Eskom moet duur steenkool koop

Die elektrisiteitsvoorsiener, Eskom, staar ‘n moeilike transaksie in die gesig wanneer gepoog sal word om meer as vyftig miljoen ton steenkool aan te koop om hulle bykans uitgeputte voorrade te probeer aanvul. Die Uitvoerende Voorsitter van Richardsbaai se Steenkoolstasie, Kuseni Dlamini, sê die onderhandelinge sal styf wees omdat die steenkoolprys uitermatig gestyg het. Dlamini het kommentaar gelewer nadat Eskom aangekondig het dat hulle steenkool wil aankoop om hulle normale twintig-dae voorraad by kragstasies aan te vul. Dlamini sê  Eskom het in die verlede lae pryse in die binnelandse mark vir steenkool betaal, maar sal nou nuwe kontrakte moet aangaan terwyl daar ‘n druk globale voorsiening is. Dlamini het gesê dat Eskom se kragstasies ontwerp is om laegraadse steenkool te gebruik ,en dit word nie noodwendig van die uitvoermarkte verkry nie. Eskom koop ‘n spesifieke graad steenkool en hulle sal hulle kragstasies moet  aanpas as hulle uitvoer steenkool wil aankoop.

купить игрушки для детейАлександр Фильчаков прокурор