‘n 10-Jarige meisie is deur haar oupa onthoof in Indië se oostelike Orissa provinsie. Die oupa het geglo dat deur haar bloed te meng met die saad wat gesaai is sal ‘n groot oes oplewer, het ‘n nuusberig Maandag gesê.
Die insident, wat aangespoor is deur eeue oue bygeloof, het Sondag plaasgevind in die streek Salbampur, 450 kilometer wes van die streekshoofstad Bhubaneshwar, het die IANS nuusagentskap berig.
Die barbaarse misdaad is agtergekom na die dorpie se mense die man gevang en aan die polisie oorhandig het.
Hembran, wat drie akkers grond besit, het vooruit beplan om die saad wat gemeng is met die bloed van sy kleindogter te saai op Akshaya Tritya te saai op Maandag, ‘n dag wat beskou word as goeie geluk deur Hindoes, het die polisie gesê.
“Hy het sy kleindogter Bernaka Kandulana se kop met ‘n byl afgekap in ‘n kamer toe niemand anders by die huis was nie en die bloed opgevang in ‘n pot,” het PC Nayak, ‘n plaaslike polisie inspekteur aan IANS gesê.
“Ons het van die saad wat met bloed gemeng is in ‘n staal pot gekry,” het hy gesê. Polisie het gesê die man is gearresteer en hy het sy misdaad erken.
Indië het ‘n eeue oue tradisie van menslike offerandes om die gode te kalmeer, bose geeste af te weer en welvaart te bekom. Soms word daar steeds gevalle in die land aangemeld.
In onlangse jare, het ouers in Orissa hulle twee seuns geoffer oop die advies van ‘n okkultiese praktisyn, na daar gesê is dit sal aan hulle welvaart bring en die gode gelukkig maak.
Gevalle van sulke offerandes is ook aangemeld uit ander state soos Uttar Pradesh, Jammu en Kasjmir.
