Die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, sê die gebrek aan sanitasie het nie alleen ‘n negatiewe invloed op gesondheid nie, maar staan ook in die pad van ontwikkeling. Hendricks het in Durban gepraat tydens die tweede Afrikakonferensie oor sanitasie en higiëne. Meer as veertig Afrikalande was by die konferensie verteenwoordig. Hendricks sê die gebrek aan bekwaamheid op Munisipale vlak in Suid-Afrika het meegebring dat die emmerstelsel teen 2014 nog nie uitgeskakel sal wees nie. Hendricks meen die regering moet belê in skoon water en gesondheid sodat siektes as gevolg van swak higiëne, uitgeskakel kan word.
