ANC-lede skakel nou in by die Inkathavryheidsparty. Die Vryheidsparty het drie honderd en vyftig lede van die ANC van Kwazulu-Natal verwelkom. Volgens ‘n VP-woordvoerder het die verwelkoming Saterdag by ‘n seremonie in Pongola plaasgevind. Die woordvoerder sê die party poog om Kwazulu-Natal se steun te wen en die amptelike opposisieparty te word.
