskynlikheid dat die infeksie via Haïti in die VSA beland het is 99%. Deur middel van die analise van bloedmonsters van Haïtiaanse immigrante tussen 1982 en 1983 en die vergelyking daarvan met die monsters van 117 pasiënte uit ander wêrelddele, is genetiese eienskappe uitgewys wat die uitslag bepaal het. Maar daar is ook bykomende elemente wat daarop dui dat Haïtiaanse burgers in wat voorheen bekendgestaan het as die Kongo, vandag die DRK, net ná onafhanklikheidwording in aanraking met die virus kon gewees het.

Die Kongo was een van die lande waar die virus rondom 1930 reeds aangeteken is. Daarbenewens was die begin van die epidemie in die VSA gekenmerk deur ‘n infeksiekoers onder Haïtiaanse immigrante wat 27 hoër was as vir die gemiddelde Amerikaanse inwoner.

10 pokerФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae