Helen Zille se onredelike aanval op dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus toon net weer: 'n jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie. Die DA, wat steeds deur die Engels-liberale Prog-kliek beheer word, is in wese anti-Afrikaans en verwag van Afrikaners dat hulle hul taal, kultuur en identiteit moet aflê om deel te word van die multikulturele, Engelstalige "reënboognasie" wat biskop Tutu en ander marionette van die Britte en Amerikaners aan ons land voorhou.
Lees verder: ‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir nog ‘n Afrikaner-holocaust

Dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus het gereageer op 'n aanval op hom en sy party deur me. Helen Zille van die DA in die jongste uitgawe van