Vliegtuig raak die aanloopbaan byster in die Kongo

‘n Kongolese vliegtuig met 79 passasiers en bemanning aan boord het die aanloopbaan byster geraak en in ‘n woonbuurt in geploeg waar dit in vlamme uitgebars het.

Ten minste 21 mense is dood, maar diegene aan boord het meesal oorleef, volgens ‘n woordvoerder van die lugredery.

Vredesoldate van die VN en lede van die bemanning het gesukkel om die vliegtuig te ontruim alvorens dit aan die brand geslaan geslaan het.

Volgens die Rooikruis is 113 mense beseer en word in plaaslike hospitale en klinieke behandel.

Die Kongo hou die wêreldrekord vir vliegtuigongelukke sedert 1945. Die land herstel tans van ‘n burgeroorlog wat van 1998 tot 2002 geduur het.

бань вданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae