Google sit agter Moslemverbod se regsgedinge

Wie betaal vir duur “Moslem-reisverbod” regsgedinge in die VSA? Dis nie net die gewone ou walgwors George Soros nie.

Terwyl organisasies befonds deur Soros ook betrokke is, is die ander bron van fondse in die voortdurende anti-Trumpveldtog, Google.

Soos Bloomberg berig, het die maatskappy betaal om meer as 120 handtekeninge in te samel van meestal tegnologie maatskappye wat die howe gaan nader teen die uitvoerende bevel President Donald Trump om sekere Moslemimmigrante uit te hou.

Google was die een wat vir Hillary Clinton ‘n “strategiese plan” opgetrek het om te help dat die Demokrate wen, maar het liederlik daarin gefaal om hul kandidaat verkies te kry, ten spyte van hul beste pogings.

Tegnologiereuse is op ‘n ware kruistog om hul goedkoop H1-B werkers te hou, en ander maatskappye met soortgelyke behoeftes het nou aangebied om ‘n deel van die koste te finansier, het Bloomberg geopenbaar.

Alphabet, wat die moeite gekoördineer het, het die regsfirma Mayer Brown LLP in Washington DC genader om die anti-Trump regsaak te hanteer.

Die tegnologie maatskappye hou vol dat die ekonomiese en sosiale bydrae van immigrante “enorm” is. In hul argumente wat Sondag in die Amerikaanse Hof van Appèl in San Francisco geliasseer is, ondersteun hulle ‘n regsgeding deur die state van Washington en Minnesota om Trump se uitvoerende bevel te stop.

Apple, Airbnb, Facebook, Microsoft, Tesla, Lyft, Netflix, Snap en Uber is van die tegnologie maatskappye wat deel maak van die aanslag.

“Immigrante maak baie van die grootste ontdekkings in die land [VSA] en het ‘n paar van die land se mees innoverende en ikoniese maatskappye tot stand gebring,” lui die verklaring. “Amerika is lank bewus van die belangrikheid om onsself te beskerm teen diegene wat ons skade sal doen. Maar ons fundamentele verbintenis tot die verwelkoming van immigrante is nooit daardeur geraak nie – deur middel van verhoogde agtergrondnavorsing en ander beheermaatreëls op mense wat na ons land wil kom.”

‘n Appélhof in Amerika het reeds argumente aangehoor oor of President Donald Trump se reisverbod teen Moslems diskrimineer.

Die uitvoerende bevel het ‘n tydelik verbod geplaas op alle vlugtelinge en besoekers uit sewe hoofsaaklik Moslemlande. Die bevel is verlede week deur ‘n federale regter opgehef.

Regter Richard Clifton het gevra of dit diskriminasie is indien dit slegs 15 persent van die wêreld se Moslems raak. Hy is een van drie regters in die Appélhof wat later die week uitspraak sal lewer.

Die departement van Justisie se regsverteenwoordiger het ‘n beroep op die regters gedoen om die bevel weer in te stel, en sê die kongres het die president die mag gegee om te beheer wie die land kan binnegaan en wie nie.

Swart Demokraat braak gal oor ‘Poetin se inval in Korea’

Die swart Demokratiese Kongreslid Maxine Waters hou nie van president Vladimir Poetin se “inval in Korea” nie, en dit terwyl Poetin die Amerikaanse president stewig in ‘n omhelsing hou.

Waters het ook ‘n beroep gedoen vir die vervolging van president Donald Trump, al het sy geen bewyse gegee dat Trump die wet oortree het nie.

Verslaggewers het verbaas geluister hoe Waters, saam met ander Huis Demokrate, gepoog het om die saak te stel vir waarom Demokrate die vervolging van Trump moet oorweeg.

“Hoe kan ‘n president wat optree op die wyse waarop hy optree – of hy praat oor die [Moslem]reisverbod, die manier waarop hy teen Moslems uitvaar, en of hy praat oor sy verhouding met (Vladimir) Poetin en die Kremlin en die wete dat hulle ons gekraak het (Demokratiese Kongres Komitee veldtog) en die DNK (Demokratiese Nasionale Komitee),” het Waters uitgevaar.

“En die wete dat hy verantwoordelik is vir die verskaffing van die bomme wat onskuldige kinders en gesinne vermoor het in … uhm … in, uhm …” het sy gesê, maar kon nie die naam onthou totdat iemand agter haar gefluister het nie: “Aleppo.”

“Ja … in Aleppo,” het sy gesê. Onverstoord het Waters voortgegaan, “En die feit dat hy met sy arms om Poetin staan terwyl Poetin se inval in Korea vorder.”

Korea, die Krim, die twee moet dieselfde klink vir Waters, maar verslaggewers het na haar gestaar in ongeloof.

Met verwysing na Trump, het sy gesê: “Ek dink hy verkeer in daardie soort posisie waar mense sal begin vra:” Wat gaan ons doen? En die antwoord gaan wees: ‘Uiteindelik gaan ons iets daaromtrent doen’.”

Moskou verwag intussen ‘n verskoning van Fox News ná gasheer Bill O’Reilly die Russiese president Vladimir Poetin ‘n “moordenaar” genoem het. Die onvleiende term is gebruik om te bevraagteken of Donald Trump se voorneme om nouer saam te werk met Rusland wenslik is.

Kremlin woordvoerder Dmitri Peskov het gesê: “Ons sou verkies om ‘n verskoning te ontvang aan die Russiese president van ‘n gerespekteerde TV-stasie soos dié.” Hy het gesê dis onaanvaarbaar en beledigend.

Trump het die nare kommentaar afgemaak ten tye van die onderhoud en gesê: “Daar is ‘n baie moordenaars. Ons het baie moordenaars hier [in die VSA]. Wat, dink jy ons land is so onskuldig?”

Trump het nie spesifieke Amerikaanse amptenare genoem nie, maar verwys na die Amerikaanse inval in Irak in 2003 as ‘n voorbeeld van waarom hy nie dink dat Amerika so onskuldige kan wees nie.

Franse Kommunis verskyn as kloon voor sy aanhangers

Die Franse ver-linkse kandidaat Jean-Luc Melenchon het aan sy ondersteuners as ‘n hologram Sondag by ‘n byeenkoms naby Parys verskyn.

Die hol figuur van ‘n ver-linkse is ‘n tegnologiese eerste vir ‘n presidensiële veldtog in Frankryk.

Melenchon het in persoon naby die sentrale Franse stad Lyon opgetree, maar ook verskyn voor sy surrogate in ‘n konsertsaal 450 kilometer verder in Aubervilliers, naby Parys deur ‘n blote druk van ‘n knoppie.

Hy het melodramaties die tegnologie geprys as ‘n “simbool van die vindingrykheid in die ode aan die wonder van die menslike verstand”.

Hy is nie die eerste politikus om sulke tegnologie aan te wend nie. In 2014, het Turkse premier Erdogan ‘n groot hologram van homself getoon om sy presidensiële statuur te verhoog, terwyl Narendra Modi sy teenstanders met ‘n veldtog vol hologramme van sy toesprake in dorpe regoor Indië uitgestof het.

Die hologram van die politikus en presidensiële kandidaat het sonder ‘n tegniese probleem verloop, hoewel sy stem gedemp geklink het.

Gerugsteun deur die Kommunistiese Party, was hy in Lyon in ‘n poging om opkomende ster Marine Le Pen teen te werk.

“Ek het geweet Le Pen hou haar byeenkoms in Lyon. Ek het nog nooit die normalisering van haar party aanvaar nie. Macron het ook besluit om sy vergadering in Lyon te hou. Ek wou dus die drie groot ideologiese families van hierdie land wys, die gemeenskapspolitiek van mev Le Pen, die liberalisme en die ekologiese en sosiale onverskilligheid van mnr Macron demonstreer. En ons s’n, universalistiese humanisme.”

Beide Len Pen en Melanchon is eurosceptici en veroordeel globalisering, maar hulle verskil skerp oor immigrasie.

Die skare in Parys het opgespring en foto’s met hul selfone geneem elke keer as die hologramkandidaat sy verskyning gemaak het. Baie was meer geïnteresseerd in die tegniese vertoon as in sy toespraak.

“Ek is self my eie kloon, ek weet wie die klone van ander is!” het hy voortborduur terwyl sy beeld oor die lewende figure op die verhoog in Parys geloop het.

Die meningspelings wys dat Melenchon nie veel van ‘n kans staan om deur te dring na die tweede ronde nie. Die hologram was dalk ‘n aanduiding daarvan.

Nuwe Amerikaanse minister van Buitelandse Sake ingehuldig

Die Amerikaanse president, Donald Trump se nuwe minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson is in die Withuis ingehuldig.

Die Senaat het met 56 stemme teenoor 43 vir Tillerson gestem. Tillerson is die voormalige bestuurshoof van die oliereus, Exxon Mobil.

Trump het tydens sy inhuldiging gesê dit het tyd geword vir ‘n nuwe perspektief met betrekking tot buitelandse kwessies.

Hy het ook gesê Tillerson kan groot uitdagings verwag van die Midde-Ooste en die res van die wêreld. Trump se hoofstrateeg, Steve Bannon is ook tydens die seremonie ingehuldig.

Trump se verhouding met Rusland stuur skuddings deur VN

President Donald Trump se goeie verhouding met Rusland het gesorg vir skuddings in die Verenigde Nasies, want Amerikaanse bondgenote is bekommerd dat ‘n vennootskap tussen Washington en Moskou ‘n historiese magsbalans wat dateer uit die Koue Oorlog, kan ondermyn.

Die vyf vetolande van die Veiligheidsraad, waarop 15 lede dien, is tradisioneel in twee kampe verdeel: Frankryk, Brittanje en die VSA (die P3) teen Rusland en China.

Maar Amerikaanse vriendskaplike betrekkinge met Rusland kan die VN se siening van konflikte in Sirië en die Oekraïne raak.

‘n Belangrike toets kom in Februarie, wanneer die Oekraïne die Veiligheidsraad se roterende presidentskap sal hou. Die land is diep bekommerd oor die volgehoue ​​steun van die Raad rakende sy aansprake op die Krim en die konflik teen sy eie mense op sy oostelike grens.

Die nuwe rigting deur die Amerikaanse president kan die ontplooiing van vredesmagte of veroordelings oor menseregteskendings direk raak. Terwyl die vyf permanente lede besluite kan veto, maak hulle gewoonlik staat op meerderheid ondersteuning van ander lede van die Veiligheidsraad.

Buitelandse diplomate “sal blind navigeer” met Trump, sê Richard Gowan, van die Europese Raad op Buitelandse Betrekkinge. “Baie verwag van hom om nouer met Rusland te bewerkstellig, maar is nie seker hoe ver dit sal gaan nie.

Onderonsies met Beijing oor handel en Taiwan, kan die dinamika van die Veiligheidsraad verander.

Dit voorspel niks goeds vir die Oekraïne nie, want die huidige regime hoop dat ander lande sal voortgaan om die referendum deur Rusland in die Krim te veroordeel. Die beleërde opposisie in Sirië kan uiteindelik ook inplof.

Brittanje is diep bekommerd dat Trump se verhouding met president Vladimir Poetin Russiese belange sal bevorder in Oos-Europa, volgens twee senior amptenare, wat aan Bloomberg gevra het om nie geïdentifiseer te word nie.

China het reeds Rusland gesteun in vyf besluite oor Sirië sedert 2011.

Die VN-resolusie van die Veiligheidsraad in Desember, wat krities was teenoor Israel se nedersettingsbeleid, gaan waarskynlik nog vir meer ontsteltenis sorg.

Die Trump-administrasie het intussen ‘n diep wantroue teenoor onverkose multilaterale instellings soos die VN getoon.

Obama het vyf van die sewe nou verbode Moslemlande gebom

Dit is blykbaar heeltemal in orde vir ‘n Nobelvredespryswenner om Moslemlande te bom, maar vir President Trump om tydelik sommige Moslems se reise na die VSA op te skort, is “on-Amerikaans” en “ongrondwetlik”.

Toe die Obama-administrasie laat verlede jaar 22 Somaliese burgers in ‘n lugaanval gedood het, het die hoofstroommedia snaaks genoeg nie kennis geneem nie. Die globaliste het geen traan gestort vir die 62 Siriese troepe wat gedood is of die 100 gewondes toe die Obama-administrasie in 2016 hulle “per ongeluk gebombardeer” het nie.

