Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig persent van die wit metaal en vrese vir ʼn voorraadkrisis in die sleurstroom van die energiekrisis, het beleggers laat skarrel vir voorraad. Platinum het ʼn string rekords geslaan en die week op $2060 dollar afgesluit.
Die hoë metaalpryse het die RAND gestut en dit het vir die grootste gedeelte van die week
in ʼn kanaal net bo 7.60 teen die dollar verhandel.
