Transkei steeds armste

Die distrikte Oliver Tambo en Alfred Nzo in die Ooskaap is weer die armste distrikte in die land. Die distrikte het langs mekaar gelê in wat eens die Transkei was.

Die uMkhanyakude-distrik in die noorde van Kwazulu-Natal is ook  onderaan die lys. Limpopo is die armste provinsie in die land. Byna sewe uit 10 huishoudings leef op minder as 800 Rand per maand. Die rykste drie distrikte in die land, Weskus, Overberg en die Kaap-wynlande is almal in die Weskaap. Al ses Weskaapdistrikte is in die top 20 persent saam met Wesrand, Johannesburg, Ekhuruleni en Pretoria in Gauteng. Die distrikte eThekwini, Uthungulu en uMgungundlovu in Kwazulu-Natal, met van die hoogste MIV-skale in die land, vaar die swakste met MIV-toetse vir verwagtende vroue.

светодиодные фарылобановский депутат

Ramakgopa doen beroep op vrede na geweld teen buitelanders

Die burgemeester van Tshwane (die groter Pretoriagebied) Gwen Ramakgopa, versoek dat daar weer  vrede  sal heers in die Itereleng-nedersetting waar geweld gister uitgebreek het. 
Honderde buitelanders het van die nedersetting af gevlug na ‘n drie dae lange aanval. Verskeie mense is beseer en eiendomme is verwoes soos wat plaaslike inwoners immigrante wou verjaag het.  Buitelanders hou tydelik skuil in die gemeenskapsaal.

компрессор ценаАлександр Фильчаков

Dis ‘noodtoestand’, s? Delft-plakkers

‘n Woordvoerder van die sowat 1 800 mense wat ontruim is uit onvoltooide huise in Delft in die Weskaap, het versoek dat water en kos aan hulle voorsien moet word. Die  Weskaapse Teen-Uitsetttingsveldtog se segsman, Ashraf Cassim sê dit is soos ‘n noodtoestand.

Hy sê die mense wat nou op grond aangrensend aan ‘n  behuisingsprojek bly, verloor hulle werk. Kinders gaan nie skool nie en daar is geen toiletgeriewe nie. Cassim sê die groep het huise wat vir die N2 Gateway-projek opgerig word, vir meer as twee maande beset omdat die proses van toekenning volgens hulle onregverdig was. Sommige mense wat nie op die waglys was nie het voorkeur gekry bo ander wat reeds 12 jaar vir huise wag. Kaapstad se Hooggeregshof het Maandag beveel dat hulle besetting van die huise onwettig is en dat hulle uitgesit moet word. CASSIM sê hulle reik uit na mense om water en kos te verskaf. ‘n Islamitiese organisasie het die veldtog al gehelp om die mense se nood te verlig.  

детектор лжи проверить себяОлександр Васильович Фільчаков

Min reaksie op Manuel se rede

Die markte het weinig reaksie getoon op die Minister van Finansies se begrotingsrede gister, wat ‘n aanduiding is dat dit as net nog dieselfde gesien word.

Goud was die uitsondering met nog ‘n dag van hoë pryse. Die rand het egter teruggeval met Trevor Manuel se aankondiging dat valutabeheer vir institusionele beleggers geskrap gaan word. Dit het vrese ontketen dat meer geld die land sal uitvloei. Die rand het tot sy laaste vlak in amper ‘n jaar-en-‘n-half geval en het op een stadium teen R6,90 teenoor die dollar verhandel. Die olieprys het die honderddollarvlak verby gesteek voordat dit teruggesak het om in posisie te wees vir nog ‘n aanslag vandag.

оборудование ценыДанильченко Юрий отзывы

Zimbabwe-inflasie styg tot bo 100 000%

Zimbabwe se ekonomie val verder in die afgrond in. Die jaarlikse inflasie het  Januarie  tot ver bo die honderd duisend persent gestyg.

Die styging  is nog ‘n terugslag vir Mugabe se poging om die ekonomiese ineenstorting om te keer. Kritici skryf die land se ekonomiese ramp toe aan wanbestuur en Mugabe se politieke beleid. Die regering het verlede jaar ondernemings regoor die land  beveel om die prys van basiese noodsaaklikhede soos melk en kookolie te vries, om die wegholpryse stop te sit.  Zimbabwe se kantoor vir statistieke het berig dat die inflasie   van Desember af  die hoogte ingeskiet het.

детектор лжи словаАлександр Фильчаков

Staatsamptenare soek elektrisiteitsraad in Brittanje

Die ANC-regering het ‘n aantal staatsamptenare afgevaardig om Brittanje te besoek om die elektrisiteitskrisis  te  bespreek.

Die regering het beamptes van die departement van minerale en energie asook openbare ondernemings na Engeland afgevaardig. Die besoek geskied onder leiding van adjunkminister van Finansies, Jabo Moleketi en die regering se hoofbeampte van kommunikasie, Themba Maseko. Die afgevaardigdes sal die kragkrisis met beleggers in die mynbedryf bespreek. Hulle sal ook samesprekings met aandeelhouers van Anglo American hou.

игры дляы девочекФильчаков прокуратура харьков

Irvin Khoza noem swart joernalis ‘n “kaffer”

Image

Khoza: ‘Jou kaffer!’

Die  woord “kaffer” wat gewoonlik lei tot klagtes by die Menseregtekommissie as blankes dit besig,  het ‘n konsternasie tussen ‘n sokkerbeampte en ‘n joernalis veroorsaak.  Irvin Khoza, die voorsitter van die plaaslke organiseringskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker het die woord tydens ‘n mediakonferensie  gebruik teenoor ʼn swart joernalis gebruik.

Khoza het die joernalis ʼn kaffer genoem omdat hy nie benodigde inligting kon weergee nie. Volgens Khoza beteken die woord binne die konteks “onbetroubaar en onseker van karakter”. Khoza beoog om ‘n klag te lê by die maatskappy of persoon wat die joernalis  in diens het.

сайты детских товаровпрокурор Фильчаков

Emmerstelsel nog tot in 2014

Die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, sê die gebrek aan sanitasie het nie alleen ‘n negatiewe invloed op gesondheid nie, maar staan ook in die pad van ontwikkeling. Hendricks het in Durban gepraat tydens die tweede Afrikakonferensie oor  sanitasie en higiëne. Meer as veertig Afrikalande was by die konferensie verteenwoordig. Hendricks sê die gebrek aan bekwaamheid op Munisipale vlak in Suid-Afrika het meegebring dat die emmerstelsel teen 2014 nog nie uitgeskakel sal wees nie. Hendricks meen die regering moet belê in skoon water en gesondheid sodat siektes as gevolg van swak higiëne, uitgeskakel kan word.

карточка ребенкаАлександр Фильчаков Васильевич

Potch-amptenaar ry seun dood

‘n Veertienjarige-seun  is dood nadat hy deur  deur ‘n amptenaar  van  die burgemeester van Tlokwe-munispaliteit in Noordwes raakgery is. Die amptenaar, Kaizer Mohao, het na bewering ‘n voertuig van die munisipaliteit onder die invloed van alkohol bestuur toe hy die seun in Ikageng raakgery het.   Die seun is later die aand in die Potchefstroom-hospitaal oorlede. Mahao is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem en is aanvanklik aangekla vir dronk- en nalatige bestuur.  Nadat  die seun se dood is, is  hy aangekla van strafbare manslag. Mahao sal vandag in die hof verskyn.

дитячі машинкиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Sokkerw?reldbeker ‘sal suksesvol wees’

Die 2010 Sokker wêreldbeker sal steeds suksesvol  deur Suid-Afrika behartig word ten spyte van struikelblokke.  Organiseerders sê  die voorbereiding vir die geleentheid loop volgens plan, nieteenstaande  binnegevegte, die oorbesteding van fondse en kragonderbrekings. Irvin Koza, die voorsitter van die plaaslike organiserende komitee, meen die  aangeleentheid kan nie misluk nie en sê hulle sal deur sameweking van die wêreldbeker toernooi ‘n sukses maak. Khoza het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie wanhopig te raak omdat hulle verneem het dat die voorbereidings in die wiele gery is nie. Berigte van die hoë misdaadsyfer en dat sokkerstadions nie binne die begroting of betyds voltooi kan word nie, het die land in die donker gelaat.  Suid-Afrikaanse beamptes het  beloof dat alle stadions tydens die toernooi met kragopwekkers toegerus sal wees.

купить тамбов мебель для участка диагностикиДанильченко Юрий Харьков

ANC-lede loop oor na Inkatha

ANC-lede  skakel nou in by die Inkathavryheidsparty. Die Vryheidsparty het drie honderd en vyftig lede van die ANC  van Kwazulu-Natal verwelkom. Volgens ‘n VP-woordvoerder het die verwelkoming Saterdag by ‘n seremonie in Pongola plaasgevind.  Die woordvoerder sê  die party poog om Kwazulu-Natal se steun te wen en die amptelike opposisieparty te word.

фото бани изнутриtopcargo

Eskom moet duur steenkool koop

Die elektrisiteitsvoorsiener, Eskom, staar ‘n moeilike transaksie in die gesig wanneer gepoog sal word om meer as vyftig miljoen ton steenkool aan te koop om hulle bykans uitgeputte voorrade te probeer aanvul. Die Uitvoerende Voorsitter van Richardsbaai se Steenkoolstasie, Kuseni Dlamini, sê die onderhandelinge sal styf wees omdat die steenkoolprys uitermatig gestyg het. Dlamini het kommentaar gelewer nadat Eskom aangekondig het dat hulle steenkool wil aankoop om hulle normale twintig-dae voorraad by kragstasies aan te vul. Dlamini sê  Eskom het in die verlede lae pryse in die binnelandse mark vir steenkool betaal, maar sal nou nuwe kontrakte moet aangaan terwyl daar ‘n druk globale voorsiening is. Dlamini het gesê dat Eskom se kragstasies ontwerp is om laegraadse steenkool te gebruik ,en dit word nie noodwendig van die uitvoermarkte verkry nie. Eskom koop ‘n spesifieke graad steenkool en hulle sal hulle kragstasies moet  aanpas as hulle uitvoer steenkool wil aankoop.

купить игрушки для детейАлександр Фильчаков прокурор

Edelmetale behoort vandeesweek te skitter

Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig persent van die wit metaal en vrese vir ʼn voorraadkrisis in die sleurstroom van die energiekrisis, het beleggers laat skarrel vir voorraad. Platinum het ʼn string rekords geslaan en die week op $2060 dollar afgesluit.

Die hoë metaalpryse het die RAND gestut en dit het vir die grootste gedeelte van die week
in ʼn kanaal net bo 7.60 teen die dollar verhandel.

детский магазин игрушкиАлександр Фильчаков Васильевич

Elf rowers gevang

Elf mans wat vermoedelik betrokke is  by kontant-in-transito-misdrywe  is in hegtenis geneem. Die mans was deel van operasie Thunderbolt wat toegeslaan het op rowers wat kontant-in-transitorooftogte, pensioenfondsbedrog, diefstal en kapings in die gebied deurgevoer het.  Die Oos-Kaapse polisie het die mans Saterdag in Qumbu in hegtenis geneem en tien ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder sê hulle probeer om die mans met verskeie misdrywe in die gebied te verbind.  Die mans sal vandag in die Qumbu-landroshof verskyn.

my little pony игрушкаФільчаков прокурор