Rassistiese tirade van dronk regter

‘n Vertaling van ‘n klankopname toon dat regter Nkola Motata wel rassistiese stellings gemaak ná hy dronk bestuur het en teen ‘n muur gebots het.

Die Mail&Guardian het ‘n klankopname, wat die aand van die ongeluk in 2007, ontleed en van Sotho na Engels vertaal.

Motata het aan omstanders gesê: “Almal van julle, laat ek vir julle sê, my broers en susters – die mense moet ons nie vang nie. Laat ons lewe. Ons is die meerderheid en dit is ons land. Dit is nie die land van die boere nie, al het hulle ‘n groot liggaamsbou.”

Later sê hy: “Ek word gevang deur die boere, ek gee nie om vir hulle nie. Ek wil nie met hulle praat nie…Hulle moenie dink hulle het my met iets gevang nie, dit gaan nie gebeur nie.”

Motata het telkemale aan Richard Baird, die eienaar van die huis waarteen Motata gebots het, gesê: “F–k hom” of “f–k jou”.

Hy sê ook: “Moet julle nie oor die wittes bekommer nie, dis die waarheid wat moet seëvier.”

Die burgerregtegroep AfriForum het ‘n klag van rassistiese wangedrag teen Motata by die Geregterlike Dienskommissie (GDK) ingedien.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Sapa gesê al die klankopnames is na die GDK gestuur.

“Ek kan bevestig dat die vertaling waaroor die Mail&Guardian berig, akkuraat is,” het Kriel gesê.

“Ons het die inligting aan die GDK deurgegee en ons glo daar is gronde om teen hom op te tree.”

Marumo Moerane, woordvoerder van die GDK, het aan Sapa gesê dié liggaam het verlede maand vergader en het besluit om te wag tot Motata “al sy kriminele hulpmiddels uitgeput het”.

“Die GDK sal in April weer vergader, maar in die tussentyd sal ‘n sub-komitee van die RDK na die inligting wat kyk aan hom gestuur is.”

Moerane kon nie bevestig of die GDK die klankopname ontvang het nie.

Die DA het Vrydag weer gesê Motata moet bedank.

“‘n Regter wat skuldig is aan ‘n oortreding kan nie ander veroordeel wat die wet verontagsaam nie. Ons verwag dat regters onberispelik moet optree in hul persoonlike en professionele hoedanigheid,” het die DA in ‘n verklaring gesê.

“Dié voorval gee die regbank ‘n slegte naam en regter Motata is dit aan die res van die regbank en die land verskuldig om homself te verwyder, selfs voor AfriForum se klagtes die GDK bereik.”

Motata is in September in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan dronkbestuur en ‘n boete van R20 000 of ‘n jaar tronkstraf opgelê. Sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is verlede maand in dieselfde hof van die hand gewys.

Die Mail&Guardian berig dat Motata se regspan intussen aangedui het dat hulle regter-president Bernard Ngoepe in nóg ‘n poging om appèl gaan nader.

 

стенд дляФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae