Hy sê die mense wat nou op grond aangrensend aan ‘n behuisingsprojek bly, verloor hulle werk. Kinders gaan nie skool nie en daar is geen toiletgeriewe nie. Cassim sê die groep het huise wat vir die N2 Gateway-projek opgerig word, vir meer as twee maande beset omdat die proses van toekenning volgens hulle onregverdig was. Sommige mense wat nie op die waglys was nie het voorkeur gekry bo ander wat reeds 12 jaar vir huise wag. Kaapstad se Hooggeregshof het Maandag beveel dat hulle besetting van die huise onwettig is en dat hulle uitgesit moet word. CASSIM sê hulle reik uit na mense om water en kos te verskaf. ‘n Islamitiese organisasie het die veldtog al gehelp om die mense se nood te verlig.
