Zim staar nuwe cholera-uitbraak in die gesig

Cholera gaan in alle waarskynlikheid weer in Zimbabwe uitbreek, nadat 4 200 mense die afgelope jaar daaraan oorlede is, het die VN Woensdag gewaarsku. Net die helfte van die hulp wat nodig is om dit te keer is nog ingesamel, het amptenare aan die media gesê.

Die VN het in Junie vir $718 miljoen se hulpgeld gevra. Zimbabwe se gesondheidsministerie het die epidemie verlede maand tot 'n einde verklaar, maar die VN sê die land se impoderende infrastruktuur maak nog 'n uitbraak onvermydelik. Bykans 100 000 mense het verlede jaar aangesteek.

Slegs 44 persent van die geld is teen die einde van Julie ontvang

Peter Salama, die UNICEF-hoof in Zimbabwe, sê die reënseisoen wat in November begin gaan weer 'n probleem veroorsaak. Die infrastruktuur word nie verbeter nie, sê hy.

Die siekte, alhoewel dodelik, kan maklik beheer word deur behoorlike sanitasie en skoon drinkwater

Sesmiljoen mense het min of geen toegang tot skoon water en sanitasie nie. Sowat 2,8 miljoen mense benodig voedselhulp, terwyl 1,5 miljoen kinders ondersteuning vra vir onderwys.

детский инет магазинФильчаков прокурор отзывы

‘Matrieks slagoffers van wanadministrasie’

AfriForum Jeug het Donderdag, namens die matrikulante van die 2008-matriekgroep ʼn klag by die Menseregtekommissie (MRK) teen die departement van Basiese Onderwys ingedien.

Die matrikulante voel dat hulle regte op gelykheid, inligting en billike administrasie geskend word deur die feit dat die departement tot op hede nog geen matrieksertifikate vir die matriekgroep van 2008 uitgereik het nie, ten spyte van die feit dat tersiêre instansies en werkgewers daarop aandring.

AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst Roets, het gesê dat dit ’n baie sensitiewe saak vir die matrikulante is, veral in die lig van die geweldige probleme wat daar met die bekendmaking van die 2008-matriekuitslae was. “Die huidige matriekgroep is al besig met voorbereiding vir die eksamen, maar die 2008-groep se sertifikate is nog nie eens uitgereik nie,” het Roets gesê.

“Vanjaar moes sommige matrikulante byna ses maande wag vir hulle matriekuitslae om uitgereik te word, net om te hoor dat hulle sertifikate ook nie binne ʼn aanvaarbare tyd uitgereik sal word nie.”

In die klag wat by die MRK ingedien is, het die matrikulante benadruk dat hulle niks verkeerd gedoen het nie en dat hulle die slagoffers van die departement se wanadministrasie geword het. Die MRK word versoek om ondersoek in te stel en aan te dui watter remedies tot die matrikulante se beskikking is.

Roets het ook aangedui dat AfriForum Jeug beplan om met die departement hieroor in verbinding te tree. “Ons wil ook bevestig of enige stappe geïmplementeer is om te verseker dat vanjaar se matriekgroep hulle uitslae betyds sal ontvang en nie ook die slagoffers van wanadministrasie sal wees nie.”

трековые светильники производителилобановский класс харьков

Swart polisiemanne probeer Afrikanermotoris beroof

Image

Howard Yawa, LUR vir veiligheid in Noordwes

Twee swart polisiemanne van Brits is aangekla van moord, diefstal en motorkaping nadat hulle na bewering 'n Afrikaner van Brits probeer dwing het om 'n "kontantboete" te betaal.

Christiaan Wynand Rudolf Nel is Maandoggend om 3.00 vm. deur die twee swart polisiemanne van die pad af getrek in 'n polisievoertuig, kwansuis omdat hy 'n rooi verkeerslig in die hoofstraat van Brits geïgnoreer het, het 'n woordvoerder van die Noordwespolisie, superintendent Junior Metsi, gister gesê.

"'n Rusie het gevolg oor 'n beweerde spoedoortreding en die twee polisiemanne het 'n afkoopboete van R2000 uitgeskryf."

Nel het sy vriendin gebel en het gereël om haar by 'n nabygeleë vulstasie te ontmoet waar die geld getrek sou word.

"Die meisie het haar vader om hulp gevra, wat 'n veiligheidsmaatskappy se hulp ingeroep het. Die geld is getrek en aan Nel gegee, waarop die polisiemanne en Nel weggery het, met een van die polisielede wat Nel se voertuig bestuur."

Die veiligheidsmaatskappy se motor het hulle egter agtervolg tot by 'n plek waar Nel R1000 aan die polisie oorhandig het.

"Dit lyk asof een van die swart polisiemanne van die veiligheidsmaatskappy se waarneming bewus geraak het, paniekerig geraak het en weggejaag het. Nel het in die rigting van die veiligheidswagte gehardloop en verskeie skote is afgevuur. Die tweede polisieman het in Nel se motor weggejaag."

Die motor is later Maandag in Brits gevind waar dit agtergelaat is.

'n Straf- en interne ondersoek is aan die gang en die saak is nou na 'n senior aanklaer verwys wat sal besluit hoe daar voortgegaan sal word.

"Niemand is bokant die wet nie en die Noordwespolisie sal alles in sy vermoë doen om korrupsie binne en buite die polisiediens uit te roei. Ons sal nie huiwer om selfs van ons eie lede in hegtenis te neem indien hulle misdaad pleeg nie," het Metsi gesê.

Die LUR vir openbare veiligheid van die provinsie, Howard Yawa, het gesê hy beskou die bewerings in 'n ernstige lig en het beveel dat die interne ondersoek binne die volgende 14 dae afgehandel moet word.

"Daar is geen plek vir korrupte elemente wat die integriteit van die polisie in die gedrang bring nie," het hy in 'n verklaring gesê.

"Die ondersoek sal moet vasstel waarom die motoris in hegtenis geneem is, indien hy inderdaad 'n verkeersoortreding begaan het en ook nie 'n bestuurslisensie kon toon nie, waarom die beweerde finansiële transaksies tussen die motoris en genoemde polisieman moes plaasvind en wat na die beweerde skietery, vlug van die polisieman vanaf die toneel en die uiteindelike agterlaat van sy motor gelei het."

topлобановский александр

Honderde vervals mediese kwalifikasies

Daar is honderde mediese praktisyns in Suid-Afrika wat hul kwalifikasies vervals, sê Professor Denise White, Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Assossiasie (SAMA).

Dit wissel van mense met min of geen opleiding nie wat hul as kinderspesialiste en neuroloë voordoen, tot praktisyns wat onwettige aborsies uitvoer onder die mees onhigiëniese toestande denkbaar.

"Ons is al 'n geruime tyd daarvan bewus dat ons bitter min daaraan kan doen want aaangesien hulle nie lede van SAMA is nie kan ons nie teen hul optree nie. Al wat ons kan doen is om die publiek van hierdie bedrywighede bewus te maak sodat hulle die praktisyns se kwalifikasies en registrasie kan nagaan. "

Die gesondheidsraad van SA is bekommerd oor die vloed van advertensies deur mense wat sê hulle is dokters en deskundiges in die beëindiging van swangerskappe en vra mense om sulke praktyke te vermy.

"Slegs gekwalifiseerde mediese personeel mag swangerskappe beëindig".

"Lede van die publiek word aangemoedig om 012 338 9301 te skakel om uit te vind of hul praktisyn geregistreer is."

 Sulke praktisyns behoort by die polisie aangemeld te word. Om te praktiseer sonder registrasie by 'n relevante owerheid is 'n misdaad.

 Ina van der Merwe, van die Kroll maatskappy wat agtergrondondersoeke na kwalifikasies doen, sê daar is 'n toename in mense wat kwalifikasies vervals.

 "Die mediese professie het 'n gunsteling onder hierdie bedrieërs geword weens die potensiaal om heelwat geld te maak."

 Sy sê dat tussen 15% en 18% van kwalifikasies deesdae vervals word.

книги диснеяАлександр Фильчаков

Tshwane diep in die skuld

Luidens ’n verklaring skuld die Tshwane-metroraad byna R500 miljoen aan Eskom en sowat R65 miljoen aan Rand Water. Hulle het gister bevestig dat hulle by Eskom en Rand Water moes reël om die agterstallige rekening af te betaal.

Die Madibeng- en Moretele-munisipaliteite skuld Tshwane saam sowat R150 miljoen, maar die inwoners se krag- en watertoevoer sal nie afgesny word nie.

Die krisis kom nadat gerugte reeds die rondte begin doen het dat die raad geldelik in die moeilikheid is. In Mei hierdie jaar het inwoners 'n dubbele rekening vir eiendomsbelasting en vullisverwydering ontvang om glo die raad se kontantvloei te verbeter.

Die internasionale graderingagentskap Moody’s het intussen Tshwane se kredietgradering na 'negatief' afgeskuif.

play slots forлобановский обыск

Die Zammas

Min mense, binne en buite Suid-Afrika, het al van hulle gehoor. Nie eers die plaaslike mense weet van hulle nie. Hulle word die Mafia en die Zammas genoem.

Die Zammas is onwettige mynwerkers, en die Mafia is die wrede slawehandelaars wat die Zammas gebruik (lees: misbruik) om hul vuilwerk te doen. Dié praktyk is eers in 1999 ontdek, maar bestaan waarskynlik reeds sedert 1994, toe die blankes op groot skaal uit die mynbou onttrek het, en swartes beheer begin oorneem het.

Groot geld word gemaak, maar ook groot misdaad word daagliks daar diep onder die grond gepleeg. Dit wemel van die onwettige mynwerkers in Suid-Afrikaanse myne. Dié mense kom van orals, maar aanvanklik was die meeste onwettige myners mense uit Zambië en Mozambiek. Die meeste van hulle het nog nooit voorheen in ‘n myn gewerk nie, en is geheel en al onopgeleid en onkundig. Vele is kinders – weeskinders – wie se ouers aan HIV/Vigs gesterf het. Die Mafia-base is skatryk en geweldig magtig.

Na beraming woon daar duisende onwettige mynwerkers in ons myne. Ten spyte daarvan dat die strengste veiligheidsmaatreëls by die meeste mynskagte toegepas word om onwettige myners bo-gronds te hou, kry dié mense dit steeds reg om ongesiens na onder te gaan.

Die Vrystaatse Goudveld, wat dorpe soos Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Allanridge en Theunissen insluit, het verskeie mynskagte wat ondergronds met mekaar verbind is. Elke keer wanneer ‘n sekere skag sy reëls opskerp, is daar onwettige toegang by ander skagte, waarvan sommiges reeds gesluit en in onbruik is. Daar was onlangs ‘n ontploffing ondergronds wat deur metaangas veroorsaak is. Honderde onwettige mynwerkers is in dié ontploffing dood. Dit het daartoe gelei dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel is, en is daar ontdek dat daar ‘n hele gemeenskap is wat tot 6 maande lank ondergronds leef sonder om ooit na bo te kom. Daar is onwettige supermarkte waar kliënte feitlik enigiets kan koop, en daar is op die koop toe ‘n reuse seksslawehandel aan die gang.

Minderjarige kinders (seuns en meisies) word daarheen ontvoer en gedwing om seks met volwassenes te hê.

Niemand durf ‘n woord sê nie, want teregstellings word sommer daar en dan deur die Mafia-base ondergronds uitgevoer. En, daar is min wat die Suid-Afrikaanse regering daaraan kan doen, want die Mafia regeer Suid-Afrika se myne. Honderde onwettige myners is al in strafhowe skuldig bevind en gevonnis, maar dit is net die punt van die ysberg. Die meeste van hulle is weeskinders wat ontvoer is en gedwing word om onwettig ondergronds te gaan.

водяные насосные станциилобановский александр дочь

Metrorail staak vir die tweede dag

Image

Pieter Greyling

'n Staking deur treindrywers van Metrorail duur vandag vir die tweede dag voort terwyl vakbondlede beklemtoon dat die arbeidsoptrede 'n "geweldige uitwerking" op dienste gehad het.

"Die diens wat Metrorail tans aanbied is 'n openbarevakansiedag- of Sondagdiens. Dit het 'n geweldige uitwerking want die meeste van hul treindrywers staak," het die woordvoerder vir die Verenigde vervoer en verwante vakbond (VVVV), Pieter Greyling, gesê.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het gister gesê dat Metrorail se treindiens vir die oggend op 80 persent van die normale diens staan.

Maar Greyling het dié aanspraak verwerp.

"Dis suiwer propaganda," meen hy.

Die VVVV verteenwoordig tussen 2500 en 2800 Metrorail-werkers, waaronder treindrywers en die meeste van die administratiewe personeel soos kaartjieverkopers.

Die hoofgeskilpunt in loononderhandelings met Metrorail is 'n voorgestelde nuwe beperking op die aantal oortydure wat werkers kon eis, het Greyling gesê.

"Dit gaan beteken dat ons mense tussen R4000 en R6000 minder per maand gaan verdien. Hierdie mense werk al jare lank oortyd en nou wil die maatskappy dit begin beperk."

Die VVVV se mede-vakbond, die SA Vervoer en verwante vakbond (SAVVV), neem nie aan die staking deel nie.

вино барбарескоФильчаков Харьков

Herverspreiding van grond moet weer bedink word, s? Zuma

Die huidige stelsel van gewillige koper/verkoper werk nie, sê pres. Jacob Zuma, en 'n “meer pragmatiese formule” vir die herverspreiding van grond is nodig. Zuma het Maandag op Giyani in Limpopo, die regering se omvattende landelike ontwikkelingsplan bekend gestel.

Hy meen ook dit is belangrik dat die nuwe formule nasionale versoening in ag neem. Die president het voorts gesê die landelike ontwikkelingsplan moet armoede, hongersnood, werkloosheid en die gebrek aan ontwikkeling aanspreek.

Maar die belangrikste doelwit is om landbouproduksie te stimuleer om voedselsekerheid te verseker. Dus moet opkomende boere toegang hê tot lenings en ondersteuningsdienste van gehalte.

Die fokus sal wees om gemeenskappe aan te moedig om hul eie kos aan te plant. Maatreëls sal ook in plek gestel word om arm huishoudings toegang te gee tot basiese kossoorte teen bekostigbare pryse.

“Deur al die belanghebbende groepe in die landbousektor te betrek, sal die regering ondersoek moet instel na goedkoper wyses waarop grond bekom kan word,” het hy gesê.

Die regering het oor die mediumtermyn reeds R2,6 miljard aan provinsiale regerings beloof. Dit sal vir die verbetering van die landbou-infrastruktuur, opleidings- en adviesdienste, bemarking en die opgradering van landboukolleges gaan.

10 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

Chiluba onskuldig op alle aanklagte

Frederick Chiluba, voormaliger president van Zambië, is gister onskuldig bevind op alle aanklagte van korrupsie. Die uitslag word as ’n toetsbeslissing teen ’n oud-Afrika-staatshoof beskou.

Westerse lande loof Zambië gereeld vir sy stryd teen korrupsie en waarnemers glo die beslissing skaad die land se reputasie.

Twee sakelui wat saam met Chiluba aangekla is, is skuldig bevind op aanklagte van diefstal en die onwettige besit van staatsgeld en vir drie jaar elk tronk toe gestuur. Landdros Jones Chinyama het gesê die staat het nie genoegsame bewys kon lewer vir hulle saak teen Chiluba nie.

Chiluba, wat as staatshoof gedien het tussen 1991 en 2002, is daarvan beskuldig dat hy staatsgeld van byna R4 miljoen gesteel het. In 2007 het ’n Britse regter Chiluba beveel om R460 miljoen aan die Zambiese tesourie terug te betaal om die land te kompenseer vir geld wat hy glo tydens sy ampstermyn gesteel het.

трековые светильники производителиДанильченко Юрий Харьков

Zuma se gewildheid groei

Dit blyk uit ’n peiling van Ipsos Markinor wat in April onder 3 340 mense gedoen is dat president Zuma die gewildste van alle huidige Suid-Afrikaanse politieke leiers is.

Dit lyk ook boonop of sy gewildheid toeneem.

Byna drie uit elke tien Suid-Afrikaners, of 28%, was heeltemal ten gunste van die huidige president. Toe hy in Desember 2007 as ANC-leier verkies is, het dié syfer op 17% gestaan.

Zuma het veral steun onder swartes en ANC-kiesers, maar onder DA-ondersteuners, baie min met slegs 1,8% wat hom voor sy inhuldiging gesteun het.

Onder vroue is nie president nie baie gewild nie.

Sowat ses uit elke tien ANC-ondersteuners meen die ANC handel in die belang van alle Suid-Afrikaners.

Kommer oor die bekostigbaarheid van basiese dienste is nietemin hoog. Sowat 57% het aangedui dat onderwys baie duur of te duur is, 61% voel behuising is buite bereik en 58% kla oor die koste van elektrisiteit.

паркет купить ценалобановский депутат