‘n 23-Jarige man is dood aan veelvoudige steekwonde in Pietermaritzburg, het polisie Maandag gesê.
Senior superintendent Henry Budhram het gesê Sibongile Nene was Sondag saam met drie vriende by ‘n taverne in Ravenstraat toe hy hulle ingelig het dat hy gesteek is.
“Sy vriende het met hom hospitaal toe gejaag in ‘n metertaxi, waar hy met aankoms dood gesertifiseer is.”
Budhram het gesê hy het veelvuldige steekwonde aan sy bolyf gehad.
Geen arrestasies is sover gemaak nie.
