China gaan brandstofbesparing aanmoedig

Die Chinese regering is bekommerd oor China se afhanklikheid van ingevoerde ruolie en het brandstofbesparingstandaarde aangekondig wat selfs meer streng is as dië wat president Obama verlede week bekend gemaak het.

Onder die nuwe plan sal Chinese motorvervaardigers brandstofverbruik met 18% moet verbeter teen 2015 het 'n hoofbeplanner van China se brandstofbesparingsmaatreëls aangedui. Die plan sal vroeg volgende jaar bekend gestel word.

Die gemiddelde brandstofverbruik van gesinsmotors is aansienlik laer as in die VSA, omdat belastings wat op inhoudsmaat gehef word, veroorsaak dat mense kleiner voertuie aanskaf.

Klein motortjies betaal tans slegs 1% aan verkoopsbelasting, terwyl viertrekmotors 40% moet opdok.

Talle besluitnemers in China sien 'n strategiese en geopolitieke behoefte om China se olie-invoere te beperk. Verhoogde aanvraag beteken reeds dat China drie-vyfdes van hulle olie moet invoer, waar die land tot 1995 selfvoorsienend was.

Die olie word daarbenewens langs seeroetes vervoer wat deur die VSA se vloot beheer word en is afkomstig uit lande wat polities onstabiel is. Dan is daar ook die kwessie van besoedeling en dat China moet help om aardverwarming te beheer met behulp van strenger brandstofbesparingsmaatreëls.

Die details van China se nuwe plan gaan Chinese motorvervaardigers bevoordeel bo multinasionale vervaardigers, sê kenners. In die segmente waar multinasionale vervaardigers teenwoordig is, naamlik in die middelslag en klein sektor, gaan die nuwe bepalings tot 26% se brandstofbesparing vereis. In die heel klein voertuigmark waar China uitblink, gaan net 9% vereis word aan besparing.

Kenners meen Japannese, Koreaanse en Duitse motorvervaardigers gaan waarskynlik oorweeg om die heel klein mark te betree indien hulle sukkel om aan die nuwe standaarde te voldoen.

купить инструмент для шиноремонтатопкарго отзывы

Rasprofilering nutteloos meen OSI

Etniese profilering, is heeltemal nutteloos om terreurverdagtes uit te snuffel, het 'n nuwe studie aangetoon. Dit het nog tot op hede na geen veroordeling in Europa gelei nie.
Die studie wat onderneem is deur die Open Society Institute wat deur sakemanbiljoenêr George Soros befonds word, argumenteer dat rasprofilering hoofsaaklik 'n openbare betrekkinge oefening is.

Dit laat mense glo veiliger voel om Moslems uit te sonder na 'n terreuraanval soos die een in 2006 waarin Londen se ondergrondse treinstelsel en busse geteiken is.

Die studie getiteld "Ethnic Profiling in the European Union", wys daarop dat profilering teenproduktief is omdat dit nog tot "geen inhegtenisnames gelei het nie".

 
Voorts vervreem die optrede spesifieke gemeenskappe wat lei tot 'n "stygende gevoel van marginalisering van 'n minderheid en immigrantegemeenskappe".

Ironies genoeg het rasprofilering die afgelope paar jaar afgeneem volgens die navorsers. Hulle meens omdat stereotipes 'n belangrike faktor bly in besluitneming, word onskuldige minderhede nietemin dikwels lastig geval.

масло длялобановский класс харьков

Konferensies lok sekswerkers

Die Wêreld Sakespitsberaad se konferensie oor aardverwarming wat onlangs in Kopenhagen gehou is, se deelnemers het klaarblyklik warmer sake as die klimaat hanteer. In die aande het die sakemanne, politici en regeringsamptenare naamlik die stad se prostitute gaan opsoek.

Volgens 'n sekswerker wat haarself 'Mejuffrou Dina' noem, was hulle buitengewoon besig tydens die konferensie. "Politici moet ook ontspan na 'n lang dag," het sy gesê.

'n Deense koerant het verskeie gesellinagenstskappe en prostitute geskakel om te verneem of hulle besiger as gewoonlik was gedurende die aardverwarmingskonferensie en almal het saamgestem dat konferensies in Kopenhagen goed is vir die ekonomie.

