Dis ‘noodtoestand’, s? Delft-plakkers

‘n Woordvoerder van die sowat 1 800 mense wat ontruim is uit onvoltooide huise in Delft in die Weskaap, het versoek dat water en kos aan hulle voorsien moet word. Die  Weskaapse Teen-Uitsetttingsveldtog se segsman, Ashraf Cassim sê dit is soos ‘n noodtoestand.

Hy sê die mense wat nou op grond aangrensend aan ‘n  behuisingsprojek bly, verloor hulle werk. Kinders gaan nie skool nie en daar is geen toiletgeriewe nie. Cassim sê die groep het huise wat vir die N2 Gateway-projek opgerig word, vir meer as twee maande beset omdat die proses van toekenning volgens hulle onregverdig was. Sommige mense wat nie op die waglys was nie het voorkeur gekry bo ander wat reeds 12 jaar vir huise wag. Kaapstad se Hooggeregshof het Maandag beveel dat hulle besetting van die huise onwettig is en dat hulle uitgesit moet word. CASSIM sê hulle reik uit na mense om water en kos te verskaf. ‘n Islamitiese organisasie het die veldtog al gehelp om die mense se nood te verlig.  

детектор лжи проверить себяОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae