Lughawediewe in hegtenis geneem

Polisie in Kaapstad het drie mans en ‘n vrou in hegtenis geneem wat betrokke was by 39 voertuiginbrake by die Kaapse Internasionale Lughawe.

Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Dennis Adriao, is die 22-jarige vrou, haar 23-jarige man, ‘n vriend van 22 en ‘n seun van 16 in die parkeergarage gearresteer terwyl die polisie besig was om te patrolleer.

Toe vingerafdrukke geneem is, is ontdek dat een van die mans gesoek word op elf misdaadklagtes.

Die drie volwassenes word tans by Pollsmoor-gevangenis aangehou terwyl die 16-jarige onder toesig van sy ouers vrygelaat is.

дитяча коляскаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae