AU veroordeel sluipmoord op Afrikaleier

Die Afrika Unie se topleier, Jean Ping, het Maandag die sluipmoord op Guinee-Bissau se president, Joao Bernardo Vieira, deur soldate as ‘n “kriminele daad” beskryf.

“Ek was diep geskok vanoggend om te hoor van die sluipmoord op die president van die republiek van Guinee-Bissau, Nino Vieira. Die AU en myself veroordeel die kriminele daad,” het Ping aan AFP gesê terwyl hy Vieira se bynaam gebruik het.

Die sluipmoord “is ernstig, omdat dit gekom het na pogings om vrede te bevorder na die verkiesing van November,” het die AU kommissievoorsitter gesê.

Soldate van Guinee-Bissau het die veteraanpresident geskiet terwyl hy Maandag uit sy woning gevlug het, het ‘n militêre woordvoerder gesê.

Die Wes-Afrika volk se weermag het Vieira (69) blameer vir die dood van hulle leier, generaal Tagme Na Waie, na ‘n bomaanval Sondag, het hy gesê.

потолочные светильники ценаФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae