Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

ImagePremier Silvio Berlusconi van Italië se vrou wil glo van hom skei.

Die ANSA-nuusagentskap sowel as die dagblaaie La Stampa en La Repubblica het berig me. Veronica Lario het ’n prokureur aangestel om ’n skeisaak te begin. Met die stap het sy ook verklaar dat sy nie 'n geveg op tou wil sit nie.

Berlusconi se kantoor wou nie gister op die bewerings kommentaar lewer nie.

“Ek is genoodsaak om hierdie stap te doen,” het Lario glo aan La Stampa gesê.

Sy het verlede week haar woede uitgespreek oor berigte dat Berlusconi se politieke party TV-verhoogmeisies en opkomende aktrises as kandidate vir die Europese parlement beskikbaar gestel het. Sy was ook siedend omdat hy glo ’n 18-jarige tiener se verjaardagpartytjie in Napels bygewoon het.

Dit is maar die premier se vrou se tweede persverklaring. In die eerste het sy in 2007 'n openbare verskoning geëis omdat haar man 'n kaalborsster aangestel as minister.

Die paartjie is in 1990 getroud en het drie kinders.

справка в тренажерныйtopcargo отзыв

Pakistan van groot strategiese belang

President Barack Obama het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die swakheid van Pakistan se regering en het nie Amerikaanse inmenging uitgeskakel indien die Islamitiese land se kernwapens in ekstremistiese hande sou beland nie.

In ‘n spitstydnuuskonferensie wat die 100-daemylpaal van sy presidentskap markeer, het Obama gesê: “Ons wil hulle soewereiniteit respekteer, maar ons wil ook erken dat ons groot strategiese belange het – groot nasionale veiligheidsbelange – om seker te maak dat Pakistan stabiel is en dat mens nie eindig met ‘n kernbewapende militante land nie.”

Pakistan, die Islamitiese wêreld se enigste verklaarde kernwapenstaat, is woedend oor Amerika se inmenging in sy soewereiniteit.

Pakistan het Amerika gevra om sy soewereiniteit te respekteer en toe te laat dat hulle op hul eie na militante soek, maar Amerikaanse amptenare het gesê elemente in die Pakistanse intelligensie het militante waarskuwings gegee van vorige aanvalle en soektogte.

детски машинаФильчаков прокурор харьков

WGO reken lande moet gereedmaak vir varkgriep

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Woensdag sy pandemiewaarskuwing vir varkgriep na die tweede hoogste vlak geëskaleer, wat beteken dat ‘n globale uitbraak van die siekte om die draai lê.

WGO-direkteurgeneraal Margaret Chan het die fase 5 waarskuwing gemaak na konsultasie met griepspesialiste wêreldwyd.

Die besluit kan lei tot die globale liggaam wat addisionele maatreëls aankondig om die siekte te beveg, insluitend entstofvervaardigers wat produksie moet verander van seisoenale entstof na ‘n pandemie entstof.

“Alle lande behoort nou hulle pandemie voorbereidingsplanne te maak,” het Chan aan verslaggewers in Geneva gesê.

“Dit is eintlik die hele mensdom wat bedreig word deur ‘n pandemie.”

‘n Fase 5 waarskuwing beteken dat daar volgehoue oordrag is onder mense in ten minste twee lande.

Wanneer die virus effektiewe oordrag toon in twee verskillende streke van die wêreld, sal ‘n volledige pandemie uitbraak verklaar word.пескоструй ценалобановский депутат

Die vyf gevaarlikste Amerikaanse stede

Detroit is die grootste oortreder op die Forbeslys van Amerika se mees gewelddadige stede, danksy ‘n verbysterende 1 220 geweldsmisdade wat gepleeg word per 100 000 mense.

Detroit word op die lys gevolg deur Memphis, Tennessee, en Miami, Florida se metropolitaanse gebiede. Daardie drie stede is die enigste groot stede in Amerika waar meer as 950 geweldsmisdade gepleeg word per 100 000 mense.