Dorit Otzen, van Reden International sê groot byeenkomste in Kopenhagen lok meer sekswerkers. "'n Klomp mans op een plek beteken meer werk vir prostitute. Terselftertyd het ons 'n regering wat nie prostitusie wil verbied nie, dus gaan besoekers gebruik maak van prostitute," het Otzen gesê.

винтовой и поршневой компрессор разницаалександр лобановский супермаркет класс

Kultuuroorlog woed om UNESCO-aanstelling

Egipte se minister van kultuur Faroek Hosni, is een van die groot gunstelinge om UNESCO te lei. Joodse groepe in Duitsland, Frankryk en Israel beskou hom egter as 'n teenstander van Israel en 'n kultuuroorlog woed tussen sy voorstanders en die Duitse Kultuurraad vanweë sy anti-Semitiese uitsprake.

Olaf Zimmermann, voorsitter van die Kultuurraad het gesê dit sal 'n fout wees om Hosni te kies. Zimmermann het gesê hy glo nie dat Hosni kultuurdiversiteit, een van UNESCO se ideale, sal bevorder nie

Hosni is 'n kunstenaar van beroep en is sedert 1987 Egipte se kultuurminister. Hy is 'n liberale stem in Egiptiese politiek en is bekend daavoor dat hy gekant is teen hoofbedekkings vir Egiptiese vroue. Hy het verlede jaar verklaar dat Israeliboeke in Egiptiese biblioteke verbrand behoort te word.

Charlotte Knobloch, hoof van die Joodse Raad in Duitsland, het in 'n radio-onderhoud gesê Hosni is duidelik anti-Semities en anti-Joods en moet "gediskwalifiseer"word vir die posisie.

Die kwessie het egter gekompliseerd geraak nadat die Israelse koerant Haaretz nuus gelek het wat daarop dui dat Isreal se konserwatiewe eerste minister Benjamin Netanyahu ingestem het om Hosni se kandidaatskap te ondersteun in 'n geheime ooreenkoms met die Egiptiese president Hosni Moebarak.

для компрессораФильчаков Александр Васильевич

Anti-Talibanoffensief lei tot humanit?re katastrofe

Image

Vlugtelinge stroom uit Swat

Honderde duisende Pakistanse burgerlikes wat in Swat vasgevang is in ’n offensief teen die Taliban staar ’n katastrofe in die gesig, het ’n menseregtegroep Dinsdag gesê terwyl gevegte in dié oorloggeteisterde streek opgevlam het.

Die operasie in die Talibanvesting Swat, sowat 120 km noordwes van Islamabad, is die leër se grootste poging om die Taliban-insurgensie terug te stoot. Die insurgensie het vrae laat ontstaan oor die toekoms van dié kernmoondheid.

Die offensief het volgens die provinsiale regering gelei tot ’n uittog van 2,3 miljoen mense, maar sowat 200 000 inwoners is glo steeds in die vallei.

Erge tekorte aan kos, water en medisyne dra by tot ’n reuse- humanitêre krisis vir die burgerlikes wat vasgekeer is, het die Amerikaanse groep Human Rights Watch gesê.

“Mense wat in die Swat-konfliksone vasgekeer is, word deur ’n humanitêre katastrofe in die gesig gestaar, tensy die Pakistanse leër die aandklokreël ophef,” het mnr. Brad Adams, die groep se direkteur in Asië, gesê.

Intussen is ses soldate in die streek Suid-Waziristan aan die Afgaanse grens dood in gevegte met die Taliban.

 
'n Kragtige bom het  Woensdagoggend in Lahore geboue uitmekaar geruk en talle leweloos gelaat.
 
Die bom het in die kantore van die noodpolisiediens ontplof en Pakistan se hoofintelligensieagentskap se gebou is ook erg beskadig.

 

mobile online casino no depositФильчаков прокурор отзывы

Red Bull bevat glo koka?ene

ImageSes deelstate in Duitsland het handelaars opdrag gegee om alle verkope van Red Bull Cola-energiedrankies te staak nadat ’n toets glo bevind het dit bevat spore van kokaïen.

Die verbod geld sedert Vrydag nadat 0,4 mikrogram kokaïen per liter in toetsmonsters in Noordryn-Wesfale bespeur is.

Duitsland se federale instituut vir risiko-evaluering het vandeesweek gesê die vlakke is te laag om ’n gesondheidsgevaar in te hou.

Red Bull in Duitsland het in ’n verklaring gesê die kokablare wat gebruik word om Red Bull te geur, is onder meer deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid veilig verklaar.

Red Bull het self toetse aangevra en geen kokaïen is gevind nie. Die Duitse departement van gesondheid gaan nou self ondersoek instel.

купить демисезонную одежду для девочки недороголобановский александр досье

Obama voor sy eerste werklike toets

President Obama het voor sy eerste werklike toets te staan gekom teenoor 'n ontluikende kernmag, naamlik Noord-Korea. Die Withuis het gister geskarrel om 'n gekoördineerde internasionale standpunt te stel.

Die Amerikaanse president se voorgangers kon nog nie Noord-Korea se kernopbou stuit nie. Nietemin het Obama gister belowe om "op te tree" teen die "blatante oortreding van internasionale reg".

Kennelik is die Amerikaanse president bedag daarop dat hy 'n strek boodskap moet uitstuur aan Pjongjang, sterker as sy voorganger George W. Bush se reaksie op Noord-Korea se eerste kerntoets in 2006.

Maar die VSA se opsies is beperk, omdat dit deels ook sal afhang van Obama se vermoë om Rusland en China te beweeg om teen 'n ou bondgenoot uit die Koue Oorlog op te tree.

Die Clinton-administrasie se pogings om Noord-Korea te kry om hul wapenprogram te staak deur olie en kernkrag aan te bied in ruil daarvoor asook Bush se pogings om die land te laat ineenstort weens sanksies en die leiers se bates te bevries, het heeltemal misluk.

Die daaropvolgende poging van Bush om teen advies van sy eie mense 'n ooreenkoms met die Noorde aan te gaan om 'n kernreaktor af te bou, was ook nie geslaagd nie.

Alhoewel Noord-Korea verlede jaar volgens die ooreenkoms begin het om die reaktor af te bou, het hulle onlangs weer aangekondig dat hulle weer sal begin om plutonium vir wapens te vervaardig.

Ander kernmoondhede soos Iran is daarbenewens besig om die VSA se skuiwe fyn dop te hou. Terwyl Obama gistermiddag gaan gholf speel het, het sy personeel naarstiglik deur die beskikbare aanduidings van Noord-Korea se kernvermoë gesif.

Die seismiese aktiwiteit wat op 'n kerntoets dui, sal egter eers oor dae en weke toetse oplewer wat radioaktiewe partikels bewys en die grote van die ontploffing toon.

Die Amerikaanse president het 'n beroep op Japan en Suid-Korea gedoen om "konkrete stappe" te neem om Noord-Korea in te perk en het 'n "ondubbelsinnige verbintenis" tot die verdediging van albei lande belowe.

Japannese en Suid-Koreaanse amptenare het egter laat blyk dat hulle nie oor 'n aanval uit die Noorde bekommer nie maar dat die kerntegnologie op die swartmark beskikbaar sal raak.

Reaktor- en missieltegnologie is reeds aan die Midde-Ooste verkoop.

игры для девочкам 6 летлобановский александр компромат

Noord-Korea wil kernprogram hervat

Die Noord-Koreaanse persagentskap het Maandag aangekondig dat Noord-Korea 'n tweede onderaardse kerntoets uitgevoer het. Die toets was geslaag volgens die agentskap. Hulle het vroeër dié maand aangekondig dat hulle hulle kernprogram wil hervat.

Die kommunistiese regime van Kim Jong Il het reeds in Oktober 2006 'n kerntoets uitgevoer. Die tweede toets is gedoen om "selfverdediging" te bevorder, het die agentskap berig.

Noord-Korea het enkele ure later volgens 'n Suid-Koreaanse berig 'n kortafstand missiel afgevuur. Die missiel het glo 'n reikwydte van 130km en is van die basis Moesoedan Ri aus gelanseer.

'n Woordvoerder van Suid-Korea Lee Myung Bak, het bevestig dat die noorde volgens alle aanduidings waarskynlik 'n kerntoets gedoen het. Die Suid-Koreaanse veiligheidsliggaam in die kabinet het intussen dringend 'n sitting belê.

Washington kon nie die nuus bevestig nie en het aangedui dat hulle kontak sal opneem met die aangewese verteenwoordigers. 'n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake wat anoniem wou bly, het gesê dat hulle meer inligting oor die beweerde kerntoets wil insamel.

