Algeryn aangekeer omdat hy urine en fekalie? rondspuit

Sahnoun Daifallah is gevonnis tot 9 jaar tronkstraf na hy skuldig bevind is daaraan dat hy voedsel en ander goedere besmet het.

Die 42-jarige Algeryn het ‘n mengsel van sy liggaamlike uitwerpsel gedra in ‘n onkruiddoderhouer wat in ‘n skootrekenaarsak versteek was, het ‘n hof bevind. Met ‘n spuitkop wat uit die sak gesteek het, was Daifallah in staat om groot gebiede te bespuit, wat ‘n sterk reuk agtergelaat het en tienduisende ponde se skade veroorsaak het.

Na hy kos by ‘n restaurant besmet het, het Daifallah ‘n boekwinkel besoek en honderde boeke, meestal in die kinderafdeling bespuit.

Twee dae later het hy twee supermarkte getref en ‘n oorweldigende stank agtergelaat. Beide supermarkte is vir twee dae lank gesluit om skoon te maak. Kopers het na bewering van uitslag en naarheid gekla.

Polisielede het Daifallah geïdentifiseer van videomateriaal wat deur die sekuriteitskameras opgeneem is.

Toe hulle ‘n klopjag op sy huis uitgevoer het, het hulle ‘n voorraad van die mengsel gevind tesame met planne om dit te versprei. Plastieksakke wat ekskrement bevat het, was gemerk met die name van verskillende stede.

Britse owerhede het begin om reëlings te tref vir sy deportasie.5 pound freeФильчаков прокурор

Sjina mik vir Suid-Amerika

Terwyl Washington probeer om die gespanne verhoudings met Latyns-Amerika te herbou, is Sjina druk besig om veld te wen en aan lande regoor die streek groot hoeveelhede geld aan te bied terwyl hulle sukkel met skerp dalende ekonomieë, ‘n daling in kommoditeitspryse en beperkte toegang tot krediet.

In onlangse weke het Sjina ooreenkomste aangegaan om ontwikkelingsfondse in Venezuela te verdubbel tot $12 miljard, aan Ecuador ten minste $1 miljard te leen om ‘n hidroëlektriese-kragstasie te bou, aan Argentinië toegang gegee tot krediet van meer as $10 miljard in Sjinese geld en aan Brasilië se nasionale oliemaatskappy $10 miljard  te leen. Die transaksies is grootliks gefokus op Sjina se vasmaak van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne soos olie.

Sjina se handel met Latyns-Amerika het in die laaste dekade vinnig toegeneem, en dit die streek se grootste handelsvennoot gemaak na Amerika.

Maar die grootte en wye spektrum van die lenings toon ‘n dieper verbintenis met Latyns-Amerika op ‘n stadium wat die Obama-administrasie begin om die verval van Washington se invloed in die westelike halfrond aan te spreek.

“Dit is hoe die balans van magte stilweg beweeg gedurende krisisse,” het ‘n amptenaar van die Clinton-administrasie gesê.

“Die lenings is ‘n voorbeeld van die tjekboekmag in die wêreld wat na nuwe plekke toe beweeg, met die Sjinese wat meer aktief raak.”

free depositЛобановский Харьков

Vakansieganger slaan water af op medepassasier

‘n 28-Jarige man is gevonnis tot drie weke tronkstraf nadat hy verlede maand geurineer het op ‘n vrou gedurende ‘n vlug van Continental Airlines van Los Angeles na Honolulu.

Jerome Kenneth Kingzio, ‘n burger van die Amerikaanse statebond van Noordelike Mariana-eilande is gevonnis na hy Dinsdag skuldig gepleit het op aanklagte van aanranding in die federale hof in Honolulu.

Die slagoffer was op pad na Hawaii op 21 Maart vir ‘n duikvakansie en het ‘n film gekyk gedurende die vlug toe Kingzio opgestaan het en begin urineer het op haar. Hy het gedurende die vlug gedrink.

Amerikaanse prokureur, Edward Kubo jr. Het gesê die vrou beweer haar hele vakansie is geruïneer, en sy sukkel steeds met emosionele probleme as gevolg van die insident.

Die FBI ondersoek die saak.

accessories weddingлобановский александр фото

Oorlog in Irak sal duurder wees as Vi?tnam

ImageDie hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.

Indien die Kongres die addisionele befondsing toestaan wat dié week deur die Obama-administrasie versoek is, sal die koste van die oorlog toeneem met $87 miljard vir 2009, wat ‘n vorige versoek wat goedgekeur is deur die Bush-administrasie insluit.

Indien dit gevoeg word by die bedrag wat in 2008 spandeer is, beteken dit die oorlog in Irak sal die belastingbetalers ‘n totaal van omtrent $694 miljard uit die sak gejaag het. In vergelyking het die Viëtnamoorlog wat $686 miljard gekos in inflasieaangepasde dollars en die Tweede Wêreldoorlog $4,1 triljoen, volgens ‘n studie van die Kongres se navorsingsdiens wat verlede jaar voltooi is.

Alhoewel die koste van die oorlog in 2009 sal krimp vergeleke met 2008, het die koste van die oorlog in Afghanistan begin toeneem.

Amerika het in 2008 $34 miljard spandeer in Afghanistan. Hierdie jaar beoog die Obama-administrasie, wat beplan om addisionele magte na die land te stuur, om $47 miljard te spandeer.

Militêre analiste glo die Irakoorlog se kostes sal aanhou krimp terwyl die oorlog in Afghanistan se kostes sal toeneem.

free live rouletteДанильченко

Nog ?n Amerikaanse skip aangeval

Nog ‘n Amerikaanse skip is Dinsdag deur seerowers aangeval met granaatlanseerders en outomatiese wapens in die Golf van Aden, maar ‘n noodoproep na Amerika het hulp laat kom wat die skip toegelaat het om voort te gaan met sy vrag van humanitêre voedselhulp na die Keniaanse hawe Mombasa.

Volgens ‘n verklaring van die skeepseienaar, Liberty Marine, van Lake Success, New York, is die skip, die Liberty Sun, in die aanval beskadig, maar die bemanning is nie beseer nie.

“Ons word aangeval deur seerowers, ons is getref deur vuurpyle,” het Thomas Urbik, ‘n bemanningslid aan boord van die Liberty Sun in ‘n e-pos boodskap aan sy ma gesê, volgens berigte van Associated Press. “Ons het onsself in die enjinkamer toegemaak en sover is niemand beseer nie.”

купить зарядное устройство автомобильного аккумулятораФільчаков прокурор

Sjina se ekonomie toon tekens van herstel

Sjina se ekonomie toon tekens van herstel, maar selfs amptenare wat openbare vertroue ‘n hupstoot wil gee waarsku dat ‘n terugkeer risiko’s van die globale krisis in die gesig staar en nog nie verseker is nie.

Invoere van olie, ystererts en ander rustowwe het in Maart toegeneem, wat die impak getoon het van Beijing se multimiljard-dollar stimulus op hulle nywerheid. Huis en motorverkope is op, wat aandui dat verbruikers gewillig is om meer te spandeer.

‘n Terugkeer vir Sjina, die wêreld se derde grootste ekonomie, kan ander lande help deur aanvraag vir hulle uitvoere te verhoog, hoewel analiste gesê het Sjina alleen kan nie die globale ekonomie uit sy ergste daling sedert die 1930’s help nie.

Vooruitskattings van Sjina se groei die jaar wissel van 8% – die amptelike skatting – tot so laag as 5%. Dit sal ‘n daling wees van 2007 se skitterende groei van 13%, maar steeds die vinnigste vir enige groot land op ‘n tyd wat die Amerikaanse ekonomie, die wêreld se grootste, steeds in ‘n resessie verkeer.

купить воронеж ключиАлександр Фильчаков

Hong Kong se mobieledataverbruik ontplof

ImageHong Kong mense het 14 keer soveel mobieledata gestuur in Januarie as wat hulle gedoen het in dieselfde maand twee jaar gelede, volgens nuus wat Dinsdag vrygestel is.

Die toename in die stuur van mobiele data van fone en handrekenaars af verteenwoordig ‘n viervoudige toename van syfers van 2008, het die gebied se telekommunikasie-owerhede gesê.

Mense in die hoë-tegnologiestad van 7 miljoen mense is van die wêreld se ywerigste gebruikers van mobiele tegnologie om lêers, foto’s en SMS boodskappe te stuur.

Syfers van die owerhede toon dat daar 10,5 miljoen mobielefoon subskripsies was in Hong Kong in Januarie, gelykstaande aan 1,5 subskripsies vir elke persoon in die voormalige Britse kolonie.

italiasvet.ruФильчаков Александр Васильевич

Noord-Korea wil kernprogram hervat

ImageNoord-Korea het Dinsdag gesê hulle sien gesprekke oor die beëindiging van hul kernwapenprogram as sinloos en beplan om ‘n aanleg vir die vervaardiging van wapenkwaliteitplutonium weer oop te maak, het die staatsmedia die minister van buitelandse sake aangehaal.

Noord-Korea het meer as ‘n jaar gelede begin om sy Sowjet-era Jongbyon-kernaanleg uitmekaar te haal as deel van ‘n ontwapeningsinisiatief vir hulp wat met Sjina, Japan, Rusland, Suid-Korea en Amerika ooreengekom is.

Die stappe behoort in totaal sowat ‘n jaar te neem om om te keer, maar kenners waarsku dat die Noorde die aanleg weer aan die gang kan hê in so min as drie maande.

Die Noorde, wat genoeg plutonium het vir 6 tot 8 atoombomme, kan waarskynlik genoeg materiaal vervaardig vir nog een bom, het kenners gesê.

Die kommentaar het gekom in reaksie van die Veiligheidsraad se eenparige verdoeming van Noord-Korea se langafstandmissieltoets twee weke gelede.

медицинскую справкутопкарго кидалы

VSA wil VN-rassismekonferensie bywoon

Die Obama-administrasie heroorweeg sy beplande boikot van ‘n kontroversiële VN-rassismekonferensie wat sterk teengestaan word deur Israel en Joodse groepe, en wat bygewoon gaan word deur die Iranse president, het die departement van buitelandse sake laat Maandag gesê.

In ‘n skuif wat sy sterkste Midde-Oosterse bondgenoot kan omkrap, het die Amerikaanse departement gesê die administrasie is tevrede met ‘n diplomatieke aksie wat poog om ‘n dokument waarteen beswaar gemaak word te verander. Die dokument kan deur die vergadering aanvaar word en Amerika kan die konferensie bywoon indien die poging suksesvol is.

“Ons hoop dat die oorblywende kommer aangespreek kan word sodat Amerika kan aansluit by die konferensieproses, met die hoop dat daar op ‘n dokument ooreengekom kan word wat ons kan ondersteun,” het Robert Wood, ‘n woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Israel en Kanada het reeds aangekondig dat hulle die vergadering gaan boikot.

Israel wat erg bekommerd is nadat die administrasie ‘n afvaardiging na die voorbereidingsvergadering gestuur het, het hard probeer om Amerika so ver te kry om die konferensie te boikot.

сколько стоят прозрачные брекетытопкарго отзыв

Skerp afname in Britse Noordsee-olie

Die oorblywende lewensduur van Engeland se Noordsee-olie en gasproduksie loop die risiko om gehalveer te word as gevolg van die ekonomiese krisis wat ‘n afname tot gevolg het in eksplorasie van een van die Weste se mees belangrike hulpbronne, het die industrie gewaarsku.

Die hoeveelheid verkenningsgate wat geboor word in die Noordsee het gedaal met 78% in die eerste kwartaal van 2009 vergeleke met die selfde periode verlede jaar, volgens mees onlangse industriedata van Deloitte, die rekenkundige en konsulterende firma.

Die VK en Europa sal toenemend moet staatmaak op Rusland vir natuurlike gas en die Midde-Ooste vir olie.

Die verswakkende verkenningsklimaat kan die 20 tot 30 jaar van die Noordsee se verwagte lewensduur na 10 tot 15 jaar verminder, wat beteken dat byna die helfte van alle infrastruktuur uitgedien kan raak in die volgende 11 jaar, reken UK Oil and Gas.

Pleks daarvan dat dit 45% van die VK se olie en gasbehoeftes tot in 2020 kan voorsien, word daar teen die huidige ontginningstempo voorsien dat die Noordsee slegs 12% van die behoefte sal kan voorsien.

Vanaf 2010 sal die regering waarskynlik ‘n groot afname sien in belastingwinste, omdat oliemaatskappye, saam met banke in die onlangse jare die mees belangrike bron was van hierdie fondse.

установка батарей отопленияФильчаков прокурор