Vandag word ‘n uitspraak van die Zimbabwiese Hooggeregshof in Harare verwag ná ‘n dringende aansoek deur die MDC wat die land se verkiesingskommissie wil dwing om die uitslae bekend te maak.
Die verkiesingskommissie beplan egter om stemme in drie-en-twintig kiesafdelings te laat oortel. Die oortelling kan moontlik tot ‘n ZANU-PF-meerderheid in die parlement lei.
Vrydag het die Hooggeregshof die kommissie verbied om enige stemme oor te tel alvorens die uitslae bekend gemaak is, maar volgens die hoof van die verkiesingskommissie het hy nog geen sodanige hofbeslissing gesien nie.