Geoloë in die VSA, Japan en Korea het seismiese aktiwiteit geregistreer in Noord-Korea. Amerikaanse wetenskaplikes het 'n aardbewing wat 4,7 op die Richterskaal gemeet het, waargeneem in die noorde van die land. Japan se meteorologiese spesialiste probeer tans vasstel wat die oorsaak van die aardbewing kon gewees het.

Suid-Koreaanse seismoloë het 'n aardbewing van 4,5 in Kiljoe in die provinsie Hamjong geregistreer.

Die EU se kommissaris vir buitelandse aangeleenthede, Benita Ferrero-Waldner, wat tans op besoek aan Tailand is, het Maandag haar kommer uitgespreek. Indien dit wel waar is, het sy gesê, is "dit uiters kommerwekkend, en so 'n stap moet veroordeel word".

Na die eerste kerntoets in 2006 het die VSA sanksies teen Noord-Korea ingestel. Stephen Bosworth, die VSA se gesant in Noord-Korea, het die land destyds met "gevolge"gedreig indien hulle weer 'n toets onderneem.

online cluedo gameФильчаков Харьков

Suid-Korea treur oor ontslape leier

Sowat 35 000 Suid-Koreane het Sondag na die dorpie Bongha, 450 km van Seoel af, gestroom om eer te betoon aan die ontslape oudpres. Roh Moo-hyun nadat hy Saterdag selfmoord gepleeg het deur van ’n krans naby sy huis te spring.

In Sentraal-Seoel het treurendes ure tougestaan voor die 16de eeuse Deoksoe-paleis om wit blommekranse by ’n tydelike gedenkteken neer te lê, wierook te brand en voor portrette van die 62-jarige leier te buig.

Roh, wat armoede oorkom het om vanaf 2003 ’n volk van sowat 49 miljoen mense te lei, het ’n nota nagelaat waarin hy sy lyding weens korrupsie-aanklagte beskryf en versoek om veras te word.Hy het sy amp 15 maande gelede verlaat.

Roh en sy gesin is aan kruisverhoor onderwerp oor sowat $6 miljoen wat hulle ontvang het van ’n sakeman van Seoel wat met verskeie omkoopskandale verbind word.

Die staatsbegrafnis sal waarskynlik Vrydag ná sewe dae van rou plaasvind.

siteлобановский александр игоревич

Strategiese Duits-Russiese kernvennootskap

Image'n Duits-Russiese strategiese energievennootskap gaan die oprigting van 26 nuwe kernreaktors teen 2030 in Rusland moontlik maak. Die Duitse industriële reus Siemens is betrokke by die ooreenkoms, nadat Rusland en Frankryk se kernsamewerking aan 'n einde gekom het.

Rusland bekou kernkrag deesdae weer as 'n lewensvatbare opsie nadat die land 20 jaar lank onder die gevolge, psigies en ander, van Tsjernobil moes ly. Benewens die 26 nuwe reaktors in beplanning, wil die Russe ook 20 reaktors elders bou.

Russiese kerningenieurs is tans in Indië en Bulgarye waar hulle turbines en reaktordoppe oprig en daar is planne om dieselfde in China, die Midde-Ooste, Suidoos-Asië en Noord-Afrika te doen. Rusland beplan eweneens 'n reeks drywende kragsentrales wat seewater kan ontsout in verafgeleë plekke om die aardbol.

Die Russiese maatskappy Rosatom sal saamwerk met Siemens. Die voorsitter, Sergei Kiriyenko, een van Boris Jeltsin se staatmakers, het $4.6 miljard tot sy beskikking vir die oprigting van nuwe kernkragsentrales. Daar word beplan om ongeveer $47 miljard te investeer en die Russiese regring sal 40% bydrae.

Vladimir Poetin het aangekondig dat 25 tot 30% van Rusland se energie deur kernkrag voorsien sal word binne 20 jaar. Siemens en Rosatom glo daar sal 'n aanvraag vir ongeveer 400 reaktors wees teen 2030 wêreldwyd.

Die Russe hoop om deur Siemens die Latyns-Amerikaanse mark, 'n tradisionele Siemensmark, ook te betree. Rusland beskik oor meer as 40% van die wêreld se uraanverrykingskapasiteit.

Ingenieurs is tot dusver beïndruk met die tegnologie wat in die nuwe projekte aangewend sal word en beskryf dit selfs as uitstekend.

для автосервисалобановский александр жена