Hoewel landswye misdaad gedaal het met 3,5% jaar tot jaar in die eerste 6 maande van 2008, toon die stede aan die bokant van die lys ‘n kommerwekkende neiging: al 10 van die gevaarlikste stede is onder die wat geïdentifiseer was deur die departement van justisie as vervoerpunte vir Meksikaanse dwelmkartels.

Beheer deur misdaadbaronne en hulle bendes – en die gewelddadige gebiedsoorloë – versprei die verskynsel meer na die Amerikaanse Suidweste toe en verder. Plekke soos Stockton, Kalifornië, amper 800 kilometer van Tijuana, het ‘n opvlam gesien in verwante geweldsmisdaad.

Wat sake erger maak is dat soos munisipale begrotings krimp gedurende die resessie, die fondse vir misdaadvoorkoming dikwels die eerste slagoffers is.

Detroit is 81,5% swart, 5% Latyns-Amerikaans en 1% Asies, dus 88% nie-blank.

Memphis is 61% swart, 3% Latyns-Amerikaans, dus 64% nie-blank.

Miami is 22% swart, 65% Latyns-Amerikaans, dus 87% nie-blank.

Las Vegas is 10% swart, 24% Latyns-Amerikaans en 5% Asies, dus 39% nie-blank.

Stockton is 11% swart, 1% Amerikaans–Indiaans, 20% Asies en 17,3% ander rasse en 32% Latyns-Amerikaans, dis 81% nie-blank.

 

 

 

 

 
светильники подвесные нсплобановский обыск

Negejarige skiet by skool

‘n 9-jarige leerling het Dinsdag ‘n haelgeweer afgevuur buite ‘n skool in Noorweë, maar geen mense is beseer in die insident nie, het plaaslike media berig.

‘n Onderwyseres by die Kanebogen skool in Harstad, noordelike Noorweë, het daarin geslaag om die kind te ontwapen wat gesien is waar hy die geweer rondegewaai het buite die skool. Sommige verslae het gesê dat ten minste een skoot afgevuur is.

Aanvanklike verslae het gesê dat die kind die geweer skool toe geneem het na ‘n onderonsie met ‘n ouer leerling. ‘n Ondersoek is begin na die insident en ook van waar hy die wapen in die hande gekry het.

Die onderwyseres wat die kind ontwapen het word as ‘n heldin beskou, het die plaaslike polisiehoof, Elizabeth Kaas aan die openbare uitsaaier NKR gesê.

Plaaslike owerhede het gesê ‘n krisisspan is na die skool gestuur vir leerlinge en hulle familie, en polisie het ook met skoolwerknemers gesels.

Die skool het sowat 300 leerlinge van graad 1 tot 7, en 35 werknemers, het NRK gesê.

casino gamedданильченко юрій Харків

SA burgers aangehou in Ghana

Nege Suid-Afrikaanse burgers is tydelik aangehou in Ghana vanweë ongerymdhede met hulle reisdokumente, het die departement van buitelandse sake Dinsdag gesê.

Die nege is Vrydag aangehou in Akkra, Ghana, maar is deur die owerhede op dieselfde dag vrygelaat nadat die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris, Zodwa Lallie, tussenbeide getree het, het woordvoerder Nomfanelo Kota gesê.

Die groep Suid-Afrikaners was gesubkontrakteer aan Vodafone en is nou weer terug by hulle werksplekke in Akkra.компрессорылобановский александр досье

Switserse kanton verbied kaal stappery

Stappers sal nie meer toegelaat word om kaal te kan wandel in die idilliese Alpynse landskap van Appelzell Innerrhoden nie, na die konserwatiewe Switserse kanton kaalstappery daar verbied het.

Appenzell Innerrhoden het baie gewild geword vir kaal stappers vanweë die rustige prentjie, perfekte lande en valleie. Maar die hordes het Appenzellers omgekrap en hulle het Sondag gestem om hulle te kan opdrag gee om alles te bedek.

