Dié NEPAD inisiatief sal regdeur Afrika van stapel gestuur word en dit is reeds in 11 Afrikalande geloods.
Die Suid-Afrikaanse been van die e-skoleprojek is verlede jaar in Mpumalanga by die Maripe Secondary School geopen. President Mbeki het by die geleentheid gesê dat e-skole gebruik moet word om die breinkrag wat nodig is om Afrika van armoede te verlos, te kweek.
Elke skool sal toegerus word met ‘n rekenaarlaboratorium wat 20 persoonlike rekenaars sal bevat, ‘n bediener- en diensnetwerk, asook bykomstighede soos skandeerders, witborde en drukkers.
Die doelwit is om uiteindelik 600 000 sulke skole regoor die kontinent op te rig oor ‘n tydperk van 10 tot 20 jaar.