Vreemd genoeg is niemand in die Demokratiese Party bekommerd oor hul “menseregte” nie.

President Trump se reisverbod op sewe Midde-Oosterse lande wat as ‘n sekuriteitrisiko geag word, het nou gelei tot buitelandse leiers wat inmeng met Amerikaanse binnelandse politiek – ‘n eerste – maar Francois Hollande, Angela Merkel en Justin Trudeau het nooit gekla oor bombardemente teen Moslems nie. Hulle trouens het deelgeneem daaraan.

Trump se uitvoerende bevel wat sowat 300 mense by lughawens opgehou het, het vir histerie gesorg terwyl Obama se bomaanvalle – dikwels beskryf as “terug na die Steentydperk gebom” – het honderde duisende Moslems vermoor, lande verwoes en miljoene haweloses geskep. Die slagoffers van die lugveldtogte onder Obama is nie net gestraf in hul eie soewereine lande nie, maar ook omdat hulle regeer word deur “diktators”. Indien mense onderwerp word aan “wrede diktators” moet hulle blykbaar ook die verskroeide aarde behandeling ontvang, volgens die globaliste. Die definisie van ‘n diktatorskap is juis dat volke wat daaronder ly, dit nie gekies het nie. Maar hulle moet ook platgevee word?

Uit die sewe lande wat verbied is deur President Trump verlede Vrydag, is vyf op só ‘n manier gebombardeer deur die Obama-administrasie: Sirië, Irak, Jemen, Libië en Somalië. Trump word nou uitgebeeld as totaal onredelik terwyl Obama beskou word as ‘n swart heilige, die voorvegter vir menseregte.

Waar is George Soros se organisasies oor die “byna 100 aanvalle” wat sedert 2009 plaasgevind het in Jemen “wat gelei tot die dood van honderde militante, maar ook baie burgers?”

Beide die Obama en Bush administrasies het meer as 94 000 lugaanvalle uitgevoer, meestal op Irak, maar ook op Libië, Pakistan, Jemen en Somalië, miljoene mense wat nie dood is nie vermink en aan lewens van gestremdheid, ellende, ontwrigting, hartseer en armoede uitgelewer.

Obama het toesig gehou oor die grootste militêre begroting sedert die Tweede Wêreldoorlog; ‘n agtvoudige toename in aanvalle deur onbemande tuie; spesiale magte se bedrywighede in ten minste 134 lande, twee keer soveel as onder Bush.

‘n Massiewe toename in nagstrooptogte wat oorspronklik deur Rumsfeld van stapel gestuur is in Irak in 2003 is ook opgemerk, vanaf 20 in Afghanistan in Mei 2009 tot 1 000 per maand teen April 2011, waar die verkeerde mense die meeste van die tyd volgens senior offisiere doodgemaak is.

In Libië, het Obama 7 700 lug aanvalle laat uitvoer in ‘n oorlog wat ten minste 25 000 mense vermoor het en die land in eindelose chaos gedompel het. Dié aanvalle en wapens aan “rebelle” het uiteindelik gelei tot die oorlog in Sirië. Maar vir Demokrate en die idiote wat die hoofstroommedia glo, is dit heeltemal piekfyn, so lank as wat sowat 300 Moslems nie verontrief word by ‘n lughawe nie.

Trump maak huis skoon na Obama-agente immigrasie-verbod probeer ontspoor

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het nóg ‘n senior amptenaar in die pad gesteek wat sy uitstekende immigrasiebeleid probeer kelder het.

Trump het die waarnemende hoof van Immigrasie en Doeane in Amerika vervang. Geen rede is verskaf oor waarom Daniel Ragsdale vervang moet word nie, maar dit volg slegs enkele ure nadat Trump ‘n ander werknemer uit die Barack Obama administrasie afgedank het.

Die waarnemende prokureur-generaal, Sally Yates, is ook afgedank omdat sy gekant is teen die reisverbod wat op reisigers van sewe Moslemlande ingestel is.

Yates het die uitvoerende bevel van die nuwe president geïgnoreer, ‘n ongelooflike besluit vir iemand in haar posisie aangesien sy geen juridiese gronde vir haar besluit kon verskaf nie.

Volgens ‘n verklaring sal Ragsdale se plaasvervanger, Thomas Homan help om te verseker dat immigrasiewetgewing afgedwing word.

Intussen het die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama ‘n verklaring uitgereik waarin hy die Soros-befondsde protesoptrede teen Trump se immigrasiebeleid steun.

Obama sê dit is vir hom verblydend om te sien hoe betogers hulle “grondwetlike regte uitoefen”, maar vergeet om te noem dat die betogers betaal word om op te daag wat ‘n grap van sy verklaring maak.

Hy het ook sy teenkanting uitgespreek met enige diskriminasie gegrond op mense se geloofsoortuigings, ‘n leë opmerking, want Christene word geteiken.

Obama verbeel homself dat hy nog steeds in beheer is. Toe hy ingesweer is in 2009, het meer as 14 000 invloedsmouse geregistreer. Teen die einde van die jaar, het algehele lobby-besteding historiese vlakke bereik.

Die wetgewing wat hierdie invloedsmouse beheer is soos ‘n sif. As Trump onder hulle inklim, sal Obama se poging om ‘n afstandbeheer-presidentskap te lei, tot ‘n einde kom.

Hofoorwinnings oor Trump se immigrasie-bevel betekenisloos

Pro-immigrasiegroepe se reeks vroeë hofoorwinnings gefokus teen die uitvoerende bevel van President Donald Trump om toelatings vir reisigers van sewe Moslem-lande op te skort, is deur regskenners en administrasieamptenare as betekenisloos beskryf.

Maar die lae-IK massas wat deur globaliste opgesweep word, is in rep en roer.

Regters in drie Amerikaanse state het New York se voorbeeld gevolg en die owerhede verbied om reisigers wat deur president Donald Trump se uitvoerende bevel geraak word te deporteer.

Die howe in Massachusetts, Virginia en Washington het beslis dat die deportasies onwettig is. Regter Ann Donnelly het die owerhede in New York se Brooklyn-distrikshof beveel om hulle daarvan te weerhou om vlugtelinge te deporteer wie se toelating voorheen goedgekeur is.

Regsverteenwoordigers wat deur George Soros betaal word in die VSA werk onverpoosd om Moslemreisigers by te staan wat weens Trump se bevel op lughawens gestrand is.

Regspanne wat ontplooi is by lughawens regoor die land, het gekla die naweek wat grensagente nie die hofbevele uitvoer nie.

Die bevel Vrydagmiddag op die beperking van reisigers uit Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen raak net ‘n paar honderd reisigers in transito.

Die histerie teen Trump is deel van ‘n gekoördineerde openbare-betrekkkinge poging wat deur die linkse miljardêr George Soros gefinansier word. Trump se uitvoerende bevel bevat matige vlugtelingbeperkings daarop gemik is om terroriste uit te hou, soortgelyk aan dié wat deur President Obama geïmplementeer is, maar wat meer magte aan grenspersoneel gee om op te tree.

President Trump het in ‘n nuwe verklaring gister gesê hy is nie teen alle Moslems nie.

“Om duidelik te wees, dit is nie ‘n Moslemverbod nie, in die media só vals gerapporteer,” het Trump. “Dit gaan nie oor godsdiens nie – dit is oor terreur en die behoud van ons landsveiligheid. Daar is meer as 40 verskillende lande wêreldwyd waar ‘n meerderheid Moslem is wat nie geraak word deur hierdie bevel nie.”

Maar Moslems in Dallas se Fort Worth-lughawe het tot gebed oorgegaan uit protes teen hierdie verbod.

Google het buitelandse personeellede wat dalk geraak is deur die nuwe uitvoerende bevel gevra om vinnig terug te keer na die VSA. Google se Hoof Uitvoerende Beampte Sundar Pichai het Trump in ‘n nota aan werknemers Vrydag sleggesê omdat sowat 100 maatskappypersoneellede geraak is deur die bevel.

Microsoft het gesê hulle skakel met 76 personeellede van die sewe lande in die uitvoerende bevel, het Bloomberg berig.