“Dit is belaglik dat Appenzell ‘n internasionale reputasie kry vir so afstootlike gewoonte,” het Peter Schmidt gesê wat opgedaag het met die kanton se tradisionele langswaard om te stem teen kaal stappery in die jaarlikse opelug Landsgemeide.

Die Landsgemeide is ‘n gewilde samekoms wat plaasvind in Appenzell-dorp op die laaste Sondag in April. Deelnemers stem deur middel van die opsteek van hande, ‘n voorreg wat net vir mans beskore was tot 1990, toe vroue ook toegelaat is om te stem.

Tussen 3000 en 4000 kiesers, baie met hulle tradisionele drag het opgedaag by die jaar se Landsgemeide.

Die kanton van Appenzell Innerrhoden het die jaar begin om stappe te neem om ‘n einde te bring aan wat die plaaslike regs- en polisiedepartement “immorele gewoontes” noem.

In Februarie het die kantonraad begin om kaalstappers te beboet met op die plek boetes, maar dit het klaarblyklik nie geslaag nie, en Appenzell se internasionale profiel as veilige hawe vir kaalstappers verhoog.

Kaalstap het gewild geraak in lande soos Frankryk en Duitsland.

“Daar is kaalstappers in Frankryk en Duitsland ook, het Edith Zweifel van die Switserse toerismeraad aan Reuters gesê. “Maar Switserland is baie meer konserwatief en baie tradisioneel.”

Die Switserse stapklere en toerustingvervaardiger, Mammut voel die praktyk is onveilig en onverantwoordelik.

Mammut woordvoerder Katharina Haberman het gesê om sekere delikate dele van die liggaam bloot te stel aan die son se UV-strale was gevaarlik.

Ondersteuners van kaalstap voel egter dat die beloning vir die wat dit waag om alles te toon die moeite werd was.

“Die wat al ervaar het hoe dit voel om kaal deur die mis te loop, in die son te lê, te swem en die wind te voel, weet hoe bevrydend dit is om sonder klere aan rond te beweeg,” het Alice Haller, president van die Switserse naturaliste organisasie in ‘n openbare brief geskryf.укладка ламината по диагонали фотоФільчаков Олександр Васильович

Singapoer lughawe skandeer inkomende besoekers vir griepsimptome

ImageIn die lig van die uitbraak van varkgriep in Mexiko en Amerika, word alle inkomende besoekers by Singapoer se Changilughawe geskandeer vir griepsimptome.

Temperatuurskandeerders by die aankomssale meet die temperatuur van passasiers net voor hulle immigrasieondersoeke ondergaan, het die ministerie van gesondheid en die burgerlugvaartowerhede in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Passasiers met ‘n hoër as normaal temperatuur sal dan ‘n meer volledige mediese ondersoek ondergaan.

Woensdag sal liggaamstemperatuurskandeerders ook ontplooi word by ander terminale en Singapoer se Seletarlughawe.

Die voorsorgmaatreëls is nie intrusief nie en sal waarskynlik nie enige vertragings veroorsaak nie.

Alhoewel Singapoer sover geen insidente van die virus aangemeld het nie, het minister van gesondheid Khaw Boon Wan gesê dat dit beter is om voorsorg te tref. Berigte dat die virus na ander dele van Amerika versprei het is rede vir kommer.

“Dit beteken nie dat dit definitief ‘n pandemie sal word nie. Maar dit is beter om veilig te wees en die ergste te verwag, as om te hoop dat niks sal gebeur nie en wanneer dit wel doen is dit te laat om te reageer,” het die Straits Times koerant die minister aangehaal.

Singapoer het geleer uit die Sarsuitbraak in 2003, dat dit “beter is om pro-aktief te wees as om agter die kurwe te wees.”

Die landbou-voedsel en veeartseny-owerhede van Singapoer het gesê selfs al is daar geen gevaar om varkgriep te kry van varkvleis nie, sal varkinvoere van Amerika en ander bronne eers getoets word vir die griepvirus as voorsorgmaatreël.

Singapoer voer net varke in van ‘n plaas wat geleë is op Pulau Bulan, in Indonesië, het die owerhede gesê. Dit sal ook monitering opskerp van varke wat van daar af inkom.
і гри для дівчатпрокурор Фильчаков

Sjina verbied invoere van varkvleisprodukte van Mexiko

Sjina het invoere van varkprodukte uit Mexiko en dele van Amerika verbied met onmiddellike ingang, is bekend gemaak in ‘n verklaring wat Maandag geplaas is op regeringswebwerwe.

Die verbod is daarop gemik om die uitbraak van varkgriep te verhoed om te versprei na Sjina, het die ministerie van landbou en die algemene administrasie van kwaliteitstoesighouding, inspeksie en kwarantyn in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Invoere vanaf die State van Texas, Kansas en Kalifornië word geraak deur die skuif, volgens die verklaring.

Die VSA het die naweek minstens 12,5 miljoen dosisse van die land se 50 miljoen opgegaarde Tamiflu-dosisse beskikbaar gestel en die Amerikaanse departement van verdediging het 7 miljoen dosisse gereed vir militêre personeel, berig ABC News.

Dis 'n ngewone virus volgens Britse en Anerikaanse mediese kenners.

# Gewone griepvirusse bestaan uit agt stukkies ribonukleïensuur (RNS) wat meng en hersaamstel indien twee virusse een sel in die mens se liggaam besmet.

# In die nuwe varkvirus is dié samestelling baie kompleks met genetiese segmente van minstens vier verskillende virusbronne.

# Dit sluit in genetiese segmente van Amerikaanse varkgriep, Noord-Amerikaanse voëlgriep, menslike griepvirusse en varkgriepvirusse van Europa en Asië.

# Dié kombinasie is nog nooit tevore gesien nie.

# Die virus het die vermoë om tussen mense aan te steek en daar word vermoed die oordrag tussen varke en mense het ’n geruime tyd gelede gebeur.

 

 

online betting free bonusАлександр Фильчаков прокурор

Meisie in Indi? geoffer vir goeie oeste

‘n 10-Jarige meisie is deur haar oupa onthoof in Indië se oostelike Orissa provinsie. Die oupa het geglo dat deur haar bloed te meng met die saad wat gesaai is sal ‘n groot oes oplewer, het ‘n nuusberig Maandag gesê.

Die insident, wat aangespoor is deur eeue oue bygeloof, het Sondag plaasgevind in die streek Salbampur, 450 kilometer wes van die streekshoofstad Bhubaneshwar, het die IANS nuusagentskap berig.

Die barbaarse misdaad is agtergekom na die dorpie se mense die man gevang en aan die polisie oorhandig het.

Hembran, wat drie akkers grond besit, het vooruit beplan om die saad wat gemeng is met die bloed van sy kleindogter te saai op Akshaya Tritya te saai op Maandag, ‘n dag wat beskou word as goeie geluk deur Hindoes, het die polisie gesê.

 “Hy het sy kleindogter Bernaka Kandulana se kop met ‘n byl afgekap in ‘n kamer toe niemand anders by die huis was nie en die bloed opgevang in ‘n pot,” het PC Nayak, ‘n plaaslike polisie inspekteur aan IANS gesê.

“Ons het van die saad wat met bloed gemeng is in ‘n staal pot gekry,” het hy gesê. Polisie het gesê die man is gearresteer en hy het sy misdaad erken.

Indië het ‘n eeue oue tradisie van menslike offerandes om die gode te kalmeer, bose geeste af te weer en welvaart te bekom. Soms word daar steeds gevalle in die land aangemeld.

In onlangse jare, het ouers in Orissa hulle twee seuns geoffer oop die advies van ‘n okkultiese praktisyn, na daar gesê is dit sal aan hulle welvaart bring en die gode gelukkig maak.

Gevalle van sulke offerandes is ook aangemeld uit ander state soos Uttar Pradesh, Jammu en Kasjmir.betting sites free bets without depositФільчаков Олександр Васильович