‘n Veertienjarige-seun is dood nadat hy deur deur ‘n amptenaar van die burgemeester van Tlokwe-munispaliteit in Noordwes raakgery is. Die amptenaar, Kaizer Mohao, het na bewering ‘n voertuig van die munisipaliteit onder die invloed van alkohol bestuur toe hy die seun in Ikageng raakgery het. Die seun is later die aand in die Potchefstroom-hospitaal oorlede. Mahao is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem en is aanvanklik aangekla vir dronk- en nalatige bestuur. Nadat die seun se dood is, is hy aangekla van strafbare manslag. Mahao sal vandag in die hof verskyn.
