Betogende Cosatu-lede het gister deur ‘n staalheining gebars en het die hoofingang van die Sun City-dobbeloord versper om ‘n memorandum te gaan oorhandig. Omtrent 1000 betogers het Saterdag die strate ingevaar om te eis dat Sun International sy kontrak met Falcon-veiligheidsdienste beëindig, nadat een van die firma se werknemers ‘n CD gespeel het met lirieke
Die Engelse kom weer
‘n Paar maande nadat Janssens en de Mist die bewind aan die Kaap oorgeneem het, het die oorlog tussen Engeland en Frankryk, en daarom ook sy bondgenoot die Bataafse Republiek, op 18 Mei 1803 weer begin. Die Bataafse Regering het die Kaap dadelik daarvan in kennis gestel. Die boodskap het op 6 Julie 1803 aangekom.
Supersport dank Joost af
Supersport het die voormalige Springbokrugbykaptein Joost van der Westhuizen as aanbieder afgedank ná sy erkenning dat hy in ‘n seksvideo opgetree het waarin hy insgelyks dwelms gebruik. Dié bekentenis vind in sy nuwe biografie, “Joost: Spieëlbeeld” plaas. “SuperSport het na uittrekesels uit Joost van der Westhuizen se biografie gekyk… en gesprekke met hom gevoer,” het
Botswana se selfbeeldprobleme
‘n Suid-Afrikaanse man is in Botswana in hegtenis geneem omdat hy na bewering vir ‘n werker gesê het dié is dommer as die president. Vroeër is vier Suid-Afrikaanse vrouens ook in Botswana in hegtenis geneem, nádat hulle gesê het Ian Khama lyk soos ‘n Boesman. Hoekom sou dit ‘n belediging wees vir die president, wonder
Die vrot kol in die Vrystaat
Toe ‘n groep Afrikaners rondom 1917 onder leiding van ds. William Nicol ‘n aansoek om ‘n Afrikaanse hoërskool by die destydse Transvaalse Onderwysdepartement ingedien het, het die plaaslike Engelse koerant, The Star, na Shakespeare gegryp en gesê: “Something is rotten in the state of Denmark.” Volgens The Star het Afrikaanse hoërskole bykans ‘n honderd jaar
Fourie du Preez speel Vrystaat planke toe
Rugby is ‘n dramatiese spel wat homself leen tot wonderlike vergelykings, maar die standaardrugbykommentator se kokertjie metafore is maar skraal. Een waarvoor daar ‘n besondere verknogtheid bestaan, van Kobus Wiese tot Warren Brosnihan, is om dit met boks te vergelyk vroeg in die wedstryd. Dan is daar te vertelle dat die spanne “nog versigtig is,”
Mandela nie op die rand van die dood
Oudpresident Nelson Mandela se gesondheid is goed, ten spyte van gerugte wat die ronde doen. “Die feit is, mnr. Mandela doen so goed as wat enigeen van ‘n 91-jarige kan verwag. Hy het ‘n aktiewe en veeleisende lewe gelei,” het Jakes Gerwel, voorsitter van die Nelson Mandela-stigting gesê. “Hy moet natuurlik meer rus as voorheen,
Watse ding is daai?
{jathumbnail off} Aan al die kranige rugbykykers: Geniet die naweek se skouspel! светильник уличный налобановский обыск
Hy kan doen met sewe miljoen
Die uitgaande openbare beskermer Lawrence Mushwana het ‘n afskeidspakket van byna R7-miljoen ontvang, wat allerweë kritiek ontlok. Hy word ook daarvan verdink dat hy vergeldingsoptrede teen die hoof van die openbare beskermer se kantoor, Themba Mthethwa, onderneem het omdat dié sy betaling bevraagteken het. Mushwana het Mthethwa geskors toe hy dit gewaag het om vrae
Wat het ‘Tshwane’ om weg te steek?
Die Vryheidsfront Plus het die tydelike skorsing van die Stadsbestuurder van die “Tshwane”-metroraad verwelkom, maar het gesê dat die probleme met die stad se finansies baie dieper strek as net die stadsbestuurder. Die VF Plus het dit ook verwelkom dat die stadsraad die burgemeester gedwing het om ‘n onafhanklike ondersoek oor talle bewerings van wanbestuur
