’n Artikel wat ek in die afgelope vier jaar meer nageslaan het as enige ander een, is een wat Dan Roodt geskryf het in die Rapport, 18 Mei 2003. “Meimaand is geskiedenismaand”. Op die 19de Mei 2003, het ons van vroegdag af bibberkoud op die Paleis van Justisie se trappe gestaan en koes vir kameralense. Rondom ons was ’n atmosfeer van afwagting, ’n energie vreemd aan enige iets anders in ons ervaringsveld. Strate was afgekordon, sirenes het geloei, daar was blou uniforms net waar jy kyk, TV-kamers het gerol, gewone kameras het geflits, ’n helikopter het bo ons oor die plein gesirkel – ’n hele Hollywood movie… Net, ons was nie filmsterre nie. Hoewel ’n klompie van ons wel die erns van die saak deeglik besef het, het gode sy dank, nie een van ons daardie dag geweet wat nog op ons wag nie.
Meimaand is werklik geskiedenismaand