Springbokke se flenterwysie in Frankryk

Wat op aarde het wie op aarde gedink? Suid-Afrika se saamgeflanste ellende van ‘n volkslied is gisteraand voor die toets teen Frankryk in Toulouse gesing deur iemand wat lyk of hy per ongeluk daar was. “Nee, ek het nie vir jou geld vir ‘n halfbrood nie, maar kom saam dan sing jy Nkosi Sikelele…” Oud,

Lees verder: Springbokke se flenterwysie in Frankryk

Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar

Vandag lees ek ‘n verwysing na Antjie Krog in ‘n power rubriek van Tim du Plessis raak waarin hy sê: “as Afrikaanse mense in die nuwe orde kritiek lewer, ‘sterf’ hul woorde in hul ‘Afrikanermonde’”. Dit prikkel my toe om na Tannie Antjie – die vrou is seker nou al amper sestig en daarop geregtig

Lees verder: Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar

Reitz-studente ‘gaan berou toon’

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, sê die sogenaamde Reitz-4 gaan voor die einde van die maand in die openbaar verskoning aanteken. Jansen het Vrydag tydens ‘n noenmaal by die Kaapse Persklub op die vraag gereageer of die studente nie berou moes toon voor hulle weer tot die kampus toegelaat word

Lees verder: Reitz-studente ‘gaan berou toon’

Rassistiese tirade van dronk regter

‘n Vertaling van ‘n klankopname toon dat regter Nkola Motata wel rassistiese stellings gemaak ná hy dronk bestuur het en teen ‘n muur gebots het. Die Mail&Guardian het ‘n klankopname, wat die aand van die ongeluk in 2007, ontleed en van Sotho na Engels vertaal. Motata het aan omstanders gesê: “Almal van julle, laat ek

Lees verder: Rassistiese tirade van dronk regter

‘Thatcher is dood’

“Thatcher is dood” Só het ‘n SMS gelui wat vir ‘n oomblik diplomatieke verwarring onder die lede van die Kanadese parlement en hul raadgewers tydens ‘n formele geleentheid veroorsaak het, het die Kanadese media Vrydag berig. Dié nuus het soos ‘n veldbrand gedurende ‘n seremonie vir militêre families versprei. Sowat 2 000 geskokte gaste het

Lees verder: ‘Thatcher is dood’

Godsell weer terug?

Dit lyk of Bobby Godsell op pad terug is na Eskom. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, en Godsell, wat Maandag bedank het as Eskom se voorsitter, gaan die naweek ontmoet. Hogan se kantoor het egter gesê daar kan nie verder kommentaar gelewer word nie omdat die ontmoeting nog nie plaasgevind het nie. “Dis eintlik

Lees verder: Godsell weer terug?

Selfoontariewe binnekort laer

Genl. Siphiwe Nyanda, die minister van kommunikasie, het met sy aankondiging in die parlement die “vrywillige” verlaging van die tarief vir interkonneksie vir selfone as ’n Kers- en Paasfeesgeskenk vir die verbruiker bestempel. Interkonneksie-tariewe gaan met 36c daal. Die interkonneksie-tarief is die bedrag wat een netwerk aan ’n ander moet betaal om ’n oproep na

Lees verder: Selfoontariewe binnekort laer

Wat is Dan Roodt se punt met Nkosi…?

Ek wil nou rerigwaar met trane in my oë weet wat Dan Roodt se punt was met die artikel Nkosi, seen ons met apartheid?! Jy het my al met die tweede paragraaf verloor; is jy nou vir apartheid of teen dit? Ek stem totaal saam Gert van der Westhuizen van Beeld het blykbaar totaal kontak

Lees verder: Wat is Dan Roodt se punt met Nkosi…?

Kop op ‘n blok sê: Springbokke gaan vasval in Toulouse

Rugby is harde werk en dit is goed so want niemand werk harder as ‘n begeesterde Afrikaner nie en rugby in Suid-Afrika is, na alles, ‘n begeesterde Afrikaner-bedryf. Niemand het dit beter besef as Jake White nie en dit is hierdie doelgerigte, fieterjasielose arbeidsaamheid wat hy as die grondelement van sy Wêreldbekerverowerende span gemaak het.

Lees verder: Kop op ‘n blok sê: Springbokke gaan vasval in Toulouse