NamPower-verbruikers stem per SMS

NamPower het verbuikers gevra om per SMS aan te dui of hulle meer wil betaal vir elektrisiteit of minder krag wil ontvang.
Die land, wat die meeste van sy elektrisiteit van Suid-Afrika af aankoop, sukkel as gevolg van kragtekorte.

Die Elektrisiteitsraad het ‘n meningspeiling gedoen waarin Namibiërs gevra is om te stem oor die aangeleentheid.

Sowat 6 683 geldige inskrywings is ontvang en 65,3% het vir hoër tariewe gestem terwyl 34,7% vir minder krag gestem het. Pryse sal nou aangepas word met 18,3% gegrond op die SMS-uitslag.

In Namibië het 750 000 mense toegang tot selfone. Die land het 2 miljoen inwoners.

africatopcargo отзывы сотрудников

Menseregtekommissie gaan Bullard ondersoek

In ‘n ommekeer, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie besluit dat hy tog die drie klagtes teen die rubriekskrywer David Bullard gaan ondersoek.

Vroeër het die waghondorganisasie bekendgemaak dat hy tevrede was met ‘n verskoning van die Sunday Times dat dié koerant ‘n rubriek deur Bullard gepubliseer het waarin hy oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sonder die invloed van blankes spekuleer.

Die rubriekskrywer wil nou self ‘n klag by die Menseregtekommissie indien. Volgens hom is sy regte geskend. Nie net is hy as rassis gebrandmerk nie, maar hy het ook sy werk en sy inkomste verloor.

купить зимний комбинезон на мальчика леннеФильчаков прокуратура харьков

McBride-hofsake kos tot dusver R7 miljoen

Image

Robert McBride

Hofsake waarin Robert McBride, die polisiehoof van Ekurhuleni betrokke is, het tot dusver R6,9 miljoen gekos, het die burgemeester van die metroraad gister gesê.

Die motorongeluk waarin McBride betrokke was waartydens hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het, het R578 149,61 gekos aan regsfooie en ander uitgawes.

Die burgemeester, Duma Nkosi, het voorts gesê dat daar moontlik ook bedrog ter sake kan wees en dat ‘n deel van die gelde moontlik verhaal kan word. Volgens Nkosi kan hy nie bevestig of die uitgawes ‘n vermorsing was en of dit nuttig aangewend is nie.

arabian nights gamesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Vliegtuig raak die aanloopbaan byster in die Kongo

‘n Kongolese vliegtuig met 79 passasiers en bemanning aan boord het die aanloopbaan byster geraak en in ‘n woonbuurt in geploeg waar dit in vlamme uitgebars het.

Ten minste 21 mense is dood, maar diegene aan boord het meesal oorleef, volgens ‘n woordvoerder van die lugredery.

Vredesoldate van die VN en lede van die bemanning het gesukkel om die vliegtuig te ontruim alvorens dit aan die brand geslaan geslaan het.

Volgens die Rooikruis is 113 mense beseer en word in plaaslike hospitale en klinieke behandel.

Die Kongo hou die wêreldrekord vir vliegtuigongelukke sedert 1945. Die land herstel tans van ‘n burgeroorlog wat van 1998 tot 2002 geduur het.

бань вданильченко юрий брониславович прокурор

MDC se algemene staking misluk in Zimbabwe

Die algemene staking wat gister deur die Zimbabwiese opposisie uitgeroep is, het grotendeels misluk. Diegene wat nog oor werk in die vuisvoos ekonomie beskik, het maar gaan werk.

Een persoon wat homself net as Mudiwa wou identifiseer, het gesê sy familie kom eerste. Ek moet my familie kos gee. Die opposisie gaan nie brood in my huis in bring nie.

Na raming is vier uit vyf werkers in Zimbabwe werkloos te midde van die ekonomiese ineenstorting wat deur Robert Mugabe se grondhervormingsbeleid veroorsaak is.

Sommige werkers was nie eens bewus van die oproep om ‘n algemene staking nie, aangesien die regeringsbeheerde media soos die televisie nie daaroor berig het nie. Die staking het ook weinig invloed op Harare se nywerheidsgebiede uitgeoefen aangesien die meeste fabrieke reeds gesluit is weens tekorte aan brandstof en voorrade.

невероятный человек паукФильчаков прокуратура харьков

Skoolkinders gestrand

Omtrent 5000 skoolkinders is die week sonder vervoer gelaat toe busbestuurders geweier het om leerders by die skool te besorg totdat hulle ‘n verhoging in tariewe kry.
Leerders in Mpumalanga word daardeur geraak.

Die bestuurders kla dat brandstofpryse te veel gestyg het die afelope paar jaar. Die Departement van Onderwys betaal busbestuurders 20 sent per kilometer vir elke kind.

Die bestuurders het met hulle busse na die Departement se streekskantore in KaNyamazana opgeruk. Hulle vra ‘n verhoging van 15 sent of 35 sent per kilometer per kind.

Dié vervoerstelsel is ‘n regeringsinisiatief waar privaat buseienaars deur die Onderwys Departement gekontrakteer word.

бань вФильчаков прокурор харькова

E-skole vir Afrika

E-skole beoog om die kwaliteit van opvoeding in Afrika se laer- en hoërskole te verbeter om Afrika se kinders in staat te stel om deel te wees van die globale inligtingsgemeenskap.

Dié NEPAD inisiatief sal regdeur Afrika van stapel gestuur word en dit is reeds in 11 Afrikalande geloods.

Die Suid-Afrikaanse been van die e-skoleprojek is verlede jaar in Mpumalanga by die Maripe Secondary School geopen. President Mbeki het by die geleentheid gesê dat e-skole gebruik moet word om die breinkrag wat nodig is om Afrika van armoede te verlos, te kweek.

Elke skool sal toegerus word met ‘n rekenaarlaboratorium wat 20 persoonlike rekenaars sal bevat, ‘n bediener- en diensnetwerk, asook bykomstighede soos skandeerders, witborde en drukkers.

Die doelwit is om uiteindelik 600 000 sulke skole regoor die kontinent op te rig oor ‘n tydperk van 10 tot 20 jaar.

iron man 2Александр Фильчаков Васильевич

Lughawediewe in hegtenis geneem

Polisie in Kaapstad het drie mans en ‘n vrou in hegtenis geneem wat betrokke was by 39 voertuiginbrake by die Kaapse Internasionale Lughawe.

Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Dennis Adriao, is die 22-jarige vrou, haar 23-jarige man, ‘n vriend van 22 en ‘n seun van 16 in die parkeergarage gearresteer terwyl die polisie besig was om te patrolleer.

Toe vingerafdrukke geneem is, is ontdek dat een van die mans gesoek word op elf misdaadklagtes.

Die drie volwassenes word tans by Pollsmoor-gevangenis aangehou terwyl die 16-jarige onder toesig van sy ouers vrygelaat is.

дитяча коляскаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Tekort aan lugvaartpersoneel in Suid-Afrika

Die Federale Lugvaartadministrasie van Amerika sê dat Suid-Afrika ‘n tekort aan tegniese personeel vir vliegtuiginstandhouding ondervind. Die FAA het dié verklaring gemaak nadat SAT, ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat vliegtuiginstandhouding doen, geïnspekteer is. SAT onderhou die SAL se vliegtuie, onder andere.

Volgens die FAA is hy nie oortuig dat SAT oor die vermoë beskik om gehalte-onderhoud te handhaaf indien hy personeel teen die huidige tempo verloor nie.

‘n Vliegtuigonderhoudtegnikus wat anoniem wil bly sê dat daar ‘n enorme tekort aan tegnici bestaan. Hy en ander werk hulleself besimpeld. Hulle is moeg en klaar.

casino noпрокурор харьковской области

Mugabe ontplooi troepe in Zimbabwe

President Robert Mugabe het gister troepe ontplooi in Zimbabwe op die vooraand van ‘n algemene staking wat deur die opposisie uitgeroep is. Die oproep om ‘n algemene staking geskied omdat die Zimbabwiese Hooggeregshof verseg het om ‘n hofbevel toe te staan wat die regering en verkiesingskommissie sou dwing om uitslae van die presidentsverkiesing bekend te maak.

Volgens die Zimbabwiese polisie poog die Beweging vir Demokratiese Verandering om chaos te veroorsaak en sal daar streng en ferm opgetree word teen enigiemand wat die vrede versteur.

‘n Verkiesingsagent van die MDC, Tapiwa Mubwanda, is reeds oor die naweek deur ondersteuners van ZANU PF doodgesteek.

ик сауна отзывыАлександр Фильчаков

Kader Asmal het opvoedingstelsel vernietig

Die president van die ANC, Jacob Zuma, het gesê dat oud-minister Kader Asmal erger skade aan die land se onderwysstelsel aangerig het as die apartheidsbewind.

Zuma blameer veral vir Asmal omdat hy die onderwyskolleges gesluit het. Die oud-minister van onderwys het ook gedink hy weet alles.

Internetlesers van ‘n Johannesburgse koerantgroep is na hul mening gevra oor Zuma se uitlatings aangaande Asmal en 58% stem saam. Sommige meen egter dat die huidige minister Naledi Pandor ewe veel skuld het aan die haglike onderwysstelsel.

play slot onФильчаков прокурор отзывы

Umshini Wami opgevoer by Skielikverhoor

Die liedjie wat Jacob Zuma populêr gemaak het, Umshini Wami of Bring my Masjiengeweer, is Maandagoggend sielvol buite die Swartruggens se Landdroskantoor opgevoer deur Solly Moholo. Moholo is ‘n Gospelsanger.

Hy het die wagtende skare, wat al van vroeg af opgedaag het, vermaak. Die straat was afgebaken omdat honderde betogers buite die hof verwag is vir die verskyning van Johan Nel.

Nel word bekuldig daarvan dat hy vier mense gedood het en ses ander gewond het op 6 Januarie by Skielik in ‘n rasgedrewe koeëlreën.

Swaar gewapende polisiebeamptes met anti-onlustoerusting was teenwoordig by die hof.

free casino games with bonusesДанильченко Харьков

Grootste rooftog se dokumente gesteel

Gewapende rowers het Sondagnag by die Johannesburgse Hooggegeregshof ingebreek om dokumente te steel wat verband hou met die grootste kontantrooftog in die land. Die rowers het op vlug geslaan, ongedeerd, na ‘n skietgeveg met die metropolisie.
‘n Polisiewoordvoerder sê die rowers het ‘n dossier en ander bewysstukke geneem wat verband hou met die Thutse-saak. Eerste Nasionale Bank se kontantsentrum het verlede jaar R46 miljoen verloor in die roof.

Die gewapende rowers het veiligheidspersoneel vasgebind om in twee kantore in te breek. Een was die senior staatsadvokaat se kantoor waar dokumente wat sensitiewe en vertroulike inligting bevat, sowel as ‘n skootrekenaar, gebuit is.

Een van die mans was in volle polisie-uniform geklee, terwyl die ander reflekterende baadjies aangehad het wat slegs deur die polisie uitgereik word.

roulette online casinoЛобановский

Nog geen oplossing in Zimbabwe nie

Twee weke na die verkiesing in Zimbabwe is daar nog geen oplossing in sig nie. Die vergadering van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor die naweek het tot geen besluit gelei nie, behalwe ‘n oproep dat die uitslae van die presidensiële verkiesing in Zimbabwe so gou moontlik vrygestel moet word.

Vandag word ‘n uitspraak van die Zimbabwiese Hooggeregshof in Harare verwag ná ‘n dringende aansoek deur die MDC wat die land se verkiesingskommissie wil dwing om die uitslae bekend te maak.

Die verkiesingskommissie beplan egter om stemme in drie-en-twintig kiesafdelings te laat oortel. Die oortelling kan moontlik tot ‘n ZANU-PF-meerderheid in die parlement lei.

Vrydag het die Hooggeregshof die kommissie verbied om enige stemme oor te tel alvorens die uitslae bekend gemaak is, maar volgens die hoof van die verkiesingskommissie het hy nog geen sodanige hofbeslissing gesien nie.

контроллер освещения лестницыДанильченко Юрий Харьков