Die Amerikaanse regering het Sondagnag ingestem om ‘n addisionele $30 miljard in belastingbetalersgeld te voorsien aan American International Group, en om die terme vir die lening aan die versekeraar losser te maak. Die versekeraar het gereed gestaan om Maandag ‘n verlies van $62 miljard aan te kondig, die grootse kwartaallikse verlies in die geskiedenis, het mense gesê wat betrokke was by die gesprekke.
Die tussenbeidetreding sal die vierde keer wees dat Amerika moet intree om AIG te help om bankrotskap af te weer. Die regering besit reeds amper 80% van die versekeringsmaatskappy as gevolg van vroeëre aksies. Dié het ingesluit ‘n $60 miljard lening, ‘n $40 miljard aankoop van voorkeuraandele en $50 miljard om die maatskappy se toksiese aandele te bekom.
Amerikaanse regeringsamptenare wat naarstiglik gewerk het oor die naweek om die herstrukturering af te handel, het gesê hulle het gedink dat hulle geen keuse het as om AIG te help dra nie, aangesien sy besigheid so fyn verweef is regdeur die wêreld se bankwese.
Maar die transaksie skep ook meer finansiële risiko’s vir die belastingbetalers, op ‘n tydstip wat die publiek en Kongres die wysheid van die regering bevraagteken omtrent die hulpverlening aan privaatbesighede.
Die regering se toewyding tot AIG is baie meer as die redding van enige ander finansiële maatskappye, insluitend Citigroup, wat $50 miljard ontvang het en Bank of America, wat met $45 miljard gehelp is.
