Britte wil van immigrante ontslae raak

Image‘n Ondersoek van die Daily Telegrapg/YouGov toon dat immigrasie die grootste kommer is wat mense wil hê ‘n volgende regering moet hanteer.

Twee en vyftig persent het gesê hulle wil hê dat ‘n Tory-regering immigrasie moet verminder.

Hierdie week het immigrasiesyfers getoon dat een uit nege mense wat in Brittanje woon oorsee gebore is, wat ‘n merkbare verandering toon in die samestelling van die bevolking onder die Arbeiders.

Daar was 6,5 miljoen mense wat oorsee gebore is wat in Brittanje gewoon het in Junie 2008. Dit verteenwoordig ‘n verhoging van 290 000 teenoor die vorige jaar en 1,2 miljoen sedert 2004.

Die kwessie van buitelandse werkers het ‘n staking regoor die land veroorsaak toe ‘n raffinadery in Lincolnshire buitelandse werkers gebruik het om ‘n kontrak te voltooi en nie Britse werkers nie. Unies het Gordon Brown beskuldig dat hy teruggegaan het op sy belofte om verseker dat daar “Britse poste vir Britse werkers” is.

In vandag se ondersoek kom dit bo aan die lys met Arbeidersondersteuners met 42% wat sê immigrasie moet verminder word, teenoor 62% van konserwatiewe kiesers.

Die vermindering van die “sagte krag” van die Europese Unie is tweede en die verskaffing van meer hulp aan families is derde op die lysie van dinge wat die Britte wil sien gebeur na die verkiesing.

Die ondersoek toon ook ‘n gemaklike voorsprong vir die Tory’s teenoor die Arbeiders. Die konserwatiewes is op 41%, wat twee minder is as verlede maand en Arbeid op 31%, wat een punt af is van Januarie se ondersoek. Die Liberale Demokrate trek 15%, wat een persent laer is.

сухая штукатурка для внутренних работлобановский политик

Krieketspelers aangeval

SkyNews berig dat agt spelers van Sri Lanka se krieketspan Dinsdag gewond is toe daar op hulle geskiet is terwyl hulle onderweg was na die plaaslike krieketstadion.

Die derde dag se spel in die tweede toets  was geskeduleer om Dinsdagoggend in Lahore te begin.

SkyNews het ooggetuies aangehaal wat sê minstens 25 polisiebeamptes is in 'n skietery naby die Gaddafi-stadion beseer.halo headbandпрокурор харьковской области

AU veroordeel sluipmoord op Afrikaleier

Die Afrika Unie se topleier, Jean Ping, het Maandag die sluipmoord op Guinee-Bissau se president, Joao Bernardo Vieira, deur soldate as ‘n “kriminele daad” beskryf.

“Ek was diep geskok vanoggend om te hoor van die sluipmoord op die president van die republiek van Guinee-Bissau, Nino Vieira. Die AU en myself veroordeel die kriminele daad,” het Ping aan AFP gesê terwyl hy Vieira se bynaam gebruik het.

Die sluipmoord “is ernstig, omdat dit gekom het na pogings om vrede te bevorder na die verkiesing van November,” het die AU kommissievoorsitter gesê.

Soldate van Guinee-Bissau het die veteraanpresident geskiet terwyl hy Maandag uit sy woning gevlug het, het ‘n militêre woordvoerder gesê.

Die Wes-Afrika volk se weermag het Vieira (69) blameer vir die dood van hulle leier, generaal Tagme Na Waie, na ‘n bomaanval Sondag, het hy gesê.

потолочные светильники ценаФильчаков прокурор харьков

Indi? wil die ruimte in

ImageIndië het ‘n ambisieuse projek van $2,5miljard aangepak om sy eerste ruimtevaarders teen 2015 die ruimte in te stuur, ‘n skuif wat beskou word as ‘n poging om by te bly by sy groter buurman, Sjina, in ‘n opkomende stryd om in die ruimte te wees.

Die Indiese Ruimte Navorsingsorganisasie (ISRO)  het voorgestel dat twee mense in die ruimte geplaas moet word, 274 km bokant die aarde vir 7 dae – ‘n plan wat ondersteun word deur die land se top ekonomiese beleidmakers, die beplanningskommissie.

Die menslike ruimtevaart projek sal uit twee fases bestaan: ‘n onbemande eerste vlug wat beplan word vir 2013 of 2014 en ‘n bemande sending vir die volgende jaar. Die Indiese kabinet moet nog die plan goedkeur, maar ‘n woordvoerder vir ISRO het gesê die ondersteuning van die kommissie is ‘n “groot stap vorentoe.”

Indien die land sou slaag, sal dit net die vierde land wees na Amerika, Rusland en Sjina om ‘n mens die ruimte in te stuur.

Maar Indië is nie die enigste Asiese land in die nuwe ruimtekompetisie nie: Iran het onlangs aangekondig dat hulle ‘n bemande ruimtevlug gaan opstuur teen 2021.

Die Europeërs wat baie ryker is, het nie bemande ruimtevaartprogramme nie.

воронеж подъемноелобановский александр интервью

VSA gaan AIG met nog $30 miljard help

ImageDie Amerikaanse regering het Sondagnag ingestem om ‘n addisionele $30 miljard in belastingbetalersgeld te voorsien aan American International Group, en om die terme vir die lening aan die versekeraar losser te maak. Die versekeraar het gereed gestaan om Maandag ‘n verlies van $62 miljard aan te kondig, die grootse kwartaallikse verlies in die geskiedenis, het mense gesê wat betrokke was by die gesprekke.

Die tussenbeidetreding sal die vierde keer wees dat Amerika moet intree om AIG te help om bankrotskap af te weer. Die regering besit reeds amper 80% van die versekeringsmaatskappy as gevolg van vroeëre aksies. Dié het ingesluit ‘n $60 miljard lening, ‘n $40 miljard aankoop van voorkeuraandele en $50 miljard om die maatskappy se toksiese aandele te bekom.

Amerikaanse regeringsamptenare wat naarstiglik gewerk het oor die naweek om die herstrukturering af te handel, het gesê hulle het gedink dat hulle geen keuse het as om AIG te help dra nie, aangesien sy besigheid so fyn verweef is regdeur die wêreld se bankwese.

Maar die transaksie skep ook meer finansiële risiko’s vir die belastingbetalers, op ‘n tydstip wat die publiek en Kongres die wysheid van die regering bevraagteken omtrent die hulpverlening aan privaatbesighede.

Die regering se toewyding tot AIG is baie meer as die redding van enige ander finansiële maatskappye, insluitend Citigroup, wat $50 miljard ontvang het en Bank of America, wat met $45 miljard gehelp is.

освещение для домалобановский александр интервью

VSA kritiseer Sjina se menseregterekord

Image

Hillary Clinton

Die Sjinese owerhede het Donderdag gereageer op die vrystelling van ‘n jaarlikse Amerikaanse departement van buitelandse sake-verslag oor globale menseregte, wat Sjina se respek vir menseregte nie net “swak” genoem het nie, “maar verswakkend in sy vervolging van etnieseminderheidsdissidente".

Die amptelike Xinhua-nuusagentskap het die verslag se afdeling oor Sjina ongegrond en onverantwoordelik genoem, en gesê dat dit “opsetlik basiese feite ignoreer” aangaande basiese menseregte en die land se etniese, wetlike en geloofsisteme.

Dit het die jaarlikse verslag ‘n Amerikaanse voorwendsel genoem om in te meng in die binnelandse sake van ander lande.

Die buitelandsedepartementdokument is uitgereik net dae nadat Hillary Clinton in haar eerste besoek aan Sjina as minister van buitelandse sake, in die openbaar gesê het dat Amerika se kommer oor Sjina se menseregtepraktyke nie die samewerking oor strategiese sake soos die ekonomiese krisis en globale verwarming sal beïnvloed nie.

Die departement se dokument het Sjina, Rusland, Zimbabwe, Egipte en ‘n hand vol ander lande uitgesonder waar menseregtetoestande agteruitgegaan het in 2008. Dit het Zimbabwe beskuldig van ‘n terreurveldtog teen die regering se politieke opponente wat gelei het tot die marteling, verdwyning of dood van honderde van hulle.

металлическая брекет системаОлександр Фільчаков прокурор

12 Kongolese milisies stem tot skietstilstand toe

‘n Dosyn pro-regeringsmilisies in die DRK se suid-Kivuprovinsie het ingestem om op te hou met gevegte en sal begin om teen die naweek te ontwapen, het ‘n top provinsiale amptenaar Donderdag gesê.

“Die ontwapening van die soldate sal Sondag in suid-Kivu se hoofstad Bukavu begin in die teenwoordigheid van die minister van verdediging, Charles Mwando Nsimba,” het die adjunk goewerneur Jean-Claude Kibala gesê na die ooreenkomste laat Woensdag onderteken is.

Die milisies, wat verskeie Mai-Mai stamme insluit en ‘n totaal van 50 000 man is, gaan na spesiale sentrums voordat hulle ontwapen gaan word na jare se konflik in die oostelike DRK, het Kibala gesê.

Een van die milisiegroepe in Kivu, die Federaliste Republikeinse Magte het volgens die adjunkgoewerneur nie die ooreenkoms geteken nie, maar onderhandelings is aan die gang.

Die milisies het besluit om te ontwapen na die top Kongolese rebelleleier, Laurent Nkunda verlede maand in Rwanda gevang is. Sy magte het beheer uitgeoefen oor groot dele van die noord- en suid-Kivu provinsies.

Meeste van die bevelvoerders van sy groep, die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) het Nkunda verlaat en die NKVM het ‘n politieke party geword.

Sondag is die basis van ‘n vredesooreenkoms wat die week deur onderhandelaars in Nairobi bekragtig moet word, onderteken.

роспись стен своими рукамипрокурор Фильчаков

Onrus slaan oral uit

Soveel as 120 000 betogers het Saterdag Dublin se sentrale sakegedeelte tot stilstand gedwing oor die regering se streng maatreëls wat bedoel is om die eens welvarende ekonomie wat nou deur resessie bedreig word te stabiliseer.

Die betogings het gekom ‘n dag ná die globale ekonomiese krisis gelei het tot nog ‘n politieke ongeval elders in Europa, met Letland se eerste minister wat bedank het terwyl sy land sukkel met ‘n resessie wat verskerp.

Die betoging in Ierland, wat gereël is deur die Ierse kongres van vakunies en bygewoon is deur onderwysers, polisie, staatsamptenare en ander beroepe, was “die eerste stap in ‘n rollende veldtog van aksie” het ICTU algemene sekretaris David Begg gesê.

Polisie het die hoeveelheid betogers op sowat 120 000 geskat.

Meer onlangs het Letland se eerste minister Vrydag uit sy posisie bedank te midde van wydverspreide ongelukkigheid oor die feit dat die gordel stywer getrek moet word, asook politici se beweerde korrupsie en nepotisme.

Letland het die vinnigste ekonomiese groei in die Europese Unie getoon in 2006, maar sy ekonomie sal na verwagting vanjaar met 12% krimp, met werkloosheid wat styg tot 12,7% vanaf die huidige vlak van 8,3%.

как построить саунуФильчаков Александр Васильевич

Britse polisie maak reg vir ‘somer van woede’

Image

Britse onluspolisie

Die Britse polisie maak reg vir ‘n “somer van woede” terwyl slagoffers van die ekonomiese afplatting hulle tot die strate wend om te betoog teen finansiële instellings, het die Guardian gehoor.

Brittanje se mees senior polisiebeampte, met die verantwoordelikheid vir openbare orde, vrees ‘n herhaling van die onluste van die tagtigerjare. Dié keer is dit mense wat hulle poste, huise en spaargeld verloor het wat die voetsoldate word in ‘n golf van potensiële gewelddadige optogte.

Superintendent David Hartshorn, wat hoof is van die metropolisie se openbare-orde-afdeling, het aan die Guardian gesê dat die middelkasburger, wat nooit voorheen dit sou oorweeg om deel te neem aan optogte nie, dalk hulle woede kan laat blyk deur vanjaar aan protesoptrede deel te neem.

Hy het gesê dat banke, veral dié wat nog groot bonusse betaal ten spyte daarvan dat hulle miljarde van belastingbetalers se geld kry, “heeltemal aanvaarbare teikens” geword het. Net so die hoofkwartiere van multinasionale maatskappye en ander finansiële instellings in die stad wat vir die finansiële krisis geblameer word.

Hartshorn, wat gereeld intelligensienuus kry omtrent potensiële oorsake van burgerlike onrus, het gesê die gemoed by sommige van die betogings het onlangs verander, met aktiviste wat “toenemend daarop uit is om in die strate in te kom met die doel om openbare onrus te saai".

Dié waarskuwing kom ná die onlangse vlaag van protesaksies in Europa, wat gereeld gewelddadig geraak het. In onlangse weke het Griekse boere paaie geblokkeer uit protes teen dalende landboupryse, ‘n miljoen werkers in Frankryk het betoog om groter beskerming te vra vir poste en salarisse en Yslandse betogers het slaags geraak met polisie in Reykjavik.

In Brittanje het honderde werkers in olieraffinaderye verlede maand protesoptrede geloods omtrent die gebruik van buitelandse werkers.

Polisie neem deesdae ‘n meer konfronterende houding aan teen betogers. Beamptes word daarvan beskuldig dat hulle die bedreiging van aktiviste oordryf om die bronne wat aan hulle bestee word te regverdig.

‘n Kommerwekkende verskynsels is die hervoorkoms van indiwidue wat betrokke is by die gewelddadige fascistiese organisasie Combat 18, het hy gesê.

“Hulle gebruik die feit dat daar baie gesê is oor die bedreiging van Oos-Europese mense wat inkom en poste afvat by die Olimpiese persele,” het hy gesê. “Hulle gebruik daardie argumente om ondersteuning te verkry.”

5 pound freeФильчаков прокуратура харьков

Verregse Britse party is oppad na EU-parlement

ImageDie Britse Nasionale Party is oppad om sy eerste setels te wen in die Europese Parlement hierdie jaar, is Gordon Brown gewaarsku. Senior Arbeiderspartyfigure het aan die eerste minister vertel dat hulle glo dat twee BNP-kandidate waarskynlik  na Brussel gestuur sal word, volgens die proporsionele kiesstelsel, het die Independent berig.

Hulle is bekommerd dat die Arbeidersparty se veldtog vir die verkiesing in Junie nie vinnig genoeg afgeskop het nie, en dat die gebrek aan voorbereiding die BNP gaan toelaat om te wen teen die afkerige Arbeidskiesers.

Gister het die verregse party ‘n verrassende wen gevier in ‘n tussenverkiesing in Swanley, Kent, waar die BNP kandidaat 41% van die stemme geneem het nadat die Arbeiders se ondersteuning ineengestort het.

Dit is die eerste keer dat die BNP ‘n verkiesing in ‘n suidelike Engelse gebied gewen het, en dit wys dat die party sy visier wyer rig as die tradisionele noordelike hartland. Die party het ook meer as 28% van die stemme die week in ‘n tussenverkiesing geneem in Thringstone, Leicestershire, ‘n setel waar hulle nog nie voorheen om meegeding het nie.

Mnr. Brown is meegedeel dat die BNP ‘n sterk kans het om suksesvolle kandidate te stel in die noordweste van Engeland asook Yorkshire en Humber. ‘n Senior bron uit dei Arbeidersparty het gister aan die Independent gesê: “Ons beter nou ons planne agtermekaar kry – en baie vinnig ook. Niemand fokus op die Europese verkiesing nie; niemand weet wie in beheer is nie.”

Gisternag het voormalige minister Peter Hain, voormalige anti-apartheidsaktivis, gewaarsku dat elke politieke party skuldig is aan laksheid omdat die BNP 'n bedreiging inhou.

барбі дом мечтыОлександр Васильович Фільчаков