Daar was Maandag nog geen verslae van varkgriep in SA nie terwyl lande regdeur die wêreld na bewering in paniek status is oor die epidemie, het die Sa nasionale instituut vir oordraagbare siektes gesê.
“Nee, ons het nog geen verslae ontvang van varkgriep nie, maar ons moet wakker wees,” het dr. Lucille Blumberg gesê.
Die nasionale departement van gesondheid se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Die varkgriep uitbraak het volgens berigte Saterdag in Mexiko begin.
Sterftes as gevolg van die epidemie in Mexiko het na bewering Maandag op 103 gestaan en Amerika het ‘n nasionale openbare gesondheidnoodtoestand afgekondig.
Die meeste lande het na bewering die grense dopgehou en toets inkomende vliegtuie vir die griep.