Airbnb sal gratis behuising voorsien aan “vlugtelinge” in die VSA, het Airbnb uitvoerende hoof, Brian Chesky, getwiet.

Facebook se Zuckerberg het aan Bloomberg Vrydag gesê hy is “bekommerd” oor Trump se onlangse stap om immigrasie te beperk.

Tesla se uitvoerende hoof, Elon Musk het Saterdag op Twitter ook uitgevaar teen Trump. Tesla bestaan danksy belastinggeld wat Musk gebruik om “groen” projekte te finansier. Daarsonder sal sy maatskappy ondergaan.

Merkel, Trudeau meng in met Amerikaanse immigrasiebeleid

Duitse kanselier Angela Merkel het uitgevaar teen President Donald Trump oor sy reisverbod op Moslems uit terrorisme brandpunte.

Merkel se woordvoerder Steffen Seibert het gister gesê Merkel het Trump tydens ‘n telefoniese gesprek vertel dat die Geneefse konvensie vereis dat die internasionale gemeenskap vlugtelinge inneem, terwyl die Kanadese premier Justin Trudeau aangebied het om immigrante verwerp deur die VSA in te neem.

“Terrorisme is nie ‘n regverdiging om mense van ‘n bepaalde agtergrond of geloof onder algemene vermoedens uit te hou nie,” het Seibert Merkel aangehaal. Seibert het egter nie uitgebrei oor die Berlyn- en ander terreuraanvalle uitgevoer deur immigrante nie.

Seibert het gesê die Duitse regering sal die reisverbod in die VSA beveg deur “regsverteenwoordiging [vir die belange van immigrante] as dit nodig is” in ‘n openlike uitdaging aan die Trump-administrasie.

Die Duitse en Nederlandse ministers van buitelandse sake het intussen ‘n woedende gesamentlike verklaring Sondag uitgereik waarin hulle “druk sal toepas op Amerikaanse owerhede” om te bepaal wat bedoel word vir dubbele nasionaliteit.

Maar beelde van die Nederlandse nuusagentskap ANP het getoon dat slegs ‘n paar betogers bekommerd is oor Trump by Schiphol, die lughawe naby Amsterdam. Die paar nuttige idiote wat vir die biljoenêr-oligargie se globalistiese agenda opgedaag het by Schiphol het gedreunsing: “Geen grense, geen volke, geen deportasie!”

“Ons is vasbeslote om die regte van ons burgers te beskerm en sal spoedige optrede binne die Europese Unie oor die stappe wat nou nodig is, verseker,” het Duitsland se verlinkse Sigmar Gabriel en sy Nederlandse eweknie Bert Koenders verklaar.

Merkel se direkte inmenging in Amerikaanse binnelandse politiek was die eerste teken van onmin tussen haar en Trump. Merkel het net enkele dae gelede hul “gemeenskaplike belange” in die bevordering van die NAVO en die bekamping van Islamitiese militante in ‘n gesamentlike verklaring ná ‘n telefoonoproep na Trump uitgelig, maar intussen weer van koers verander.

Dit lyk nie asof die kanselier baie betroubaar is nie.

Thomas Oppermann, ‘n koalisievennoot in die regering sê Trump is “onmenslik en aspris” en het gesê dit sal lei tot ‘n beduidende skade aan die Amerikaanse ekonomie. Oppermann is nie ‘n Amerikaanse burger nie; wat die VSA se ekonomie met hom hom uit te waai het, weet nugter.

Omid Nouripour, ‘n Groen Party wetgewer en vise-voorsitter van die Duits-Amerikaanse parlementêre groep en ‘n Duitse-Iraanse dubbele paspoorthouer, het gesê die nuwe Amerikaanse regering toon ‘n “vuil simboliese gebaar wat honderde duisende mense sal seermaak”.

“Die Duitse regering moet opstaan ​​vir die meer as 100 000 Duitse burgers wat geraak word deur die bevel,” het Nouripour aan Reuters gesê. Hy het gesê Trump het nie Saoedi-Arabië uitgesluit nie.

Dieter Janecek, ekonomiese woordvoerder vir die Groenes in die parlement, het gesê dat Duitsland ‘n reisverbod op Trump en sy senior adviseur Stephen Bannon moet oorweeg tensy die bevel herroep word. Trump sal die Groep van 20 nywerheidslande se byeenkoms in Hamburg in Julie bywoon.

‘n Duitse “regskenner” Jonathan Hafetz het Deutsche Welle vertel, “die resultate op die grond maak van die Verenigde State van Amerika ‘n piesangrepubliek”. Hafetz het egter nie kommentaar gelewer oor die stand van die lande waaruit baie van hierdie immigrante kom nie.

Londen se burgemeester Sadiq Khan – die eerste Moslem burgemeester van ‘n groot Westerse stad – het intussen gevra dat Trump se staatsbesoek na die Verenigde Koninkryk gekanselleer word.

Hy het gesê die verbod “is ‘n klap in die gesig van die waardes” waarop die VSA gebou is. Hy het blykbaar vergeet dat die VSA ‘n Christenland is en dat sy soort nie dieselfde waardes deel nie.

Justin Trudeau het Saterdag getwiet: “Diegene wat vlug van vervolging, terreur en oorlog, sal Kanada welkom, ongeag jou geloof. Diversiteit is ons krag #WelcomeToCanada “. Hy het bygevoeg dat hy met Trump sal praat oor die “sukses” van die vlugtelingbeleid van Kanada.

Trudeau het meer as 39 000 Siriese vlugtelinge binnegelaat kort nadat hy verkies is. Sondagaand is daar 5 mense dood in Quebec City by ‘n moskee.

Verskeie mense is ook gewond in die terroriste-aanval, volgens CBC se Franse diens, Radio-Kanada.

Toe Obama ‘n soortgelyke reisverbod in 2011 teen onwettige immigrante uit Moslemlande uitgereik het, was daar geen protes, inmenging of veroordelings nie.

Franse kandidaat Valls voer glo sy veldtog met geld uit Togo

Kan die “manna” daartoe lei dat die voormalige Franse premier sy onttrekking uit die huidige wedloop vir die sleutels van die Élysée-paleis aankondig?

In ‘n verklaring tydens die drie-dag-staking deur onderwysers het die Werkersparty in Togo, Wes-Afrika, die president Faure Gnassingbé beskuldig dat hy ‘n tas volgestop met geld aan die voormalige Franse Eerste Minister Manuel Valls gegee het.

Die som van 5 miljard CFA is glo bedoel as ondersteuning vir Valls se kandidatuur in die sosialistiese primêre ronde en presidensiële bod vir 2017.

“Bronne naby aan die regime het inligting onthul – omdat hulle dermate gewalg is deur die ongelooflike sinisme van Faure Gnassingbe teenoor sy eie mense – wat daarop dui dat tydens sy amptelike besoek aan die einde van 2016 aan Togo, het Manuel Valls, terwyl hy nog aan die hoof van die Franse regering was, na bewering ‘n “geskenk” van 5 miljard CFA ontvang vir sy veldtog in Frankryk vir die 2017 presidensiële verkiesing,” volgens ‘n communique deur party.

Volgens Claude Ameganvi, dit is ongetwyfeld ‘n wanbesteding van fondse, want dit was in afwagting van hierdie ondersteuning aan Manuel Valls dat Faure Gnassingbé ‘n stemmery deurgedruk het in die Nasionale Vergadering vir ‘n gesamentlike begroting van 10 miljard CFA, vir die betaling van vyf helikopters as deel van die “Maritieme Veiligheidskonferensie”.

Maar volgens die party is dit onsigbare helikopters omdat hulle “nooit gekoop” is nie.

Verteenwoordigers het tydens ‘n bespreking oor die begroting uitgelap dat lenings bekend as Sukuk vir ‘n totale bedrag van CFA 156 miljard verkry is van sekere Islamitiese banke oor die tydperk 2016-2026 deur openbare bates te verpand.

Volgens die party, is daar geen twyfel dat hierdie lenings, “uitgekontrakteer en buite beheer van die nasionale instellings se regulering van die funksionering van die staat, nie deel is van enige rasionele logika van ontwikkeling soos dié van infrastruktuur en opvoedkundige behoeftes nie”.

Vir Suid-Afrikaners klink dit ook bekend.