Elf rowers gevang

Elf mans wat vermoedelik betrokke is  by kontant-in-transito-misdrywe  is in hegtenis geneem. Die mans was deel van operasie Thunderbolt wat toegeslaan het op rowers wat kontant-in-transitorooftogte, pensioenfondsbedrog, diefstal en kapings in die gebied deurgevoer het.  Die Oos-Kaapse polisie het die mans Saterdag in Qumbu in hegtenis geneem en tien ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder sê hulle probeer om die mans met verskeie misdrywe in die gebied te verbind.  Die mans sal vandag in die Qumbu-landroshof verskyn.

my little pony игрушкаФільчаков прокурор