‘n Polisiewoordvoerder sê die rowers het ‘n dossier en ander bewysstukke geneem wat verband hou met die Thutse-saak. Eerste Nasionale Bank se kontantsentrum het verlede jaar R46 miljoen verloor in die roof.
Die gewapende rowers het veiligheidspersoneel vasgebind om in twee kantore in te breek. Een was die senior staatsadvokaat se kantoor waar dokumente wat sensitiewe en vertroulike inligting bevat, sowel as ‘n skootrekenaar, gebuit is.
Een van die mans was in volle polisie-uniform geklee, terwyl die ander reflekterende baadjies aangehad het wat slegs deur die polisie uitgereik word.
