Facebook toets nuwe tegnologie

Facebook toets tans nuwe privaatheidsbeheermaatreëls wat sy sowat 200 miljoen gebruikers in staat sal stel om te besluit wie sien elkeen van hul persoonlike opdaterings. Facebook het eergister bekend gemaak dat die opsie gebruikers in staat sal stel om hul opdaterings vir spesifieke groepe vriende pas te maak, byvoorbeeld ’n gebruiker wil almal laat weet

Lees verder: Facebook toets nuwe tegnologie

Afleggingskema kom om werkers te help

’n Konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema kan volgende week bekend gemaak word, het president Jacob Zuma Woensdag gesê. Zuma het gesê die wêreldwye resessie verg dat politieke partye en ander sektore saamwerk. “Die resessie tref ons nou op volle krag,” het hy gesê. Die kwartaallikse indiensnemingsopname van die formele sektor het gewys dat sowat 179 000

Lees verder: Afleggingskema kom om werkers te help

SA se PPI duik

Suid-Afrika se produsenteprysindeks was -3.0% jaar-tot-jaar in Mei van April se 2,9%, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag bekend gemaak. SSA het gesê op ’n maandelikse grondslag was PPI -1,1% in vergelyking met -0,2% in April.  Ingevoerde hulpbroninflasie was -16,7% jaar-tot-jaar in Mei in vergelyking met die -14,7% van die vorige maand, terwyl uitgevoerde hulpbroninflasie op -6,0%

Lees verder: SA se PPI duik

Van Reenenspas gesluit

Van Reenenspas naby Harrysmith in KwaZulu-Natal is gesluit nadat sterk winde Donderdagoggend 'n vragmotor op die pad omgewaai het.  Die pas is vir verkeer gesluit en vragmotorbestuurders word gewaarsku om daarop te let dat die weerstoestande in baie gebiede in die provinsie gevaarlik is, het vervoer-woordvoerder Nonkululeko Mbatha gesê. Daar is ook wegholveldbrande in die

Lees verder: Van Reenenspas gesluit

Is die onderwysbegroting ‘n mors van geld?

Die nuus dat agt uit elke tien Suid-Afrikaanse skoolleerlinge in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar "minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het", is skokkend. Dít, in weerwil van die R140,4 miljard wat in die huidige boekjaar aan onderwys toegewys is.

Lees verder: Is die onderwysbegroting ‘n mors van geld?

Apie urineer op president

Onbewus van die soogdier in die takke bokant sy kop, het Zambiese president Rupiah Banda, die media Woensdag buite die Staatshuis toegespreek. Terwyl die president gepraat het, het die apie op die niksvermoedende leier geurineer. "Jy het op my baadjie geurineer," het 'n verbaasde Banda aan die apie gesê. Die apie is een van vele

Lees verder: Apie urineer op president

Skoolonderrig stuur op ‘n ramp af

Die Burger berig dat sowat agt uit elke tien leerders in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het. Die dagblad het ’n verslag bekom wat die prestasie van leerders in die nasionale eksamen ontleed. Suid-Afrikaanse leerders is dus nie eens binne trefafstand van die nasionale onderwysdepartement

Lees verder: Skoolonderrig stuur op ‘n ramp af

Iran gee CIA skuld vir protes

Die Iranse minister van binnelandse sake het die CIA daarvan beskuldig dat dié Amerikaanse spioenasieagentskap help om oproermakers te finansier. “Baie van die oproermakers was in kontak met Amerika, die CIA en die MKO en word deur hul finansiële bronne gesteun,” het Sadeq Mahsouli gesê. Die MKO (Moedjahideen Khalq-organisasie) is ’n Iranse opposisiegroep wat in

Lees verder: Iran gee CIA skuld vir protes

Misdaad deur polisie neem met 72% toe

Image

Pieter Groenewald

Kriminele klagtes teen polisielede het volgens die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) die afgelope vier jaar met 72% (71,7) toegeneem. Volgens die OKD was daar in 2005/2006 en 2006/2007 onderskeidelik 1 643 en 1 787 kriminele klagtes teen polisielede en in 2007/2008 en 2008/2009 boekjaar onderskeidelik 2 101 en 2 289. Dit sluit misdade in van moord, poging tot moord, verkragting, aanranding met die opset om ernstig te beseer, diefstal en korrupsie.

Lees verder: Misdaad deur polisie neem met 72% toe