Krygswet in die VSA?

Volgens Igor Panarin sal president Barack Obama die jaar nog krygswet afkondig, Amerika sal in 6 streke verdeel word voor 2011 en Rusland en Sjina sal die ruggraat word van ‘n nuwe wêreldorde. Panarin, ‘n voormalige woordvoerder vir Rusland se federale ruimte-agentskap en na bewering ‘n eks-KGB navorser, is nou dekaan by die ministerie van buitelandse sake se skool vir toekomstige diplomate en ‘n gereelde gesig op Rusland se staatsbeheerde TV-kanale.

‘Daar is ‘n groot moontlikheid dat die verval van Amerika sal plaasvind teen 2010,” het Panarin Dinsdag aan dosyne studente, professore en diplomate gesê by die Diplomatieke Akademie – dit was ‘n lesing wat die ministerie ‘n punt van gemaak het om buitelandse media na toe uit te nooi.

Hy het gesê die onlangse ekonomiese woelinge in Amerika en ander “sosiale en kulturele fenomene” het hom gelei om ‘n spesifieke rooster te stel vir “die einde” – wanneer Amerika gaan opbreek in 6 outonome dele en Alaska weer sal terugval onder Russiese beheer.

Panarin het geargumenteer dat Amerikaners in morele verval is, en het gesê hulle sielkundige spanning is duidelik uit die skietvoorvalle by skole, die grootte van die tronkbevolking en die hoeveelheid homoseksuele mans.

Met verwysing na ekonomiese probleme het hy die daling in die hoofindekse, die afname in Amerika se bruto binnelandse produk en Washington se uithelp van die bankreus Citigroup genoem as getuienis dat Amerika se oorheersing van die globale markte ineen gestort het.

Panarin het volgehou dat hy nie hoop dat Amerika ineenstort nie, maar het voorspel dat Rusland en Sjina sterker sal uittree uit die ekonomiese woelinge en gesê die twee lande behoort saam te werk, selfs om ‘n nuwe geldeenheid te skep om die dollar te vervang.

как лечить пародонтоз фотоАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae