Betogers in die Tshepisong-lokasie aan die Wes-Rand het Donderdag ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes, soos Ontdekkersweg en die N12, te gebruik, het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie gesê. Konst. Vincent Mashiteng, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners betoog omdat hulle sedert verlede Saterdag sonder elektrisiteit is.
UJ-dekaan geskors oor geld wat verdwyn
Prof. Bheki Mamba, uitvoerende dekaan van die wetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg, is Donderdag geskors oor bewerings van finansiële ongerymdhede. “Prof. Mamba is ‘n uitsonderlike akademikus. Om dié rede en gegewe die erns van die bekommernisse, sowel as sy senioriteit, hanteer die universiteit dit met groot dringendheid,” het prof. Ihron Rensburg, die visekanselier, in
Noorweër by terreuraanval in Nairobi betrek
Noorweë se intelligensie-agentskap, PST, het ‘n ondersoek begin om vas te stel of een van dié land se burgerlikes betrokke was in die bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, in September. Al Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het verantwoordelikheid aanvaar vir verlede maand se aanval, waarin minstens 67 mense gesterf het. “Gegrond op
Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors
Malawi se president Joyce Banda het haar kabinet afgedank te midde van bewerings van korrupsie in die regering. Verskeie amptenare is na bewering gevang met die geld weggesteek onder hul beddens en in hul motors, het die BBC se Raphael Tenthani uit Malawi berig. Verlede maand is ‘n amptenaar van die ministerie van Finansies Paul
Lees verder: Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors
Man wat Moslem doodslaan kry 8 jaar
Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem na ‘n argument oor sy baard doodgeslaan het, is Donderdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. “Viviers is tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis vir strafbare manslag en vier jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het Phindi
Joemat-Pettersson: Was dit dief of teef?
Die ANC-hoofsweep, Stone Sizani, het twee parlementslede se opmerkings teenoor Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, veroordeel. “Ons is in kennis gestel dat die ANC-LP Salamuddi Abram gister [Woensdag] in ‘n hewige debat die minister ‘n leuenaar genoem en homself luidrugtig en ontwrigtend gedra het voordat hy uit die vergadering gestorm het,” het
G4S kry die trekpas by Mangaung
Verskeie werknemers, onder andere ‘n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste, is Donderdagoggend by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein aangeval. RSG berig die situasie by die tronk is steeds gespanne. Die departement het gister die bestuur van die gevangenis oorgeneem nadat die maatskappy wat aangestel is om die tronk te bestuur, G4S,
Die belang van ‘n volk se geskiedenis
Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit ‘n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus. Dr. Mulder sê die feit dat
Pretoria in rooi getooi vir Rooi Oktober
Met ‘n goeie opkoms van ongeveer 500 mense, het die Rooi Oktober-betoging vanoggend in Pretoria en vele ander dorpe en stede in die land, maar ook in die buiteland, die land aan die gons gehad. Ná toesprake by die Pretoriase Kunsmuseum deur Steve Hofmeyr en Sunette Bridges het die optog na die grasperk van die
Ontmoet Media24
Deur Albert Brenner. Welkom by Media24. Hieronder vind u uitsprake van twee van die bekendste joernaliste/skrywers van Media24, Lilliët Radlof (redaktrise van Women24 en feminis) en Chris McEvoy. Media24 behoort aan Naspers . Naspers is die grootste media maatskapy in Afrika en een van die top 35 media maatskapye in die wereld. Die maatskapy word
