Duitsland prys SA se buitelandse rol

Duitsland se minister van buitelandse sake Frank-Walter Steinmeier het laat Maandag gesê dat Suid-Afrika se belangrike posisie in Afrika, wat veel verder strek as bemiddeling van konflikte in Soedan en die Kongo, “die rol wat Suid-Afrika gevind het in onlangse jare beklemtoon het.”

Gedurende ‘n vergadering in Berlyn laat Maandag met die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Nkosaza Dlamini-Zuma, het Steinmeier gepraat van die “veelvoudige fasette van samewerking” tussen Duitsland en Suid-Afrika.

Suid-Afrika, as die kontinent se enigste lid in die Groep van 20 (G20) voorste ekonomieë, behoort in staat te wees om deel te neem in die globale poging om “lesse te leer uit die krisis in die internasionale markte.”

“Ons het Suid-Afrika nodig vir die argitektuur van ‘n nuwe internasionale orde,” het Steinmeier gesê.

Die ministers van buitelandse sake het gepraat oor die lasbrief vir die arrestasie wat uitgereik is deur die internasionale kriminele hof vir die Soedanese president Omar al-Bashir, wat gelei het toe die uitsetting van verskeie internasionale humanitêre organisasies deur die regering in Soedan.

“Ons maak staat daarop dat daar geen oorhaastige reaksies uit haat sal wees nie, wat kan lei, veral in daardie streek wat reeds swaarkry, tot verdere probleme en swaarkry,” het Steinmeier gesê.

подсветка дляФільчаков Олександр Васильович

Boek bevestig Armeense volksmoord

Image

Armeense volksmoordmuseum

Volgens ‘n dokument wat behoort het aan die ministerie van binnelandse sake van die Ottomaanse ryk, het 972 Ottomaanse Armeniërs verdwyn uit die amptelike bevolkingsregisters van 1915 tot 1916.

“The remaining documents of Talat Pasha,” deur Murat Bardakci is nou beskikbaar in boekvorm en is ‘n versameling dokumente en rekords wat voorheen behoort het aan Mehmed Talap, ook bekend as Talat Pasha, die primêre argitek van die Armeense deportasies.

In Turkye kan enige gesprek oor wat gebeur het met die Ottomaanse Armeniërs ‘n openbare storm van woede tot gevolg hê.

Vir geslagte lank het die meeste Turke niks geweet van die besonderhede van die Armeense volkslagting van 1915 tot 1918 nie, toe meer as ‘n miljoen Armeniërs doodgemaak is tydens die Ottomaans-Turkse regering se reiniging van die bevolking.

Turkye het die lelikste deel van hulle verlede buite sig van mense toegesluit, op die Russiese manier, en enige melding van die gebeure uit skoolboeke en amptelike vertellings uit gehou in ‘n aggressiewe veldtog om te vergeet.

Turkye het nooit ‘n amptelike syfer van deportasies of sterftes erken nie. Sondag het die Turkse minister van buitelandse sake, Ali Babacan, gewaarsku dat president Barack Obama dalk verhoudinge kan terugdraai indien hy die volksmoord op Armeniërs sou erken voor sy besoek aan Turkye volgende maand.

Die verval van die Ottomaanse ryk was bloedig, lui die Turkse argument, en dié wat dood is was slagoffers van die chaos.

Hilmar Kaiser, ‘n historikus en kenner oor die Armeense volksmoord, het gesê die rekords wat in die boek gepubliseer was, is voldoende bewys van die Ottomaanse owerheid self dat dit ‘n beplande beleid gevolg het om die Armeniërs uit te wis. “Mens het skielik op een bladsy die bevestiging van die syfers,” het hy gesê. “Dit is asof iemand jou met ‘n kierie oor die kop slaan.”

“Dit stem ooreen met wat ons reeds weet,” het Donald Bloxham, die skrywer van “The Great Game of Genocide: Imperialism, Nationalism and the Destruction of the Ottoman Armenians”, gesê.

