“Thatcher is dood”
Só het ‘n SMS gelui wat vir ‘n oomblik diplomatieke verwarring onder die lede van die Kanadese parlement en hul raadgewers tydens ‘n formele geleentheid veroorsaak het, het die Kanadese media Vrydag berig.
Dié nuus het soos ‘n veldbrand gedurende ‘n seremonie vir militêre families versprei.
Sowat 2 000 geskokte gaste het gesê hulle beter op die dood van die ystervrou van Brittanje reageer.
Die Kanadese premier se kantoor het die Buckingham-paleis en die presidensiële hoofkwartiere, 10 Downing Street, gebel om Thatcher se dood te bevestig,
Dié oproep het talle Britse amptenare op hol gehad, het die CanWest-nuusagentskap berig.
Dit het egter later aan die lig gekom dat John Baird, die Kanadese minister van vervoer, ‘n boodskap aan iemand by die geleentheid gestuur het om die persoon in kennis te stel dat sy kat (16), vernoem na Margaret Thatcher (84), gesterf het.
Die ontvanger het die boodskap versprei.
‘n Woordvoerder vir die premier, Stephen Harper, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
