Die kommunistiese regime van Kim Jong Il het reeds in Oktober 2006 'n kerntoets uitgevoer. Die tweede toets is gedoen om "selfverdediging" te bevorder, het die agentskap berig.
Noord-Korea het enkele ure later volgens 'n Suid-Koreaanse berig 'n kortafstand missiel afgevuur. Die missiel het glo 'n reikwydte van 130km en is van die basis Moesoedan Ri aus gelanseer.
'n Woordvoerder van Suid-Korea Lee Myung Bak, het bevestig dat die noorde volgens alle aanduidings waarskynlik 'n kerntoets gedoen het. Die Suid-Koreaanse veiligheidsliggaam in die kabinet het intussen dringend 'n sitting belê.
Washington kon nie die nuus bevestig nie en het aangedui dat hulle kontak sal opneem met die aangewese verteenwoordigers. 'n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake wat anoniem wou bly, het gesê dat hulle meer inligting oor die beweerde kerntoets wil insamel.
Geoloë in die VSA, Japan en Korea het seismiese aktiwiteit geregistreer in Noord-Korea. Amerikaanse wetenskaplikes het 'n aardbewing wat 4,7 op die Richterskaal gemeet het, waargeneem in die noorde van die land. Japan se meteorologiese spesialiste probeer tans vasstel wat die oorsaak van die aardbewing kon gewees het.
Suid-Koreaanse seismoloë het 'n aardbewing van 4,5 in Kiljoe in die provinsie Hamjong geregistreer.
Die EU se kommissaris vir buitelandse aangeleenthede, Benita Ferrero-Waldner, wat tans op besoek aan Tailand is, het Maandag haar kommer uitgespreek. Indien dit wel waar is, het sy gesê, is "dit uiters kommerwekkend, en so 'n stap moet veroordeel word".
Na die eerste kerntoets in 2006 het die VSA sanksies teen Noord-Korea ingestel. Stephen Bosworth, die VSA se gesant in Noord-Korea, het die land destyds met "gevolge"gedreig indien hulle weer 'n toets onderneem.