“Ek kon die boek nooit 10 jaar terug uitgee nie,” het Bardakci gesê. “Ek sou ‘n verraaier genoem word.”

Hy het bygevoeg dat die mentaliteit verander het.

компрессор для гаражаДанильченко Юрий отзывы

Obama hou (te) streng by sy woord

ImagePresidente het al tekslesers gebruik vir meer as ‘n halfeeu, maar nie een het tot dusver so erg op die goed staatgemaak as Obama nie. Terwyl presidente dit tipies gebruik het vir hulle mees belangrike toesprake – ‘n inhuldiging, ‘n staatsrede of ‘n Ovaalkantoortoespraak – gebruik Obama dit vir daaglikse roetine toesprake, en selfs sy openingswoorde by perskonferensies.

Hy het dit gebruik tydens ‘n besoek aan die departement van binnelandse sake om oor bedreigde spesies te praat, en selfs toe hy herinneringe opgediep het van besoeke aan nasionale parke toe hy ‘n 11-jarige seun was. “Dit ws ‘n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie,” het hy gesê terwyl hy dit van die teksleser af gelees het.

Vir Obama beteken ‘n teksleser kommunikasiedissipline, om so na as moontlik aan sy beoogde woorde te bly. Elke president gebruik natuurlik voorbereide opmerkings, en gereeld word daar van kaarte of papier af gelees. Maar terwyl sommige van sy voorgangers gehou het daarvan om te improviseer, verkies Obama dat die boodskap perfek is.

Obama het nooit ‘n teksleser gebruik tot sy belangrike toespraak by die 2004 Demokratiese Konvensie nie, maar hy het gereeld op die goed staatgemaak tydens verlede jaar se verkiesingsveldtog. Na een toespraak is hy gesien in ‘n spanningsvolle woordewisseling met ‘n assistent, ‘n uitbarsting wat sy woordvoerder later toegeskryf het aan ‘n foutiewe teksleser.

Die Withuis het vrae oor die gebruik van die masjiene nie geantwoord nie.

двухпоршневой ценаАлександр Фильчаков

Swart mans heel onder

ImageMeer swartmans in Louisiana word in die tronk gesit of word die slagoffers van manslag as wit mans, het amptenare van ‘n onderwysnavorsingsentrum Donderdag gesê.

Cedric Richmond, Demokratiese verteenwoordiger van New Orleans, het gesê “Afro-Amerikaanse mans is laaste in omtrent enige kategorie as dit kom daarby om sukses te behaal.”

Die Raad op die Sosiale status van Swart Mans en Seuns, wat Donderdag ontmoet het in die staat se hoofstad, beplan om ‘n voorlopige verslag vry te stel op 1 Junie oor hoe swart mans tans vaar.

Onder kinders, is die persentasie van swart manlike persone drie keer dié van blanke mans, het Bobbie DeCuir, ‘n projekdirekteur by die Cecil J. Picard Sentrum vir Kinderontwikkeling en Lewenslange Onderwys gesê. 

Moord is die hoofoorsaak van dood onder swart mans met ouderdomme tussen 15 tot 34, het Gail Bonhomme, ook ‘n projekdirekteur by die Picardsentrum gesê.

En vir elke wit man tussen die ouderdom van 19 en 44 wat in die tronk is, is daar omtrent 4 swart mans in die tronk, het sy gesê.

Die Picardsentrum het dié en ander statistieke, wat geneem is van die Nasionale Sentrum vir Gesondheidstatistiek en Amerikaanse Sensus Buro en saamgestel is deur LSU-demograaf Troy Blanchard na die raad toe geneem.

Daardie statistieke was nie verrassend vir die raadslede nie, waarvan die groot meerderheid selfs swart is. Maar Donderdag het die syfers woorde soos “erg”, “ontnugterend”  en “teleurstellend” laat opklink uit die paneel.

ігрушкилобановский класс

Protestante en Katolieke veroordeel IRL-aanval

Politici van noordelike Ierland se Protestante en Katolieke gemeenskappe het Sondag saamgespan in die veroordeling van die aanval waarin vermoedelike IRL dissidente ‘n groep Brits soldate en pizza-afleweringsmense buite Britse barakke in Antrim, noord van Belfast geskiet het.

Die aanval het twee soldate gedood en vier ander mense, waarvan twee pizza-afleweringsmense was ernstig gewond.

Die aanval Sondagaand was die eerste wat ‘n Britse soldaat in Noord Ierland dood is, sedert ‘n IRL skerpskutter ‘n soldaat doodgeskiet het in 19997, ‘n jaar voor die historiese Goeie Vrydag ooreenkoms.

Die aanval het skokgolwe gestuur deur die Protestante en Katolieke gemeenskappe, wat steeds aanpas by ‘n gemeenskap sonder die geweld wat 3700 mense in ‘n 30 jaar periode gedood het, en het die koalisieregering wat in 2007 in Belfast in beheer gekom het geskok. Die regering het aan bewind gekom onder politieke partye wat voorheen verbind was met Protestante militantes en die IRL.

Die polisie het gesê hulle glo dat die Antrim gewapende aanvallers behoort aan ‘n dissident faksie wat die koalisieregering verwerp het, en wat sporadies maar meestal marginale aanvalle loots, hoofsaaklik teen die provinsie se polisie.

treasures of egyptФильчаков прокуратура харьков

Turkse Boeing had probleem met hoogtemeters

Die Boeing 737-800 van die Turkse lugdiens wat verlede week naby die lughawe Schiphol by Amsterdam neergestort het, het probleme met een van sy hoogtemeters ondervind. Dit blyk uit die eerste bevindinge van ’n Nederlandse raad van ondersoek onder leiding van Pieter van Vollenhoven.

Die vlieëniers het blykbaar die fout te laat agtergekom.

Terwyl die vliegtuig op ’n hoogte van 1950 voet (650 meter) gevlieg het, het die radiohoogtemeter ’n hoogte van min 8 voet (min 2,7 meter) aangegee. Die sogenaamde Polderbaan van die lughawe lê 4,5 meter (min 13,5 voet) onder seespieël.

Deurdat die vliegtuig op die outomatiese piloot gevlieg het, het die hoogtemeter op grond van die foutiewe informasie aan die outomatiese brandstofsisteem die opdrag gegee om die snelheid te verminder. Deur die verlies aan snelheid het die vliegtuig tereggekom in sy minimale vliegsnelheid, waardeur waarskuwingsinjale afgegaan het. Die bemanning het meer brandstof gegee, maar dit was te laat, en die vliegtuig het ’n kilometer voor de landingsbaan neergestort in ’n geploegde aartappelland.

Daar was al twee keer tevore probleme met die hoogtemeter. Volgens Van Vollenhoven moes daar in Boeing se handleiding gestaan het dat die outomatiese piloot nie gebruik mag word as die hoogtemeter nie funksioneer nie.

Boeing gaan maatskappye wat met 737’s vlieg, daarop wys dat vlieëniers hul instrumente skerp moet dophou tydens kritieke gedeeltes van ’n vlug, soos die landing.

 By die ongeluk is nege mense dood, onder wie die drie vlieëniers,en sowat tagtig mense is beseer. Van hulle is 28 nog in die hospitaal.

продажа зарядных устройствФильчаков Харьков

Ghandi-veiling word afgestel

ImageDie man wat van plan was om Mohandas Ghandi se ikoniese rondelensbrilletjie en ander gedenkwaardighede wat eens aan die Indiese onafhanklikheidsleier behoort het, op 'n veiling te verkoop, sê hy het die omstrede verkope gestaak.

“In die afgelope paar uur het ek, in die lig van die omstredenheid, besluit om nie Ghandi se persoonlike items te verkoop nie,” het James Otis aan verslaggewers gesê.

“Ek het formeel versoek dat Anitquorum (Afslaers) die items verwyder en aan my terugbesorg. Dit is my diepste hoop dat Antiquorum my versoek sal eerbiedig.”

Die Amerikaanse versamelaar en vredesaktivis sê hy het nooit “bedoel om so 'n omstredenheid te veroorsaak” nie en het bekend gemaak dat hy binnekort met 'n 23-daelange vas sal begin.

Die afslaershuis moet nog op Otis se onttrekking van die goedere reageer.

Maar Otis se prokureur, Ravi Batra, sê dat “soos van hierdie oomblik af het Antiquorum nie langer die wettige reg om die items wat deur James Otis besit word, te verkoop nie.”

Otis se besluit is met toejuiging uit Indië begroet, waar die regering en Ghandi se familie bitter gekant was teen die veiling en aangedring het dat Ghandi se bril, sandale, sakhorlosie, eetbak en bord deel is van die land se nasionale erfskat.

Indië het vroeër 'n aanbod van Otis om die veiling te kanselleer in ruil vir die Indiese regering se opkikkering van gesondheidsorg vir armes, verwerp, en gesê hulle is bereid om te bie op die items nadat onderhandelinge ter elfde ure misluk het om die veiling te stuit.

In Suid-Afrika het Ghandi, 'n selferkende rassis wat eens in die pers gemor het omdat daar van Indiërs verwag is om “kaffers”, soos hy hulle genoem het, in Indiese gebied te akkommodeer, amper goddelike status bereik.

где купить пустойЛобановский Харьков

Die Bank van Engeland se benoude sprong

Nie net het die Bank, soos verwag, rentekoerse tot 0,5% gesny nie, dit beplan nou ook om tot R2-triljoen se geld te druk om in die verstopte are van die ongestelde ekonomie in te pomp.

Hierdie breedvoerige skuif – bekend as kwantitatiewe verligting en wat as “die kernenergieopsie” beskou word – is voorspel, maar die skielikheid waarmee dit gekom het en die omvang van die aanvanklike belegging, het as 'n verrassing gekom. Die Bank is van plan om 'n triljoen rand in die ekonomie oor die volgende drie maande in te vuur, hoofsaaklik deur die aankope van regeringseffekte, bekend as vergulde effekte.

Die Bank vertrek op 'n beleid om te verhoed dat die Britse ekonomie – wat reeds in die diepste resessie sedert die 1980’s vasgeval het – in iets ergers inkantel. Ten spyte van die massiewe herkapitalisasie van die verlamde bankstelsel, is werkloosheid, vererger deur derdewêreldse immigrasie, ook aan die toeneem en verbruikersvertroue is besig om in duie te stort na mate die krisis oorloop van die finansiële markte in die breër ekonomie in.

“Dit is 'n sprong in die duister,” sê George Osborne, die skadukansellier. “Dit is om inderwaarheid geld te druk, want al die ander regeringsbeleide het nie gewerk nie. Ek dink nie die Bank van Engeland is met enige ander opsies gelat nie.”

Die Banks se optrede, wat na amptelike toestemming van die Kansellier Alistair Darling kom, is 'n meer aggressiewe benadering as dié van die VSA se Federale Reserwe. Die aanvanklike eentriljoen rand verteenwoordig omtrent 5,4 persent van die bruto binnelandse produk van Brittanje, in teenstelling met die Fed wat omtrent 6,7 triljoen rand, of 4,7% van die BBP in die ekonomie ingepomp het.

In sy brief aan die Bank se goewerneur, Mervyn King, wat gister gepubliseer is, het Mnr. Darling die versoek van die Bank se Monetêre Beleidskomitee om soveel as 2-triljoen rand op regeringskuld en private sektorbates te spandeer, gemagtig. Deur die werklike voorraad van geld in die ekonomie te verhoog, hoop die bank om die kredietdroogte wat deur verbruikers en besighede ondervind word, te verlig.

