Britte wil van immigrante ontslae raak

Image‘n Ondersoek van die Daily Telegrapg/YouGov toon dat immigrasie die grootste kommer is wat mense wil hê ‘n volgende regering moet hanteer.

Twee en vyftig persent het gesê hulle wil hê dat ‘n Tory-regering immigrasie moet verminder.

Hierdie week het immigrasiesyfers getoon dat een uit nege mense wat in Brittanje woon oorsee gebore is, wat ‘n merkbare verandering toon in die samestelling van die bevolking onder die Arbeiders.

Daar was 6,5 miljoen mense wat oorsee gebore is wat in Brittanje gewoon het in Junie 2008. Dit verteenwoordig ‘n verhoging van 290 000 teenoor die vorige jaar en 1,2 miljoen sedert 2004.

Die kwessie van buitelandse werkers het ‘n staking regoor die land veroorsaak toe ‘n raffinadery in Lincolnshire buitelandse werkers gebruik het om ‘n kontrak te voltooi en nie Britse werkers nie. Unies het Gordon Brown beskuldig dat hy teruggegaan het op sy belofte om verseker dat daar “Britse poste vir Britse werkers” is.

In vandag se ondersoek kom dit bo aan die lys met Arbeidersondersteuners met 42% wat sê immigrasie moet verminder word, teenoor 62% van konserwatiewe kiesers.

Die vermindering van die “sagte krag” van die Europese Unie is tweede en die verskaffing van meer hulp aan families is derde op die lysie van dinge wat die Britte wil sien gebeur na die verkiesing.

Die ondersoek toon ook ‘n gemaklike voorsprong vir die Tory’s teenoor die Arbeiders. Die konserwatiewes is op 41%, wat twee minder is as verlede maand en Arbeid op 31%, wat een punt af is van Januarie se ondersoek. Die Liberale Demokrate trek 15%, wat een persent laer is.

сухая штукатурка для внутренних работлобановский политик