‘Wreedheid’ in polisie neem glo toe

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê gevalle van polisie-wreedheid het in die laaste tien jaar met meer as 300% toegeneem, met slegs een persent van gevalle waar oortreders skuldig bevind is. Die syfer is bekend gemaak op die vierder jaarlikse konferensie oor nasionale en internasionale perspektief oor die vermindering van misdaad en strafregterlike geregtigheid in Johannesburg.

Lees verder: ‘Wreedheid’ in polisie neem glo toe

Regering wil skaliegas-ontginning goedkeur

Die regering kan skaliegas-ontginning voor aanstaande jaar se verkiesing goedkeur. Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies sê skaliegas kan ‘n noodsaaklike deel van Suid Afrika se soeke na energie-sekerheid wees. Op ‘n vraag oor die sterk weerstand teen hidrobreking in die Karoo het Davies gesê die regering sal ontginning op ‘n omgewings- én

Lees verder: Regering wil skaliegas-ontginning goedkeur

Watter velsorgproduk gaan SA red?

Terwyl die DA se Jeugvleuel onwelvoeglike plakkate in Suid-Afrika opsit om rasvermenging aan te moedig, is Indië se obsessie met ‘n ligte vel goed bekend en deeglik gedokumenteer. In 1978, het Unilever ‘n velbleikmiddel op die rak gesit, Fair&Lovely, en sedertdien het talle bleikrome gevolg. Van velreiniging, stortseep en selfs vaginale spoelmiddels wat aanspraak daarop

Lees verder: Watter velsorgproduk gaan SA red?

‘Aanvallers praat nie, skiet net’

“Hulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.” Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis

Lees verder: ‘Aanvallers praat nie, skiet net’

Polisievoertuig land op sy dak

Ses verdagtes in polisieaanhouding is beseer toe hulle na hulle hofverskyning na die Kagiso-polisiestasie onderweg was. Ses verdagtes in polisieaanhouding en twee polisiebeamptes dié week beseer toe die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie gebots het en op sy dak beland het. Dié ongeluk het omstreeks 3.30nm op die hoek van Hoofrif- en

Lees verder: Polisievoertuig land op sy dak

Vrou ry oor aanvaller

‘n Vroulike motoris het na bewering oor ‘n man gery wat haar kant-venster in Benoni gebreek het, en hom in ‘n koma gelaat. The Star berig dat die voorval om 07:30 Dinsdag in Northmead, Benoni plaasgevind het. Konst. Timothy Masilela het aan die koerant gesê dat die vrou, wat bestuur het, gestop het by ‘n kruising.

Lees verder: Vrou ry oor aanvaller

SR-verkiesing: Daso en Sasco in messtekery

Beeld berig dat ‘n messtekery tussen lede van die DA-studenteorganisasie (Daso) en lede van Sasco uitgebreek het ná afloop van die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) se SR-verkiesing. Die geweld het op Polokwane-kampus uitgebreek omdat Mmusi Maimane, DA-premierskandidaat in Gauteng, die verkiesingsuitslag op die Soshanguve-kampus bevraagteken het. Sekere studente moes weens tegniese probleme by ‘n ander

Lees verder: SR-verkiesing: Daso en Sasco in messtekery

Soesji-koning bedank uit EFF-bestuur

Die Soesji-koning en pornobaas Kenny Kunene se politieke loopbaan was van korte duur. Die sakeman het bedank uit Julius Malema se nuwe Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). Mbuyiseni Ndlozi, ’n woordvoerder, het aan Sapa gesê Kunene het gevra om onthef te word van sy leiersverantwoordelikhede. Kunene is op 12 Julie deur Malema as lid van die EFF

Lees verder: Soesji-koning bedank uit EFF-bestuur

Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

President Jacob Zuma sal nie teenwoordig wees by Robert Mugabe se inhuldiging nie. Adjunkpresident, Kgalema Motlanthe verteenwoordig Suid-Afrika vandag by die plegtigheid in Zimbabwe. Hy word van die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane vergesel. Bykans 40 huidige en voormalige staatshoofde, onder wie Thabo Mbeki en Kenneth Kaunda sal die inhuldiging bywoon. Die leier van

Lees verder: Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

Agang se uitdaging: Zuma reageer

President Jacob Zuma het gereageer op Agang-leier Mamphela Ramphele se oproep om hom sy persoonlike finansies bekend te maak. In ‘n verklaring van die presidensie Woensdagaand, het Zuma gesê hy doen jaarliks aan die Kabinet verslag, volgens bepalings in die Grondwet. “Die Grondwet van 1996 en die Uitvoerende Lede Etiek, 1998, skryf die aard, inhoud

Lees verder: Agang se uitdaging: Zuma reageer