Dit word allerweë as die benoude sprong van 'n benoude kat gesien. As dit slaag, sal Brittanje na verwagting binne 'n jaar begin kop optel na 'n ernstige resessie. Indien dit misluk, kan dit die Britse ekonomie op 'n dolle vaart na hiperinflasie aanjaag.

instawowphotoФильчаков Харьков

Krygswet in die VSA?

Volgens Igor Panarin sal president Barack Obama die jaar nog krygswet afkondig, Amerika sal in 6 streke verdeel word voor 2011 en Rusland en Sjina sal die ruggraat word van ‘n nuwe wêreldorde. Panarin, ‘n voormalige woordvoerder vir Rusland se federale ruimte-agentskap en na bewering ‘n eks-KGB navorser, is nou dekaan by die ministerie van buitelandse sake se skool vir toekomstige diplomate en ‘n gereelde gesig op Rusland se staatsbeheerde TV-kanale.

‘Daar is ‘n groot moontlikheid dat die verval van Amerika sal plaasvind teen 2010,” het Panarin Dinsdag aan dosyne studente, professore en diplomate gesê by die Diplomatieke Akademie – dit was ‘n lesing wat die ministerie ‘n punt van gemaak het om buitelandse media na toe uit te nooi.

Hy het gesê die onlangse ekonomiese woelinge in Amerika en ander “sosiale en kulturele fenomene” het hom gelei om ‘n spesifieke rooster te stel vir “die einde” – wanneer Amerika gaan opbreek in 6 outonome dele en Alaska weer sal terugval onder Russiese beheer.

Panarin het geargumenteer dat Amerikaners in morele verval is, en het gesê hulle sielkundige spanning is duidelik uit die skietvoorvalle by skole, die grootte van die tronkbevolking en die hoeveelheid homoseksuele mans.

Met verwysing na ekonomiese probleme het hy die daling in die hoofindekse, die afname in Amerika se bruto binnelandse produk en Washington se uithelp van die bankreus Citigroup genoem as getuienis dat Amerika se oorheersing van die globale markte ineen gestort het.

Panarin het volgehou dat hy nie hoop dat Amerika ineenstort nie, maar het voorspel dat Rusland en Sjina sterker sal uittree uit die ekonomiese woelinge en gesê die twee lande behoort saam te werk, selfs om ‘n nuwe geldeenheid te skep om die dollar te vervang.

как лечить пародонтоз фотоАлександр Фильчаков Васильевич

Amnestie Internasionaal prys Bashir lasbrief

Amnestie Internasionaal het die internasionale lasbrief wat Woensdag uitgereik is vir Soedan se president Omar al-Bashir geloof as ‘n belangrike teken vir mense regoor die wêreld wat menseregte geskend het.

Die regtegroep het ‘n beroep gedoen op Bashir om homself oor te gee aan die Internasionale hof, wat in Den Haag is, of om andersins die risiko te loop van arrestasie vir beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.

“Die wet is duidelik. President al-Bashir moet voor die internasionale kriminele hof verskyn om homself te verdedig,” het AI se hoof, Irene Khan gesê nadat Bashir die eerste sittende staatshoof geword het op wie ‘n lasbrief vir arrestasie uitgemaak is.

“Indien hy weier om dit te doen, moet die Soedanese owerhede seker maak dat hy gearresteer word  en onmiddellik uitgelewer word aan die internasionale hof.”

Sy het bygevoeg: “Die aankondiging is ‘n belangrike teken – beide vir Darfoer en die res van die wêreld – dat vermoedelike oortreders van menseregte voor die hof sal verskyn, ongeag van hoe magtig hulle mag wees.”

Die 65-jarige Bashir staar 5 klagte van misdade teen die mensdom in die gesig, asook twee klagte van oorlogsmisdade.

Die VN sê dat op tot 300 000 mense dood is sedert die konflik uitgebreek het in Soedan se westelike Darfoer streek in 2003.

италия оптомФильчаков прокурор харьков