Zim staar nuwe cholera-uitbraak in die gesig

Cholera gaan in alle waarskynlikheid weer in Zimbabwe uitbreek, nadat 4 200 mense die afgelope jaar daaraan oorlede is, het die VN Woensdag gewaarsku. Net die helfte van die hulp wat nodig is om dit te keer is nog ingesamel, het amptenare aan die media gesê.

Die VN het in Junie vir $718 miljoen se hulpgeld gevra. Zimbabwe se gesondheidsministerie het die epidemie verlede maand tot 'n einde verklaar, maar die VN sê die land se impoderende infrastruktuur maak nog 'n uitbraak onvermydelik. Bykans 100 000 mense het verlede jaar aangesteek.

Slegs 44 persent van die geld is teen die einde van Julie ontvang

Peter Salama, die UNICEF-hoof in Zimbabwe, sê die reënseisoen wat in November begin gaan weer 'n probleem veroorsaak. Die infrastruktuur word nie verbeter nie, sê hy.

Die siekte, alhoewel dodelik, kan maklik beheer word deur behoorlike sanitasie en skoon drinkwater

Sesmiljoen mense het min of geen toegang tot skoon water en sanitasie nie. Sowat 2,8 miljoen mense benodig voedselhulp, terwyl 1,5 miljoen kinders ondersteuning vra vir onderwys.

детский инет магазинФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae