Die ANK oorweeg dit om ‘n kommissie aan te stel in die presidensie om dienslewering te monitor, het partypresident Jacob Zuma Donderdag gesê.
In ‘n verslag in die Star koerant, het Zuma gesê die party kyk na die meriete van ‘n beplannings-, moniterings- en evaluasie- komitee wat gefokus is op dienslewering.
Onderwyl hy gepraat het oor die huidige ekonomiese krisis in Suid-Afrika het hy gesê, “Ons gaan duidelik nie ongeskaad hier uitkom nie, en ons sal nuwe uitdagings in die gesig staar tot 2011.”
“Na ‘n periode van merkwaardige en volgehoue groei, gaan ons waarskynlik ‘n vermindering in die groei sien in die mediumtermyn.”
“Maar ons kan verwag om ‘n herstel te sien in huishoudelike uitgawes en besigheidsinvestering vanweë ‘n daling in rentekoerse en sterk openbare sektor betrokkenheid,” het Zuma gesê.
Hy het bygevoeg dat indien Suid-Afrika die storm hier wil oorleef, daar meer gesprek moet wees tussen bankiers, besigheid, regering en arbeid.
In sy manifes het die ANK gesê dit gaan ‘n groot openbare beleggingsprogram lei om groei aan te help en werksverskaffing te verbeter oor die volgende 5 jaar.
Zuma het gesê dit gaan uitbrei en verbeter op spoorweë, openbare vervoer, hawens, damme, telekommunikasie en energie.
“Nie net sal dit die BBP verhoog nie, maar dit gaan ook die land se ekonomiese kapasiteit aansienlik vergroot en die koste om besigheid te doen heelwat verlaag.
“As ‘n gevolg hiervan sal Suid-Afrika ‘n beter plek wees om in te belê,” het hy gesê.
