Turkse Boeing had probleem met hoogtemeters

Die Boeing 737-800 van die Turkse lugdiens wat verlede week naby die lughawe Schiphol by Amsterdam neergestort het, het probleme met een van sy hoogtemeters ondervind. Dit blyk uit die eerste bevindinge van ’n Nederlandse raad van ondersoek onder leiding van Pieter van Vollenhoven.

Die vlieëniers het blykbaar die fout te laat agtergekom.

Terwyl die vliegtuig op ’n hoogte van 1950 voet (650 meter) gevlieg het, het die radiohoogtemeter ’n hoogte van min 8 voet (min 2,7 meter) aangegee. Die sogenaamde Polderbaan van die lughawe lê 4,5 meter (min 13,5 voet) onder seespieël.

Deurdat die vliegtuig op die outomatiese piloot gevlieg het, het die hoogtemeter op grond van die foutiewe informasie aan die outomatiese brandstofsisteem die opdrag gegee om die snelheid te verminder. Deur die verlies aan snelheid het die vliegtuig tereggekom in sy minimale vliegsnelheid, waardeur waarskuwingsinjale afgegaan het. Die bemanning het meer brandstof gegee, maar dit was te laat, en die vliegtuig het ’n kilometer voor de landingsbaan neergestort in ’n geploegde aartappelland.

Daar was al twee keer tevore probleme met die hoogtemeter. Volgens Van Vollenhoven moes daar in Boeing se handleiding gestaan het dat die outomatiese piloot nie gebruik mag word as die hoogtemeter nie funksioneer nie.

Boeing gaan maatskappye wat met 737’s vlieg, daarop wys dat vlieëniers hul instrumente skerp moet dophou tydens kritieke gedeeltes van ’n vlug, soos die landing.

 By die ongeluk is nege mense dood, onder wie die drie vlieëniers,en sowat tagtig mense is beseer. Van hulle is 28 nog in die hospitaal.

продажа зарядных устройствФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae