Transkei steeds armste

Die distrikte Oliver Tambo en Alfred Nzo in die Ooskaap is weer die armste distrikte in die land. Die distrikte het langs mekaar gelê in wat eens die Transkei was.

Die uMkhanyakude-distrik in die noorde van Kwazulu-Natal is ook  onderaan die lys. Limpopo is die armste provinsie in die land. Byna sewe uit 10 huishoudings leef op minder as 800 Rand per maand. Die rykste drie distrikte in die land, Weskus, Overberg en die Kaap-wynlande is almal in die Weskaap. Al ses Weskaapdistrikte is in die top 20 persent saam met Wesrand, Johannesburg, Ekhuruleni en Pretoria in Gauteng. Die distrikte eThekwini, Uthungulu en uMgungundlovu in Kwazulu-Natal, met van die hoogste MIV-skale in die land, vaar die swakste met MIV-toetse vir verwagtende vroue.

светодиодные фарылобановский депутат