Die FBI het sopas vir Hillary Clinton ‘n “uit-die-tronk” kaart oorhandig, alhoewel sy vir “uiterste nalatigheid” oor die vingers getik is vir haar hantering van geklassifiseerde inligting met haar gebruik van privaat eposse. Die linkse Demokratiese Party lojaliste is verlig en hoopvol dat die Clintons weer eens daarin geslaag het om van die gereg te
Munisipale bestuurders verdien meer as Zuma
Tshwane-metro se munisipale bestuurder Jason Ngobeni is Suid-Afrika se hoogsbetaalde staatsamptenaar met sy R3 miljoen jaarlikse salarispakket. Hy verdien verdien meer as die president, adjunkpresident en kabinetsministers. Die munisipale bestuurder van platsak Gauteng se plaaslike munisipaliteit Emfuleni, Yunus Chamda (middel, foto hierbo), verdien R2,4 miljoen per jaar ten spyte van die feit dat die ouditeur-generaal
Kubermisdadigers teiken SA
Internasionale kubermisdadigers het reeds honderde miljoene rande van Suid-Afrikaners gesteel deur gesofistikeerde aanvalle op finansiële instellings in die land. Sulke misdadigers word boonop selde of ooit vasgevat. Vroeër vanjaar het krakers meer as R180 miljoen van Standard Bank gesteel nadat hulle kredietkaartbesonderhede bekom het om geld te trek van OTM’s in Japan in ‘n gekoördineerde
NASA-tuig Juno begin om Jupiter wentel
Die NASA-tuig Juno wat op 5 Augustus 2011 vertek het in Florida, VSA, het na sowat vyf jaar by Jupiter aangeland en om die gasplaneet begin wentel. NASA sê hulle het ‘n sein van 719 miljoen km ver ontvang oor die sonnestelsel, en bevestig dat die ruimtetuig suksesvol begin wentel het om Jupiter, die grootste
Een beseer in ISIS-aanval in Indonesië
‘n Selfmoordbomaanvaller op ‘n motorfiets (foto hierbo) het homself die week buite ‘n Indonesiese polisiekantoor opgeblaas. ‘n Polisiebeampte is beseer in die aanval wat amptenare aan die Islamitiese Staat (ISIS) verbind, het AFP berig. Die aanval in die stad Solo, in die land se radikale hartland en die tuisdorp van pres. Joko Widodo, was op
Dan Roodt: Roof Bezuidenhout se analogiedenke
Andries “Roof” Bezuidenhout skryf vandag op Netwerk24 dat swart nasionalisme dieselfde pad as Afrikanernasionalisme in Suid-Afrika gaan stap. Ek weet nie of dit net dom mense is en of dit deur Media24 voorgeskryf word nie, maar dié soort “analogiedenke” is op niks gegrond nie. In ‘n rubriek met die titel, “Swart woede begin nou eers”
Selfmoordbommers tref drie stede in Saudi-Arabië
Vier mense is dood nadat selfmoordbomaanvallers drie stede in Saoedi-Arabië geteiken het. In Medina het ‘n selfmoordbomdraer homself naby die stad se veiligheids-hoofkwartier opgeblaas in wat beskryf word as ‘n aanval deur ISIS. Die ontploffing was nie ver van die moskee van die profeet, waar Mohammed begrawe is nie. Nog ‘n selfmoordbomaanvaller is dood in
Lees verder: Selfmoordbommers tref drie stede in Saudi-Arabië
Katolieke voer openlik veldtog vir verenigde Ierland na Brexit
Protestantse Unioniste staan glo al tou om Ierse paspoorte in Belfast te bekom, iets wat hulle voorheen nooit sou oorweeg nie, het Reuters berig. Ook in Belfast voer eens stil Katolieke nasionaliste openlik ‘n veldtog vir ‘n verenigde Ierland, alles tekens van groot veranderinge in die Verenigde Koninkryk se voormalige geweldgeteisterde provinsie. Dit volg nadat
Lees verder: Katolieke voer openlik veldtog vir verenigde Ierland na Brexit
Australië se verkiesing dra die China-stempel
Onafhanklike kandidate, wat waarskynlik ‘n naelbyt-Australiese verkiesingsuitslag sal bepaal, het nou op die voorgrond getree. Een van hulle het anti-Asiatiese retoriek, wat 20 jaar gelede vir die eerste keer gehoor is, ingespan en die eerste minister, Malcolm Turnbull, is in die spervuur vir ‘n mislukte politieke dobbelspel. Gerugte doen die rondte dat Turnbull ‘n nuwe
Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer
‘n Standbeeld (foto hierbo) is opgerig by Aero-strand suid van Uganda se hoofstad, Kampala, van die ontslape Yonatan Netanyahu. Yonatan was die broer van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en ‘n offisier in die Israeliese weermag se elite-eenheid, Sayeret Matkal. Hy is dood toe Israel ‘n reddingspoging op die internasionale lughawe Entebbe in Uganda
Lees verder: Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer
