McBride-hofsake kos tot dusver R7 miljoen

Image

Robert McBride

Hofsake waarin Robert McBride, die polisiehoof van Ekurhuleni betrokke is, het tot dusver R6,9 miljoen gekos, het die burgemeester van die metroraad gister gesê.

Die motorongeluk waarin McBride betrokke was waartydens hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het, het R578 149,61 gekos aan regsfooie en ander uitgawes.

Die burgemeester, Duma Nkosi, het voorts gesê dat daar moontlik ook bedrog ter sake kan wees en dat ‘n deel van die gelde moontlik verhaal kan word. Volgens Nkosi kan hy nie bevestig of die uitgawes ‘n vermorsing was en of dit nuttig aangewend is nie.

arabian nights gamesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae