Sokkerw?reldbeker ‘sal suksesvol wees’

Die 2010 Sokker wêreldbeker sal steeds suksesvol  deur Suid-Afrika behartig word ten spyte van struikelblokke.  Organiseerders sê  die voorbereiding vir die geleentheid loop volgens plan, nieteenstaande  binnegevegte, die oorbesteding van fondse en kragonderbrekings. Irvin Koza, die voorsitter van die plaaslike organiserende komitee, meen die  aangeleentheid kan nie misluk nie en sê hulle sal deur sameweking van die wêreldbeker toernooi ‘n sukses maak. Khoza het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie wanhopig te raak omdat hulle verneem het dat die voorbereidings in die wiele gery is nie. Berigte van die hoë misdaadsyfer en dat sokkerstadions nie binne die begroting of betyds voltooi kan word nie, het die land in die donker gelaat.  Suid-Afrikaanse beamptes het  beloof dat alle stadions tydens die toernooi met kragopwekkers toegerus sal wees.

купить тамбов мебель для участка диагностикиДанильченко Юрий Харьков