Guptas eis slegs blanke skoonmakers, kelners by Lost City

Vega GuptaDie Indiese pierewaaiergesin, die Guptas, betaal R80 miljoen om die hele Lost City by Pilanesberg te bespreek. Die Guptas het egter ‘n voorwaarde gestel: “Ons wil slegs deur blankes bedien word. Daar moet ook blanke kokke en skoonmakers vir ons kamers wees.”

Personeel by Sun International het oor die afgelope dae kliphard gewerk om blanke personeel te herontplooi om aan die Guptas se rassevoorkeur gehoor te gee.

Iemand op die toneel het gesê: “Die Palace of the Lost City lyk soos ‘n afdelingswinkel uit die 1960s, slegs blanke personeel waar jy kyk.”

Maar geld praat. Vir die R80 miljoen ontvang die Guptas die eklusiewe gebruik van die weelderige vyfsterhotel by die Sun-City-hotel-en-casinokompleks, tesame met blanke bediening.

Een van die Gupta-seuns het blykbaar een van die blanke vroue met bier in die gesig gegooi, in so ‘n mate dat sy haar bewussyn verloor het. Besonderhede rondom die insident is nog nie bekend nie.

Twee aparte bronne het aan PRAAG bevestig dat die Lost City, benewens die blanke ondergeskiktes, lyk “asof ‘n Indiese inval plaasgevind het”. ‘n Polisiemag van etlike honderd man is ontplooi, maar die Guptas het van blanke beskermingsdienste gebruik gemaak.

Van die blanke veiligheidswagte het egter gemor omdat die polisie geëis het dat hulle hul handwapens in ‘n kluis moes laat toesluit. Hulle is ook een vir een gekontroleer wat hul ID-boekies en wapenlisensies betref. Foto’s is van elke privaatwapen geneem.

‘n Persoonlike beskermer met wie PRAAG gepraat het, het gevra: “Waarom word daar so op die wettige wapeneienaar gefokus? Waarom doen die SAPD nie soveel moeite om ander (belastingbetalende) burgers te beveilig soos hierdie Indiese besoekers nie?”

Volgens die privaatveiligheidsbeampte krioel dit van polisiemanne by die Sun-City-kompleks. “Jy moet die hoeveelheid polisie hier sien, tot die strate buite die kompleks is vol polisie! Dit dui net nog meer aan hoe belangrik hierdie familie vir mnr. Zuma moet wees.”

Cosatu in Noordwes het bevestig dat hul lede wat by Sun City werk, kla dat die Gupta-familie nie deur die swart personeel by die oord bedien wil word nie. ‘n Verklaring deur die provinsiale sekretaris van die vakbondfederasie, Solly Phetoe, lui soos volg:

“Hulle vereis dat hul dienste deur blanke personeel verrig moet word, vanaf die skoonmaak van hul kamers tot die voorbereiding van hul kos, asook die motorbestuurders wat hulle by die oord gebruik.”

Sapa berig dat Cosatu ook beswaar gemaak het dat die Gupta-familie voortdurend deur die polisie in staatsvoertuie begelei word.

Die nuusagentskap het nie vermeld of die Guptas insgelyks vereis het dat die polisiemanne blankes moet wees nie.

Moord enkele dae voor Fifa-byeenkoms

Colleen van Eyk, Sun City se bestuurder van openbare betrekkinge, is Sondagnag enkele dae voor ‘n Fifa-byeenkoms by dié hotel, vermoor.

Beeld berig sy is verwurg aangetref in haar woonstel by die oord.

Dié grusame moord is ontdek enkele dae voor die aanvang van ’n internasionale konferensie van die sokkerbeheerliggaam Fifa.

Die Fifa-konferensie begin hierdie Vrydag. Fisioterapeute van al 32 deelnemende sokkerspanne is in Suid-Afrika om deel te neem. 

Die konferensie word opgevolg deur van die nasionale spanne se afrigters se byeenkoms.

Fifa wou nie Dinsdagaand kommentaar op die moord lewer nie.

купить футболку детскую с надписямилобановский александр фото

Cosatu betoog oor ‘Mandela-kaffer’-CD

Betogende Cosatu-lede het gister deur ‘n staalheining gebars en het die hoofingang van die Sun City-dobbeloord versper om ‘n memorandum te gaan oorhandig.

Omtrent 1000 betogers het Saterdag die strate ingevaar om te eis dat Sun International sy kontrak met Falcon-veiligheidsdienste beëindig, nadat een van die firma se werknemers ‘n CD gespeel het met lirieke waarin na die vorige president Nelson Mandela as ‘n “kaffer” en na oudpresident Thabo Mbeki as ‘n “bobbejaan” verwys word.

Die heining is opgerig om die betogers daarvan te weerhou om die hotel se hoofhek te bereik.

“Ons gaan nie die memorandum hier oorhandig nie, ons wil dit by die hoofhek oorhandig,” het provinsiale sekretaris van Noordwes Solly Phetoe gesê alvorens die betogers deur die heining gebars het. Die optoggangers het ook teen die beweerde onregverdige en rassistiese werksomstandighede by die internasionale vakansieoord betoog.

“Daar is rassisme by dié instelling. Die ergste is dat hulle ons internasionale leier, ons vader Nelson Mandela, beledig het,” het Phetoe gesê.

“Oor Nelson Mandela gaan ons geen kompromie tref nie,” het hy gesê. “As hulle nie instem tot ons eise nie, gaan ons by hulle konsert en by die miljoendollargholftoernooi betoog.”

Die Polisie-eenheid vir openbare orde het daarin geslaag om die skare in toom te hou.

Volgens Phetoe is rassisme algemeen by Sun City. Hy het gesê swart werkers word aan poligraaftoetse onderwerp terwyl hulle blanke eweknieë dit nie hoef te ondergaan nie.

Die betogers het ook die onmiddellike afdanking geëis van ‘n blanke bestuurderes wat na bewering aan twee werkers gesê het dat hulle soos bobbejane ruik.

“Sy het na bewering vir hulle gesê dat hulle behoort te bad en as hulle nie reukweerder kan bekostig nie, sy dit met graagte vir hulle sal aankoop,” het Madito Morobalwa, sekretaris van die Moses Kotane-tak van Cosatu gesê.

In die memorandum beweer Cosatu dat ‘n werker, Debra Danke, in ‘n vertrek met slange toegesluit is nadat sy van die diefstal van geld uit ‘n hotelkamer beskuldig is, selfs nadat sy deur ‘n poligraaftoets kwytgeskeld is.

Die federasie beweer swartes word om kleinlike redes afgedank, terwyl blankes in ernstige gevalle met waarskuwings ontkom. Na bewering het ‘n blanke werknemer slegs ‘n waarskuwing ontvang nadat hy R2 miljoen se goedere van die oord verwyder het.

Kurt Peter, afdelingsbestuurder by die oord, wat die memorandum namens Sun City en Sun International in ontvangs geneem het, het gesê hulle verwerp enige vorm van rassisme.

“Ons werk onverpoos om rassisme uit te wis en ons daag Cosatu uit om saam met ons te werk om rassisme uit te roei,” het hy gesê.

Hy het verduidelik dat ‘n indringende ondersoek na die beweerde belediging van Mandela tans onderneem word. Volgens hom is ‘n bestuurder by Falcon-veiligheid afgedank in verband met die voorval en ‘n ander is geskors.

Cosuta het gedreig om by Fifa aan te dring dat Sun International se geriewe nie tydens die 2010-sokkerwêreldbeker gebruik word nie.

“Ons sal die internasionale wêreld versoek om nie sake met Sun International te doen as hulle nie rassisme beëindig nie,” het Phetoe gesê.

Cosatu in die Weskaap het ook gedreig om ‘n veldtog teen Sun International-hotelle in die provinsie, soos Grand West-casino en die Table Bay-hotel, te loods.

Noordwes-Cosatu het gesê indien daar nie op hul griewe teen Maandag gereageer word nie hulle internasionaal sal mobiliseer om sanksies teen Sun International ingestel te kry.

air flow чисткаФильчаков